Gebeure In die tydperk tussen 58 en 51 v.C. verower Gaius Julius Caesar die res van Gallië. Rome lyf Siprus in. Aan koning Ptolemeüs, Ptolemeüs XII se onwettige broer, word die hoëpriesterskap in Paphos aangebied, maar hy pleeg selfmoord.Historical Dictionary of Ancient Egypt, Deel 22 van Historical Dictionaries of Ancient Civilizations and Historical Eras, , Scarecrow Press, 2008, , Sirië word 'n Romeinse konsulêre provinsie.The Roman Near East, 31 B.C.-A.D. 337 ACLS Humanities E-Book, , Harvard University Press, 1993, , In Egipte ontstaan onrus omrede Ptolemeüs XII sy broer op Siprus nie help nie. Ptolemeüs XII word verdryf en Berenice IV word regerende koningin. Geboortes 30 Januarie – Livia Drusilla, eggenote van C. Octavianus, die latere Romeinse keiser Augustus († 29 n.C.)
Sterftes Ptolemeüs van Siprus.
Verwysings