Margaret Phillips (6 Julie 1923 – 9 September 1984) was 'n Walliese aktrise aktief op Broadway in die 1940s en in vroeë televisie in die 1950s en 1960s. Sy was bekend vir haar rolle in die rolprent The Nun's Story (1959) en in die televisiereekse Lights Out (1946), Fireside Theatre (1949), en Masterpiece Playhouse (1950).

Vroeë lewe Margaret Phillips is gebore in die dorp Cwmgwrach in Suid Wallis. Op die ouderdom van 16 trek sy met haar ouers na die Verenigde State en het skoolgegaan aan Walton High School, `n meisieskool in die Bronx. Omdat sy deur die Tweede Wêreldoorlog vasgekeer is in Amerika, het sy haar loopbaan geloods op die verhoog in Woodstock, New York. https://www.newspapers.com/article/5044936/interview_with_margaret_phillips_1960/https://www.newspapers.com/article/5047066/interview_with_margaret_phillips_1948/

Loopbaan Margaret Phillips se teater loopbaan het geduur van die 1940s tot haar laaste vertoning in 1982. Sy het die Clarence Derwent Toekenning gewen in 1947 vir haar werk in Another Part of the Forest. https://books.google.co.za/books?id=sAwEAAAAMBAJ&dq=Margaret+Phillips+actress&pg=PT48&redir_esc=y#v=onepage&q=Margaret%20Phillips%20actress&f=false Sy het `n ondersteunende rol gehad in Tennessee Williams se toneelstuk, Summer and Smoke wat in 1948 op Broadway geopen het. In 1950 vervang sy Irene Worth in T.S. Eliot se Cocktail Party.https://www.newspapers.com/article/5044773/margaret_phillips_in_cocktail_party/ In 1960 vertolk sy Titania in A Midsummer Night's Dream.https://news.google.com/newspapers?id=MWtQAAAAIBAJ&sjid=4BAEAAAAIBAJ&pg=7167%2C4848697

In rolprente verskyn Phillips as Ray Milland se gestremde vrou in A Life of Her Own (1950), en in The Nun's Story (1959) met Audrey Hepburn. Phillips se televisie loopbaan was besig in die 1950s. In 1953 verskyn sy saam met Orson Welles in die regstreekse televisieproduksie van King Lear, as die koning se dogter Regan.https://books.google.co.za/books?id=g8ELtsx12iYC&dq=Margaret+Phillips+Welles+Lear&pg=PA125&redir_esc=y#v=onepage&q=Margaret%20Phillips%20Welles%20Lear&f=false Sy het die Rawhide episode Incident of the Dust Flower `n gasrol gespeel in 1960. In 1960 verskyn sy in die episode Call from Tomorrow van die reeks Alcoa Presents: One Step Beyond.

Phillips was in die eerste ledeklas van Actors Studio, met onder andere Marlon Brando, Montgomery Clift en Maureen Stapleton.https://news.google.com/newspapers?id=5AUdAAAAIBAJ&sjid=zYoEAAAAIBAJ&pg=6848%2C5227672

Persoonlike lewe Sy is aan kanker oorlede in New York Stad in die jaar 1984. Sy was 61.https://www.nytimes.com/1984/09/11/obituaries/margaret-phillips-dies-at-61-veteran-broadway-actress.html

Filmografie

Rolprente +Jaarhttps://www.imdb.com/name/nm0680611/?ref_=nv_sr_srsg_0_tt_1_nm_7_q_margaret%2520phillipsTitelRol1950A Life of Her OwnNora Harleigh1959The Nun's StorySuster Pauline

Televisiereekse +JaarTitelRolNotas1948Actor's Studio1949- 1950The Philco Television PlayhouseAdela Chart4 episodes1950Starlight Theatre1950Masterpiece PlayhouseThea Elvsted2 episodes1951The Ford Theatre Hour1949- 1951SuspenseFran Prince / Grace3 episodes1951Lights Out1951Goodyear Playhouse1951Fireside TheatreMev. Cratchit1952- 1953Lux Video TheatreJeanne Allison / Penelope1953Tales of TomorrowAnne1947- 1953Kraft Theatre14 episodes1953OmnibusRegan1953Danger1953Medallion Theatre1954You Are There1954Inner SanctumModel1954The United States Steel HourValerie1951- 1954Robert Montgomery PresentsJudith Leeward / Maria Dorne4 episodes1955Ponds Theatre1949- 1955Studio OneBrigid / Margaret Randolph / Camilla / Maisie / Addie7 episodes1955Star Tonight1956Appointment with AdventureNatalie1956Modern Romances1958Matinee TheatreAnne2 episodes1959The Third ManJocelyn Davis1960Five FingersAnneska1960One Step BeyondElena Stacy1960RawhideSophie Cartwright1961Way OutCassandra1961Golden ShowcasePamela1962CheckmateBeatrice Lawlor1962Route 66 Mev. Bainbridge1963The Doctors and the NursesBeth Cooper

Teater +Jaarhttps://www.ibdb.com/broadway-cast-staff/margaret-phillips-56123#Creditshttp://www.iobdb.com/CreditableEntity/19682ToneelstukRolNotas1942-1943Proof Thro' the NightSue1944-1945The Late George ApleyAgnes Willing1946-1947Another Part of the Forest Birdie BagtryClarence Derwent Toekenning1948-1949Summer and SmokeAlma Winemiller1950-1951The Cocktail PartyCelia CoplestoneVervang Irene Worth1950The HeiressCatherine Sloper1951Second ThresholdMiranda Bolton1953The Merchant of VenicePortia1956Fallen AngelsJane Danbury1957The Lady's Not For BurningJennet Jourdemayne1960Under the Sycamore TreeDie Koningin1963The Ginger ManMarion Dangerfield1967Black Comedy / White LiesSophie: Baroness Lemberg

Verwysings

Eksterne skakels

Margaret Phillips in die Internet Off-Broadway Database Margaret Phillips in die Internet Broadway Database

Kategorie:Geboortes in 1923 Kategorie:Sterftes in 1984 Kategorie:Amerikaanse aktrises van die 20ste eeu Kategorie:Britse aktrises