+Vergelyking van oppervlakeenhedeEenheidSISI-basis1 ca1 m²1 m²1 a1 dam²10² m²1 ha1 hm²104 m²100 ha1 km²106 m²1 vierkante hektometer1 hm²104 m²Nie-SI-vergelykingsNie-SIMetriekSI-basis1,168 morgGamefarmnet, besoek op 29 April 2007The South African Afrikaans / English Physics Dictionary , besoek op 29 April 20071 ha104 m²2,471 akker1 ha104 m²107 639 vk. voet1 ha104 m²* 0,00386102 vk. myl (statuut)1 ha104 m²* 15 mū (China)1 ha104 m²* 0,15 qǐng (China)1 ha104 m²10 dunam (Midde-Ooste)1 ha104 m²10 stremmata (Griekeland)1 ha104 m²6.25 rai (Thailand)1 ha104 m²~1,008 chō (Japan)1 ha104 m² regs|duimnael|300px| Definisie van 'n hektaar en van 'n aar. duimnael|upright=1.35|Die oppervlakte van 'n rugbyveld is ongeveer een hektaar.
'n Hektaar is 'n meeteenheid van oppervlakte, gelyk aan 10 000 vierkante meter, wat veral gebruik word om grondgebied te meet. 'n Vierkant van een hektaar se sye is 100 meter lank (1 hektometer). Die naam hektaar kom van die Griekse voorsetsel hekto vir 100 en die eenheid aar. 'n Hektaar is 100 are of 'n vierkante hektometer. Die aar was die basiseenheid vir oppervlakte en was een van die oorspronklike vyf eenhede van die metrieke stelsel wat in 1795 deur die Franse opgestel is.
Nóg die aar nóg die hektaar vorm deel van die moderne SI-stelsel; die gebruik van hektaar word egter steeds toegelaat en die eenheid word presies gedefinieer deur basiseenhede in die SI-stelsel.
Simbool: ha
1 ha = 100 a = 1 hm² = 0,01 km² = 10 000 m² = 100 meter × 100 meter.
Die hektaar word algemeen gebruik in baie lande, veral gebiede wat grondbeplanning en -bestuur behels soos landbou, bosbou, en stadsbeplanning. Dit is veral nuttig waar vierkante meter omslagtig en onnodig presies sou wees. In die VSA en Kanada word die akker (acre) oor die algemeen steeds in soortgelyke gevalle gebruik.
Verwysings
Eksterne skakels Amptelike SI webwerf: Tabel 6. Nie-SI-eenhede aanvaarbaar vir gebruik met die Internasionale Stelsel van Eenhede
Kategorie:Eenhede van oppervlak