Jascha Heifetz (/ˈhaɪfɪts/; 2 Februarie [O.S. 20 Januarie] 1901 – 10 Desember 1987) was 'n Joods-Amerikaanse violis."Jascha Heifetz Is Dead at 86. A Virtuoso Since Childhood". The New York Times. 12 Desember 1987. Opgespoor op 25 Oktober 2014. Baie beskou hom as die grootste violis van alle tye. Hy is gebore in Vilnius, en het as tiener na die Verenigde State van Amerika getrek, waar sy Carnegie Hall debuut met welbehae ontvang was. Hy was 'n virtuoos sedert sy kinderdae, en Fritz Kreisler het by die aanhoor van Heifetz se debuut gesê: "Ons kan net sowel ons viole neem en dit oor ons knieë breek."Nikolaus de Palezieux, Jascha Heifetz – The Supreme (2000 RCA Victor compilation)

Hy het 'n lang en suksesvolle loopbaan as speler gehad, alhoewel hy na 'n besering aan sy regterarm (sy speelarm) na onderrig oorgeskakel het.Kennedy, Michael and Joyce Bourne. The Concise Oxford Dictionary of Music, Oxford University Press, 2004. bl. 331"The Best Violinists", time.com, 2 Februarie 1962.Wallechinsky, David and Amy Wallace. The New Book of Lists. Canongate, 2005. bl. 94.Rosen, Peter. "God's Fiddler". Peter Rosen Productions. Opgespoor op 26 Mei 2011.

Hy het later in sy lewe 'n toegewyde onderwyser en strydros van sosio-politieke bewegings geword. Hy het in die openbaar vir die nommer '911' as 'n noodnommer bepleit, en veldtogte gelei vir skoon lug.

Hy en sy studente by die Universiteit van Suid-Kalifornië (USK) het in die verband onder meer geprotesteer en kapsie gemaak deur die dra van gasmaskers in die openbaar, en in 1967 het hy sy Renault passasiersmotor omgeskakel na 'n elektriese motor.http://jaschaheifetz.com

Verwysings

Kategorie:Amerikaanse Jode Kategorie:Amerikaanse violiste Kategorie:Litause Jode Kategorie:Litause violiste Kategorie:Geboortes in 1901 Kategorie:Sterftes in 1987