Arthur Rubinstein, KBE (Pools: Artur Rubinstein; 28 Januarie 1887 – 20 Desember 1982) was van Pools-Amerikaanse afkomshttps://www.britannica.com/biography/Artur-Rubinstein, ”Polish American virtuoso pianist,” en 'n klassieke pianis. Hy het internasionale lof ontvang vir sy uitvoering van 'n verskeidenheid komponiste, en baie het hom beskou as die beste Frédéric Chopin-vertolker van sy tyd."Arthur Rubinstein Dies in Geneva at 95". The New York Times. 21 November 1982. Geargiveer van die oorspronklike op 27 Augustus 2013. Opgespoor op 6 November 2011.Schonberg, Harold C. (1987) The great pianists. Simon & Schuster. Hy is al beskryf as een van die grootste pianiste van die 20ste eeu.https://www.britannica.com/biography/Artur-Rubinstein, “Artur Rubinstein, Artur ook gespel as Arthur, (gebore 28 Januarie 1887, Łódź, Pole, Russiese Ryk—sterf op 20 Desember 1982, Genève, Switserland), Pools-Amerikaanse virtuoos pianis wat beskou word deur baie as die 20ste eeu se voorste interpreteerder van die repertoire".Vertaal na AfrikaansJean-Pierre Thiollet, 88 notes pour piano solo, "Solo nec plus ultra", Neva Editions, 2015, p.50. . Hy het vir agt dekades in die openbaar gespeel.

Vroeë lewe duimnael|Rubinstein het in Piotrkowskastraat, Łódź, Pole grootgeword

Rubinstein is in Łódź, Kongres van Pole, (deel van die Russiese Ryk vir die geheel wat Rubinstein daar woonagtig was) op 28 Januarie 1887 gebore in 'n Joodse gesin. Hy was die jongste van sewe kinders van Felicja Blima Fajga (née Heiman) en Izaak Rubinstein. Sy vader het 'n klein tekstielfabriek besit."Intoxicated with Romance." Time 101, no. 23 (4 Junie 1973): 73.Artur Rubinstein. geni.com

Rubinstein se geboortenaam sou Leo gewees het, maar sy 8-jarige broer het geëis dat; "Sy naam moet Artur wees. Aangesien Artur X ('n buurman se seun) die viool so mooi bespeel, kan die nuwe baba ook dalk 'n groot musikant word!" En so het dit toe gekom dat hy Artur genoem is, alhoewel hy in Engelssprekende lande verkies het om as Arthur Rubinstein bekend te staan. Sy impresario in die Verenigde State (Sol Hurok) het egter daarop aangedring dat hy bekend staan as Artur, en plate in die Weste is onder beide weergawes van sy naam uitgereik.

Rubinstein het op 2-jarige leeftyd perfekte toon gedemonstreer en 'n fassinasie met die klavier getoon, terwyl hy sy suster se klavierspel aanskou het. Teen die ouderdom van vier jaar is hy as wonderkind erken. Sy vader het 'n voorliefde vir die viool gehad en aan Rubinstein een aangebied. Rubinstein het dit egter van die hand gewys omdat hy gemeen het dat sy instink eerder vir harmonie en polifonie bestem was. Die Hongaarse violis Joseph Joachim was, nadat hy die 4-jarige kind hoor speel het, diep beïndruk met sy spel, en het aan Rubinstein se gesin gesê: "Hierdie seuntjie kan dalk 'n groot musikant word—hy beskik sekerlik oor die talent daarvoor...bring hom na my wanneer die tyd vir ernstige studies aanbreek, en ek sal met graagte sy artistieke opvoeding waarneem." Op 14 Desember 1894 het die 7-jarige Arthur Rubinstein sy buiging voor die klavier gemaak met stukke deur Mozart, Schubert en Mendelssohn.

Toe hy tien word, het Rubinstein na Berlyn getrek ten einde sy studies voort te sit, en in 1900 op die leeftyd van dertien sy eerste uitvoering saam met die Berlynse Filharmoniese Orkes gegee. Joseph Joachim het vir Karl Heinrich Barth as Rubinstein se klavieronderwyser aanbeveel. Rubinstein het as leerling van Barth 'n beroemde pedagogiese erfenis geërf: Barth self was 'n leerling van Liszt gewees, wat op sy beurt deur Czerny onderrig is, wat weer op sy beurt 'n leerling van Beethoven was.

Musiek en loopbaan In 1904 het Rubinstein na Parys verhuis ten einde sy loopbaan in alle erns van stapel te stuur. Hier het hy met die komponiste Maurice Ravel en Paul Dukas en die violis Jacques Thibaud kennis gemaak. Hy het ook in die teenwoordigheid van Camille Saint-Saëns die komponis se Klavierconcerto No. 2 gespeel. Hy het deur die familie van Juliusz Wertheim (aan wie se begrip van Chopin se genialiteit, Rubinstein later sy eie inspirasie wat hy uit die werk van Chopin geput het, sou toeskryf) bevriend geraak met die violis Paul Kochanski en komponis Karol Szymanowski.Sachs duimnael|Rubinstein in 1906 Rubinstein het in 1906 sy New Yorkse buiging in die Carnegie Hall gemaak en daarna deur die Verenigde State, Oostenryk, Italië en Rusland getoer. Volgens sy eie weergawe en dié van sy seun in François Reichenbach se rolprent L'Amour de la vie (1969) is hy nie goed ontvang in die VSA nie. Teen 1908 het Rubinstein haweloos, behoeftig, neerslagtig en desperaat, met dreigende krediteure en die vooruitsig van uitsetting uit sy Berlynse hotelkamer; 'n selfmoordpoging aangewend. Hy het hierna gesê dat hy "wedergebore" gevoel het en dat hy toegerus is met die onvoorwaardelike liefde van die lewe. In 1912 het hy sy Londense buiging gemaak en aldaar 'n musikale tuiste gevind in die Edith Grove, Chelsea musieksalon van Paul en Muriel Draper in die geselskap van Kochanski, Igor Strawinski, Jacques Thibaud, Pablo Casals, Pierre Monteux en andere.

Rubinstein het gedurende die Tweede Wêreldoorlog in Londen gewoon, uitvoerings gegee en die violis Eugène Ysaÿe begelei. In 1916 en 1917 het hy sy eerste toere in Spanje en Suid-Amerika meegemaak waar hy wyd lof toegeswaai is. Dit was gedurende hierdie toere dat hy 'n lewenslange entoesiasme ontwikkel het vir die musiek van  Enrique Granados, Isaac Albéniz, Manuel de Falla, en Heitor Villa-Lobos. Manuel de Falla se Fantasía Bética, Villa-Lobos se Rudepoêma en Strawinski se Trois mouvements de Petrouchka is aan hom gewy.

Rubinstein was gewalg deur Duitsland se optrede tydens die oorlog en het nooit weer daar gespeel nie. Sy laaste uitvoering in Duitsland was in 1914.In die herfs van 1919 het Rubinstein deur die Britse eilande getoer saam met die sopraan Emma Calvé en die tenoor Vladimir Rosing.Newton, Ivor (1966). At the Piano – the World of an Accompanist. London: Hamish Hamilton Ltd. p. 44. Rubinstein het op 5 Januarie 1920 via Southampton uit Engeland vertrek na New York op die Red Star Line "Lapland".https://www.ancestry.com/interactive/2997/40610_B000928-00509/38473360?backurl=https%3a%2f%2fsearch.ancestry.com%2fsearch%2fdb.aspx%3fdbid%3d2997%26path%3d&ssrc=&backlabel=ReturnBrowsing In 1921 het Rubinstein twee Amerikaanse toere onderneem en saam met Karol Szymanowski en sy vriend Paul Kochanskina na New York gereis. In 1934 het die pianis gesê het dat hy sy tegniek tydens sy vroeë jare afgeskeep het en slegs op natuurlike talent staatgemaak het. Hy het hierna uit die openbare oog en konsertlewe onttrek vir 'n aantal maande met die doel van intensiewe studie en oefening.

Rubinstein het in 1937 weereens in die Verenigde State getoer; sy loopbaan het gedurende die jare van die Tweede Wêreldoorlog, toe hy in Brentwood, Kalifornië gewoon het, aldaar gevestig geword. Hy het in 1946 'n genaturaliseerde Amerikaanse burger geword. duimnael|'n Gipsafdruk van die pianis se hande by die Łódź museum.

Gedurende sy tyd in Kalifornië het Rubinstein die klavierklankbane vir verskeie films verskaf, waaronder Song of Love met Katharine Hepburn. Hy het ook persoonlik in die films Carnegie Hall en Of Men and Music verskyn.

Alhoewel Rubinstein vernaam bekend was as 'n speler van solostukke, is hy ook beskou as 'n uitstaande kamermusikant. Hy het saam met gerekende musikante soos Henryk Szeryng, Jascha Heifetz, Pablo Casals, Gregor Piatigorski en die Guarneri-kwartet gewerk. Rubinstein het 'n groot deel van die kern-klavierrepertorium opgeneem, veral die musiek van die Romantiese komponiste. Ten tyde van sy dood het The New York Times as volg oor hom geskryf, "Chopin was sy spesialiteit ... dit was [as] 'n Chopin-kenner dat hy deur baie beskou is as ongeëwenaard. " Met die uitsondering van die Études van Chopin, het hy die meeste van die werk van Chopin opgeneem. In 1964, op die hoogtepunt van die Koue Oorlog, het hy 'n legendariese konsert; bestaande alleenlik uit die werke van Chopin; in Moskou gegee.Hierdie geleentheid is uitvoerig gedokumenteer op 'n oudio CD soos geredigeer deur Joachim Kaiser, Klavier Kaiser, Sueddeutsche-Zeitung Co., München 2004. Hy was een van die vroegste voorstanders van Spaanse en Suid-Amerikaanse komponiste, sowel as die Franse komponiste van die vroeë 20ste eeu (soos Debussy en Ravel). Daarbenewens het Rubinstein die musiek van sy landgenoot Karol Szymanowski bevorder. Rubinstein het in gesprek met Aleksander N. Skriabin vir Brahms as sy gunsteling-komponis aangewys, welke Skriabin ontstig het.Rubinstein, Artur My Young Years, quoted in Norman Lebrecht, The Book of Musical Anecdotes

In 1969 was die rolprent Arthur Rubinstein – The Love of Life vrygestel; dit het die Academy Award vir Beste Dokumentêre film ingepalm. ('n latere TV-program getiteld Rubinstein at 90, het benadruk hoe hy al vir agt dekades lank vir mense speel.)

Teen die middel van die 1970's het Rubinstein se sig begin verswak. Hy het op die ouderdom van 89, in Mei 1976 van die verhoog afgetree, en sy laaste konsert by Londen se Wigmore Hall gegee waar hy byna sewentig jaar vroeër die eerste keer gespeel het.

Rubinstein, wat beheer gehad het oor agt tale,Sachs, pp. 8, 265, 269, 275 het groot dele van die repertorium (en nie slegs die klavierdele nie) in sy formidabele geheue gehou. Volgens sy memoires het hy César Franck se Simfoniese Variasies geleer terwyl hy op 'n trein onderweg na die konsert was; sonder die voordeel van 'n klavier; en die passasies daarvan op sy skoot geoefen. Rubinstein self het sy geheue as fotografies beskryf.

Rubinstein het ook buitengewone gehoor-vaardighede ontwikkel wat hom in staat gestel het om gehele simfonieë in sy gedagtes te speel. "Tydens ontbyt sou ek miskien 'n volledige Brahms-simfonie in my kop deurgaan," het hy gesê. "Dan word ek na die foon geroep, en 'n halfuur later, vind ek uit dat dit heeltyd aan die gang was en dat ek my reeds in die derde beweging daarvan vind." Hierdie vermoë is dikwels deur Rubinstein se vriende getoets, wat op lukrake wyse uittreksels uit opera- en simfoniese partiture sou kies ten einde hom te versoek om dit uit sy geheue te speel.

Rubinstein se outobiografie bevat twee volumes: My Young Years (1973); en My Many Years (1980). Baie persone was ontstig oor die volumes se beklemtoning van persoonlike herinneringe bo die oor musiek. Die pianis Emanuel Ax, te wete een van Rubinstein se grootste bewonderaars, was diep teleurgesteld deur My Many Years. "Tot op daardie stadium", het hy aan Sachs gesê, "het ek Rubinstein verafgod - ek wou 'n lewe soos syne hê, die boek het dit alles egter verander."

Rubinstein het eenkeer in 'n reflektiewe bui opgemerk: "Dit is doodeenvoudig my lewe; musiek. Ek leef dit, asem dit in, praat daarmee. Ek is amper bewusteloos daarvan. Nee, ek bedoel nie dat ek dit as vanselfsprekend aanvaar nie; mens moet nooit een van die gawes van God as vanselfsprekend neem nie, maar dit is soos 'n arm, 'n been, 'n deel van my. Aan die ander kant is boeke en skilderye, tale en ook mense deel van my passies, altyd daar om geniet te word. Reis ook. Ek is 'n gelukkige man om in 'n bedryf werksaam te wees wat my toelaat om so baie op die pad te wees. Op die trein en op die vliegtuig beskik ek ook oor heelwat tyd om te lees. In die opsig is ek weereens gelukkig om 'n pianis te kan wees. Dit is 'n pragtige instrument, die klavier, net die regte grootte ook, sodat jy dit nie kan saamneem nie. In pleks daarvan om te oefen, kan ek lees. Is ek nie 'n gelukkige man nie?"The Rubenstein Story (soos vertel aan Clifton Fadiman), Radio Corporation of America, 1959.

Persoonlike lewe duimnael|Rubinstein in 1963

Huwelik en gesin