Die gewone melba is 'n klein (lengte: 12 – 14 cm) kleurvolle voëltjie wat maklik die oog vang wanneer dit rondbeweeg tussen doringbosse en struike. Veral die mannetjie is kenmerkend met 'n rooi gesig, groen bors en gespikkelde onderlyf.

Identifikasie Die gewone melba word gewoonlik in pare of klein familiegroepe aangetref. Hulle boer in swerms wanneer hulle nie nes maak nie. Die mannetjie se gesig en bo-keel is helder rooi, met 'n grys bo-kroon en nek. Sy onderlyf is gespikkeld met swart en wit dwarsstrepe. Sy bekkie vertoon rooierig. Die wyfie het 'n soortgelyke uiterlike, maar haar hele gesig en nek is grys, met 'n swart bekkie. 'n Onvolwasse melba het 'n uitgewaste olyfkleur op sy kop en keel, met 'n swart bekkie swart en rooibruin oë.

Habitat Die melba verkies digte doringbosse of lang gras in Acacia-savanne, rivieroewers en bosse in droë dele.

Verspreiding Die gewone melba kom voor in Afrika; Suid van die Sahara en is wydverspreid in suidelike Afrika, uitgesluit die Kaap suid van die Oranjerivier en die Vrystaatse hoëveld.

Geluid Sagte string note tot en met 16 sekondes lank, beginnende met kort waterdruppelagtige klanke gevolg deur 'n skerp kriek-kriek klank. Uiter ook 'n klaende fluit in 'n mooi kort liedjie.

Fotogalery

Ander name Afrikaans: Melbasysie Engels: Melba Finch Duits: Buntastrild Wetenskaplike naam: Pytilia melba

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (gegroepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name

Bronnelys Roberts' Birds of Southern Africa, Sixth Edition, Newman se Voëls van Suider-Afrika.

Kategorie:Melbas Kategorie:Voëls van die Krugerwildtuin