Abiëser ("die vaders hulp").
Gideon was ´n Abiësriet (Rigt 6: 11). "Jeser" in Num 26: 30 is ´n afkorting van hierdie naam.
In die Bybel is daar twee persone wat die naam dra:
1. Abiëser, ´n afstammeling van Manasse.
2. Abiëser, "die Anatotiet", een van die 37 helde van koning Dawid.
Verwysings in die Bybel 1. Die afstammeling van Manasse
Josua 17: 2, 1 Kronieke 7: 18
2. Die held van koning Dawid
2 Samuel 23: 27; 1 Kronieke 11: 28, 1 Kronieke 27: 12
Literatuur
Die Bybel (1953-Vertaling) Reinecker, Fritz: Lexikon zur Bibel. R. Brockhaus Verlag, Wuppertal 1981.
Sien ook Lys van persone in die Bybel
Kategorie:Dawid se vernaamste helde Kategorie:Mense uit die Hebreeuse Bybel Kategorie:Mense uit die Ou Testament