FC Schönberg is 'n Duitse sokkerklub uit Schönberg in die deelstaat Mecklenburg-Voorpommeren.
Die klub se oorspronklike voorganger was TSG Schönberg wat in 1945 aan die einde van die Tweede Wêreldoorlog opgerig is as SG Schönberg en later herdoop is na BSG Traktor Schönberg. In 1962 het die klub met SG Dynamo 1950 Schönberg saamgesmelt om TSG Schönberg te vorm. Die huidige klub het op 1 Julie 1995 ontstaan toe die sokkerafdeling van TSG onafhanklik geword het.
Die klub het tussen 1999 en 2004 die Mecklenburg-Voorpommeren verbandspokal 6 keer in 'n ry gewen en daarmee elke jaar toegang tot die volgende seisoen se DFB-Pokal gekry. Die span is egter elke slag in die eerste rondte deur 'n Bundesligaklub uitgeskakel.
Onlangse ligaposisionering 1994-95 (VII) Bezirksliga 1ste 1995-96 (VI) Landesliga M-V 1ste 1996-97 (V) Verbandsliga M-V 9de 1997-98 (V) Verbandsliga M-V 1ste 1998-99 (IV) Oberliga NOFV-N 8ste 1999-00 (IV) Oberliga NOFV-N 3de 2000-01 (IV) Oberliga NOFV-N 3de2001-02 (IV) Oberliga NOFV-N 3de 2002-03 (IV) Oberliga NOFV-N 1ste 2003-04 (IV) Oberliga NOFV-N 6de 2004-05 (IV) Oberliga NOFV-N 16de 2005-06 (V) Verbandsliga M-V 1ste 2006-07 (IV) Oberliga NOFV-N 6de (vrywillig onttrek) 2007-08 (V) Verbandsliga Meck-V.
Eksterne skakels Amptelike klubblad Abseits Guide to German Soccer
Oberliga Noordoos-Noord 2006/07-seisoen Berlin AK 07 | BFC Dynamo | BFC Preussen | Türkiyemspor Berlyn | FC Schönberg 95 | FV Motor Eberswalde | Germania Schöneiche | FC Hansa Rostock II | Lichterfelder FC | Ludwigsfelder FC | MSV Neuruppin | SV Babelsberg 03 | SV Yeşilyurt Berlyn | Tennis Borussia Berlyn | Torgelower SV Greif | TSG Neustrelitz
Schönberg