Miriam Phoebe de Vos (26 November 1912, Zastron - 2005, Stellenbosch) was 'n vooraanstaande Suid-Afrikaanse plantkundige en akademikus. Sy was 'n kenner van bolgewasse, veral Romulea. Sy het ook 'n spesiale belangstelling getoon in Moraea en Clivia. duimnael|Romulea bulbocodium

Loopbaan Sy het aan die Universiteit van Stellenbosch studeer en haar BSc (cum laude) en MSc (cum laude) behaal. Sy het vanaf 1939 'n juniorlektorspos aan die Universiteit van Kaapstad beklee. duimnael|Moraea viscaria

Sy het haar DSc in plantkunde in 1940 aan die Universiteit van Stellenbosch behaal met die proefskrif "A cytological study on South African genera of the Aizoaceae and the Proteacea" (" 'n Sitologiese studie oor die Suid-Afrikaanse genera van die Aizoaceae en Proteacea"). In 1941 het sy by die Departement Plantkunde aan die Universiteit van Stellenbosch aangesluit. Sy het lesings gegee in sitologie, embriologie, anatomie en biosistematiek. Haar belangrikste belangstellings was sitotaksonomie en embriologie, veral van Iridaceae. duimnael|Clivia miniata

Die sitologie van die Proteaceae en die Aizoaceae asook die embriologie van verskeie genera was haar eerste navorsingsbydraes, gevolg deur die taksonomie van Iridaceae. In 1972 het die Joernaal van Suid-Afrikaanse Plantkunde haar morfologie en taksonomie van die genus Romulea gepubliseer. Romulea elliptica M.P. de Vos is in 1972 geïdentifiseer en teen 1980 het dit 'n kwesbare spesie geword. In 2012 was dit 'n bedreigde spesie.

Sy het in 1977 afgetree en daarna nege wetenskaplike referate gepubliseer (uit 'n totaal van 37). Dit sluit in hersienings van Chasmanthe, Crocosmia, Ixia en Tritonia. Sy het ook gehelp met die samestelling van Flora van Namakwaland.

Toekennings Koningin Victoria Stipendium (1935) Carnegie beurs (1959) Havengaprys vir Biologie (1974)

Eponieme Die genus Devia in die Iridaceae is in 1990 deur die Suid-Afrikaanse plantkundiges Peter Goldblatt en John Manning na haar vernoem. In 1975 het de Vos die genus Duthiastrum in die Iridacea ter ere van Augusta Duthie in die Suid-Afrikaanse Biografiese Woordeboek gepubliseer. In 1988 het sy Ixia frederickii in die Suid-Afrikaanse Biografiese Woordeboek ter ere van Frederick W. Duckitt gepubliseer.

Die standaardskrywerafkorting M.P.de Vos word gebruik om haar as die skrywer aan te dui wanneer 'n botaniese naam aangehaal word.

Geselekteerde publikasies

Sien ook Lys van botaniste volgens outeursafkorting

Verwysings

Eksterne skakels Author Details for "Miriam Phoebe de Vos" from IPNI Devia: for Dr. Miriam Phoebe de Vos (1912- ), botany professor at Stellenbosch University from "calflora.net"

Kategorie:Geboortes in 1912 Kategorie:Sterftes in 2005 Kategorie:Suid-Afrikaanse botanici