Pieter Hackius (? – 30 November 1671) was die vyfde kommandeur en eerste goewerneur aan die Kaap die Goeie Hoop. Hackius het Jacob Borghorst op 25 Maart 1670 opgevolg as kommandeur en is op 2 Junie 1670 as goewerneur aangestel.e-family Timeline , Besoek op 30 April 2007

Hy was selfs nog sieker as sy voorganger, Borghorst en kon feitllik niks verrig nie. Hackius het sy gesondheid geruïneer met lang diens vir die VOC in Oos-Indië. Daar is pogings tydens sy bewind aangewend om immigrasie uit Holland aan te moedig. Hackius is getroud met Alida Paets en hulle het 5 kinders gehad. Hackius was die eerste hoof van die Kaapkolonie wat in die Kaap gesterf het en daar begrawe is.

Sien ook Lys van kommandeurs en goewerneurs van die Kaapkolonie Kommandeur

Bron Ensiklopedie van Suidelike Afrika Eric Rosenthal 1967 KENNIS,  vol 8, 1980, bl. 1474-1475,

Verwysings

Kategorie:Nederlandse kommandeurs en goewerneurs van die Kaapkolonie (VOC) Kategorie:Sterftes in 1671