Sir William Turner Walton, OM (29 Maart 1902 – 8 Maart 1983) was 'n Engelse komponis. Gedurende sy loopbaan van sestig jaar het hy musiek in verskeie klassieke genres en style geskryf; van musiek vir rolprente tot opera.

duimnael|300px|regs|Christ Church, Oxford, waar Walton 'n koorleier was en later 'n ondergraadse student Walton is gebore in 'n musikale gesin in Oldham, Lancashire, as die tweede seun in 'n gesin van drie seuns en 'n dogter. Sy vader, Charles Alexander Walton, was 'n musikant wat aan die Royal Manchester College of Music onder Charles Hallé opgelei is, en 'n bestaan gemaak het as sangonderwyser en kerkorrelis. Charles se vrou, Louisa Maria (née Turner), was 'n sangeres voor hul huwelik.Kennedy, p. 5

Walton se musikale talente is raakgesien toe hy nog 'n jong seun was. Hy het klavier- en vioollesse geneem, alhoewel hy nooit een van die instrumente bemeester het nie. Hy was meer suksesvol as sanger:Greenfield, Edward. "Behind the Façade – Walton on Walton", Gramophone, Februarie 2002, p. 93 Hy en sy ouer broer het in hul vader se koor gesing en deelgeneem aan opvoerings van grootskaalse werke deur Händel, Haydn, Mendelssohn en ander.Kennedy, p. 6

Sy vroegste werk van statuur, Façade, is geskryf in samewerking met Edith Sitwell en het aan hom berugtheid besorg as 'n modernis. Dit was later 'n gewilde balletstuk.

In sy middeljare het Walton Groot-Brittanje verlaat en op die Italiaanse eiland Ischia gewoon saam met sy jong vrou Susana. Teen die tyd is hy nie meer beskou as 'n modernis nie, en sommige van sy werke van die 1950's is gekritiseer as oudmodies.

Sy vollengte-opera Troilus and Cressida was van die werke wat as oudmodies gesien is, en het min impak op operahuise gehad. In sy laaste jare het sy werke weer hernieude aandag geniet. Sy latere werke, wat deur kritici verwerp is tydens hul eerste vertonings, is herwaardeer saam met van sy vroeëre werke.

Walton was 'n stadige werker en 'n perfeksionis, en derhalwe is die totale omvang van sy werk nie groot nie. Sy gewildste werke word nog steeds gereeld uitgevoer in die 21ste eeu, en teen 2010 is al sy werke op CD vrygestel.

Van sy belangrikste werke is die begeleidende musiek vir Façade, 'n reeks gedigte deur Edith Sitwell, die kantate Belshazzar's Feast, die Concerto's vir onderskeidelik altviool, viool en tjello, die 1ste Simfonie, en die Britse koronasieliedere Crown Imperial en Orb and Sceptre.

Komposisies Orkeswerke 1922 Façade, An Entertainment, 1925 Portsmouth Point, ouverture 1926 Siesta 1926 Façade, suite no.1 Polka Valse Swiss jodelling song Tango - Paso doble Tarantella Sevillana 1926-1927 hersien 1943 Sinfonia concertante, vir orkes en klavier obbligato 1928-1929 hersien 1961 Concerto vir Altviool Andante comodo Vivo, con molto preciso Allegro moderato 1932-1935 Simfonie no.1 in B-mineur Allegro assai Presto, con malizia ?(Andante con malincolia) Finale: Brioso et ardentemente, vivacissimo, maestoso 1938 Façade, suite no.2 Fanfare: Vivo Scotch rhapsody: Molto vivace Country dance: Allegretto piacevole Noche espagnol: Maestoso Popular song: Grazioso Old Sir Faulk: Tempo di fox-trot 1938-1939 Vioolconcerto (geskryf vir Jascha Heifetz) 1940 Music for children 1940 Scapino, comedy overture 1942 Spitfire, Prelude and Fugue (uit die rolprentmusiek: "The first of the Few") 1944 2 pieces for strings (uit die rolprentmusiek: Henry V ) 1953 Orb and Sceptre, koronasiemars 1956 Johannesburg Festival Overture 1956 Tjelloconcerto (geskryf vir Gregor Piatigorski) 1957 Partita 1959-1960 Simfonie no.2 Allegro molto Lento assai Passcaglia - Thema: (Risoluto) Var. 1: Con slanice Var. 2: Scherzando Var. 3: L'istesso tempo Var. 4: Grazioso Var. 5: Agitato Var. 6: Var. 7: Impetuoso Var. 8: Tranquillo Var. 9: Lento Var.10: Risoluto - Fugato Coda: Scherzando - Presto - Maestoso 1962-1963 Variasies op 'n tema deur Paul Hindemith 1968 Capriccio burlesco 1969 Improvisasies op 'n Impromptu van Benjamin Britten

Werke vir harmonieorkes 1937 Crown Imperial, koronasiemars 1953 Orb and Sceptre, koronasiemars 1956 Johannesburg Festival Overture Façade Spitfire, Prelude and Fugue

Teaterwerke Opera's Voltooi in titel bedrywe première libretto 1947-1954; hersien1963/1972-1976 Troilus and Cressida 3 bedrywe 3 Desember 1954, Londen, Royal Opera House Covent Garden; hersiene weergawe: 23 April 1963, Londen en; 12 November 1976, Londen Christopher Hassall, na Geoffrey Chaucer 1965-1967 The bear 1 bedryf 3 Junie 1967, Aldeburgh Paul Dehn en die komponis na Anton Tsjechof

Ballet Voltooi in titel bedrywe première libretto choreografie 1935 The First Shoot 1935, Manchester Osbert Sitwell 1940 The wise virgins; (na musiek van Johann Sebastian Bach) 1940, Londen na die Nuwe Testament 1943 The quest 1943, Londen Doris Langley Moore, na Edmund Spenser

Toneelmusiek 1924-1925 A Son of Heaven, vir die toneelstuk van Lytton Strachey - première: 1925, Londen 1935 The Boy David, vir die toneelstuk van J.M. Barrie - première: 1936, Londen 1941-1942 Macbeth, vir die toneelstuk van William Shakespeare - première: 1942, Londen

Musiek vir (solostemme,) koor en orkes 1930-1931 Belshazzar's Feast 1937 In honour of the city of London 1952-1953 Coronation Te Deum 1961 Gloria 1965 The 12 1966 Missa brevis 1972 Jubilate Deo

Musiek vir rolprent 1934 Escape me never 1936 As you like it 1937 Dreaming lips 1938 Stolen life 1941 Major Barbara 1941 Next of Kin 1942 The foreman went to France 1942 Went the day well? 1943-1944 Henry V 1947 Hamlet 1955 Richard III (1995) 1969 The Battle of Britain 1970 ''The 3 sisters'

Verwysings

Bronne

Verdere leesstof

Kategorie:Geboortes in 1902 Kategorie:Sterftes in 1983 Kategorie:Engelse komponiste