Die gewone blousysie is 'n opvallende klein (lengte 12–13 cm) voëltjie wat tydens die broeiseisoen in pare beweeg, andersins in groterige swerms (40 of selfs meer individue). Hulle wei meestal op die grond maar kan ook insekte tydens vlug vang.

Identifikasie Muisgrys-bodele en kop, met kenmerkende poeierblou onderdele en laer deel van gesig. Bekkie wissel tussen pienk en ligblou, bene en pote ligbruin.

Habitat Oop bosveld, rivieroewerbos, langs landerye. Soms op die kant van 'n immergroen woud.

Verspreiding Vanaf Angola, noordelike dele van Namibië en Botswana, Zimbabwe, Limpopoprovinsie, Eswatini en KwaZulu-Natal.

Geluid Dringende sweep sweep, vinnig opvolgend.

Ander name Engelse naam: Blue Waxbill Tswana: Xidzingirhi Duits: Angola-Schmetterlingsfink Wetenskaplike naam: Uraeginthus angolensis

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (gegroepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name

Bronnelys Roberts' Birds of Southern Africa, Sixth Edition,

Kategorie:Kanaries, vinke en streepkoppies Kategorie:Voëls van die Krugerwildtuin