Regter Henry Allan Fagan (4 April 1889, Tulbagh – 6 Desember 1963, Kaapstad)De Maatschappij der Nederlandse Letterkunde, HENRY ALLEN FAGAN, besoek op 6 Junie 2007LitNet ATKV-Skrywersalbum 5 Oktober 2011: http://www.litnet.co.za/ha-fagan-18891963/ was 'n bekroonde skrywer (onder die naam H.A. Fagan), parlementslid, die Unie van Suid-Afrika se hoofregter van 1957 tot 1959 en die skrywer van die Engelse woorde van Die Stem van Suid-Afrika. Hy was ook Minister van Naturellesake, Opvoeding en Volkswelsyn in die Hertzog-kabinet, hoofregter van Suid-Afrika en ’n Afrikaanse digter en dramaturg wat met sy dramas die Hertzogprys verower.

Lewe en werk Vroeë lewe en herkoms duimnael|links|Kerkstraat 30, Tulbagh, Fagan se geboortehuis. duimnael|links|Fagan was in 1907 lid van die Universiteit van Stellenbosch se Studenteraad. Hy staan regs. Die latere predikant van die NG gemeente Johannesburg-Oos en administrateur van Transvaal, William Nicol, sit in die middel. duimnael|Die Nasionale Pers het H.A. Fagan se "Die ouderling en ander toneelstukke" in 1934 uitgegee. duimnael|links|Die 70 studente van die Kweekskool in 1910 en hul professore. Henry Fagan sit vierde van links in die voorste ry.Boonste Ry: Andries Stockenström; H.J. de Villiers; J. Reyneke, B.A.; Ezra Pienaar; P. van der Hoven; H.A. Boshof; C. Muller; N. van Rensburg; R. Theron, B.A.; J. Moolman, B.A.; J. Le R. Cilliers; D.P. Ackerman, B.A.; J.H.M. Stofberg; T.J. Minnaar; P.C. Hitchcock; F.J. van der Merwe; C.J. Stander; M.B. Brink; C.G.R. du Toit, B.A.; L. Lochner, B.A. Tweede Ry: J. Van Zyl le Roux; L.P. Snyman; J. Rabie; D.S.B. Joubert, B.A.; H.E. Steyn; M.L. de Villiers, B.A.; S. Feneysey; F.H. Badenhorst; P.J. Viljoen; H.S. Pretorius, jr.; C.J. van Niekerk. Derde ry: J.A. v. A. Smuts; D.J. Gildenhuys; B.B. Keet, M.A.; J.H. Blignault; L.J. Fourie; William Nicol, B.A.; J.G. Pauw; F. Koch; P.J.B. Shaw; G. De C. Murray; H.S. Pretorius; G.C. van Rooyen; C.J. Grobler; D.F. Barnard, B.A.; J. Le R. Retief; H.W. Ziervogel; J. Le R. Hauptfleisch; J.D. Roos. Vierde Ry: J.P.H. Steyn; H.J. de Vos, B.A.; P.A. Alheit; J.S. Marais, B.A.; prof. Adriaan Moorrees; prof. Marais; prof. de Vos; prof. Muller; J.A. van der Merwe, B.A.; C.R. Kotze; J.G. Strijdom; T.I. van Wijk. Vyfde Ry: N.J. van der Merwe, B.A.; A.C. Stegman, B.A.; W.C. Erasmus, B.A.; H.A. Fagan, B.A.; C.J. Liebenberg; H.J. Badenhorst; J.A. Pienaar; P.A. Theron; P.J. du Plessiss; J.R. Alheit; B.F. van der Merwe; H.J. Reyneke; A.J. Olivier. Henry Allan Fagan is op 4 April 1889 op Tulbagh gebore as die oudste van sewe kinders van die regspraktisyn Henry Allan Fagan (1865–1931) en Catharina Susanna Smith (1864–1937).

Die Fagans se stamvader is Henry Allan Fagan van Cork in Ierland en sy grootouers van vaderskant is Henry Allan Fagan (1837–1891), die eerste burgemeester van Tulbagh, en Sofia Rachel Johanna Bedeker (1837–1911). Die stamvader van die Smiths aan moederskant is Martinus Lourens Smith van Jutland en dit is dus ’n Skandinawiese van. Sy grootouers aan moederskant is Lourens Johannes Smith (1827–1903) en Hester Jacoba Smit (1842–1920), wat op Roodezand naby Tulbagh geboer het. Henry se ma was die suster van die bekende professor in Afrikaans en redakteur van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal, professor J.J. Smith. ’n Engelse gedig van sy vader verskyn per geleentheid in The South African News en jare later nog een in Die Huisgenoot, tesame met ’n Afrikaanse vertaling daarvan deur J.J. Smith. Henry se twee jonger broers en speelmaats, Lourens en Albertus, sterf binne ’n paar weke van mekaar en hy word dus as alleenloper groot. Later word twee susters (Hester en Sofia) en twee broers (Johannes en Gideon) vir hom gebore.

Opleiding Henry begin sy skoolopleiding op Tulbagh.Esat: http://esat.sun.ac.za/index.php/H.A._Fagan Wanneer hy ongeveer tien jaar oud is, verhuis die gesin na die Strand en ’n paar jaar later na Somerset-Wes. Hier maak hy klaar met sy laerskoolopleiding en sy matriek. Op skool verwerf hy talle pryse vir taal en letterkunde en ook vir Wiskunde. Dit is veral sy letterkunde-onderwyser, mnr. S. Immelman, wat hom ’n belangstelling in die Nederlandse letterkunde gee en hom inspireer om self Nederlandse gedigte te skryf.

Ná skool studeer hy van 1905 tot 1910 aan die Victoria-Kollege (wat later die Universiteit van StellenboschEsaach: http://www.esaach.org.za/index.php?title=Fagan,_Henry_Allan word), waar hy in die koshuis Tertia tuisgaan, in dieselfde tyd as J.J. Smith. Hy behaal die B.A.-graad en Senior Kerkadmissie en deur privaatlesse by dr. Cluver ook die Preliminêre LL.B. Tydens sy studies hier verower hy verskeie klaspryse, insluitende die prys vir eerste plek in die B.A. in Moderne Tale. Hierdie prys was in die vorm van ’n goue medalje wat geskenk is deur die Graaf van Cornwall, later koning George V, destyds kanselier van die Universiteit van Suid-Afrika. Daarna is Henry vir ses maande aan die Kweekskool, maar neem dan vir ’n kort tyd as lektor in Nederlands waar in die plek van professor W.J. Viljoen, wat toe as Direkteur van Onderwys in die Oranje-Vrystaat aangestel is. In sy studentetyd is hy vir ’n jaar redakteur van die studenteblad en ’n gedig in Nederlands van hom word ook daarin gepubliseer. In 1911 vertrek hy na Londen om aan die Middle Temple in die regte te studeer. In Londen is Oswald Pirow en J.J. Smith van sy medestudente, hoewel hulle nie dieselfde kursusse volg nie. Van die Council of Legal Education, wat die eksamens vir die Inns of Court in Londen afneem, ontvang Henry ’n aantal pryse in die vorm van regsboeke van sy keuse, wat die Council in leer laat inbind het met hulle stempel daarop. As kranige skaakspeler verteenwoordig hy die Universiteit van Londen se skaakspan teen die universiteite van Oxford en Cambridge. Hy behaal in 1914 die LL.B.-graad en as lid van die Middle Temple word hy toegelaat tot die Engelse balie en later dieselfde jaar ook tot die Suid-Afrikaanse balie.

Begin van loopbaan duimnael|regs|300px|Die eerste foto wat van De Burger se redaksie (1916–'17) geneem is. Voor: J. Steinmeyr, dr. D.F. Malan, D.P. du Toit. Agter: J. du Toit, H.A. Fagan, C.J.L. Ruijsch van Dugteren, E.B. Grosskopf. D. de Flamingh en H. Weerts.

Begin 1914 is hy terug in Suid-Afrika en vestig hom in Kaapstad as advokaat. Hy word daarna op 30 Augustus 1914 eers sekretaris van die Komitee van Oprigters van die Nasionale Pers en in 1915 tot 1916 lid van die eerste direksie van hierdie maatskappy, maar lê albei hierdie poste weens werkdrukte in Mei 1916 neer. Vanaf 1916 tot 1919 is hy assistent-redakteur van Die Burger en doen ook redaksionele toesig oor Die Huisgenoot, waarna hy uit die koerantwese bedank.

In 1920 is hy die eerste professor in Romeins-Hollandse Reg aan die Universiteit van Stellenbosch. Hy keer in 1921 terug tot die Kaapse Balie en deur sy bekwaamheid en toewyding bou hy gou ’n omvangryke en lonende praktyk op. Vir ’n ruk is hy voorsitter van die Helpmekaar-beweging in die Kaapprovinsie. In 1929 bedank hy as wetsadviseur vir die Provinsiale Raad om homself beskikbaar te stel as kandidaat vir die Nasionale Party in die Hottentots-Holland kiesafdeling.SA Bar: http://www.sabar.co.za/law-journals/1990/april/1990-april-vol003-no1-pp28-30.pdf Hy word egter by die stembus verslaan en neem weer sy regspraktyk op en word in 1932 aangestel as waarnemende regter in Kimberley.

Toetrede tot die politiek In Julie 1933 tree hy meer permanent tot die politiek toe wanneer hy verkies word om namens die Nasionale Party Swellendam in die Volksraad te verteenwoordig, terwyl hy steeds deeltyds as advokaat in Kaapstad praktiseer. Wanneer die Nasionale Party en die Suid-Afrikaanse Party in 1934 saamsmelt om die Verenigde Party te vorm,African History: http://africanhistory.about.com/od/apartheidterms/g/def_Fagan.htm stem die Kaapprovinsie se Nasionale Party-kongres teen samesmelting en word Henry outomaties van die samesmelting uitgesluit, hoewel hy dit gesteun het. Hierna word hy onafhanklik en in 1936 sluit hy by die Verenigde Party aan. In 1937 wys hy ’n aanstelling as regter van die hand om hom verkiesbaar te stel in die algemene verkiesing. Hy verower die kiesafdeling Stellenbosch, waarna hy in 1938 aangestel word as Minister van Naturellesake, Opvoeding en Volkswelsyn in die Hertzog-kabinet. As Hertzog in 1939 Suid-Afrika se neutraliteit in die Tweede Wêreldoorlog wil handhaaf en daardeur gedwing word om as Eerste Minister te bedank, volg Fagan hom in die Opposisie en begin ook in September 1939 om weer as advokaat te praktiseer. Hy bly egter aan as gewone lid van die Volksraad tot 1943. In Maart 1943 tree hy toe tot die Kaapse regbank en word daarna in 1950 appèlregter en vanaf 1957 tot April 1959 hoofregter van die Unie van Suid-Afrika. In sy hoedanigheid as hoofregter is hy in 1957 beklee met die Uitverende Gesag van die Unie terwyl goewerneur-generaal E.G. Jansen op buitelandse besoek was. Hy is die eerste regter wat sy ampseed in Afrikaans aflê, nadat hy die eed self uit Engels vertaal het.SA Bar: http://www.sabar.co.za/law-journals/1990/april/1990-april-vol003-no1-pp28-30.pdf Na sy aftrede tree hy weer toe tot die partypolitiek as stigter en leier van die kortstondige Nasionale Unie, as Verenigde Party-senator vir Natal (1961) en as kandidaat van hierdie party vir die Staatspresidentsamp (1961).

Fagan-verslag In 1946 word hy aangestel as voorsitter van die Kommissie van Ondersoek na Naturellewette, waaruit die Fagan-verslag voortvloei. Hierin demonstreer hy op duidelike wyse die ekonomiese integrasie van die swart mense in die land en die tendense wat eindelik sal lei tot swart oorheersing. Hy verwerp totale segregasie (wat later as apartheid bekend word) as onuitvoerbaar, terwyl hy ook nie ten gunste was van gelykstelling op daardie stadium nie. Sy praktiese aanbeveling is die daarstel van konstruktiewe kommunikasiekanale en gedurige onderhandeling sodat die pad vorentoe gesamentlik op vreedsame en regverdige wyse uitgewerk kan word. As regsgeleerde maak hy reeds vroeg ’n studie oor die Verkiesingswet en procedure van die Kaapprovinsie (1915) en later ontwerp hy ’n nuwe snelskrifstelsel (gepubliseer in 1950), waaraan hy vir ongeveer 35 jaar lank aan en af gewerk het. Ná sy uittrede as hoofregter laat hy hom krities uit teen die regering se apartheidsbeleid en skryf hy die werke Ons verantwoordelikheid (1960) (wat hy feitlik gelyktydig in Engels skryf en as Our responsibility publiseer) en Co-existence in South Africa (1963), waarin hy die idee van die totale skeiding van rasse as onprakties verwerp. Hy dien ook vanaf 1938 in die redaksie van die Tydskrif vir Hedendaagse Romeins-Hollandse Reg.

Persoonlike lewe Op 3 Junie 1922 trou hy met Queeny Theron (suster van die bekende Erika Theron), oorspronklik van Tulbagh en ’n geesdriftige liefhebber van die toneel. Die egpaar het drie seuns, naamlik Henry Allan (Hennie), Gabriël Theron (die bekende argitek Gawie) en Johannes Jacobus (Hannes), laasgenoemde wat soos sy pa ook ’n regter word. In Kaapstad is Henry saam met sy vrou betrokke by die Kaapstadse Afrikaanse Toneelvereniging (KAT), waarvan hulle in 1934 medestigters is saam met onder andere M.I. Murray, Boerneef, Anna Neethling-Pohl en N.P. van Wyk Louw. KAT voer menige van sy dramas op nog voordat dit gepubliseer is. Hy neem aktief aan die kultuurlewe deel en benewens sy aktiwiteite by die Toneelvereniging is hy ook lid van die Helpmekaar-beweging, die Vlagbeweging en die Oranjeklub, terwyl hy ook een van die stigters en ’n erelid is van die Bellville Afrikaanse Toneelvereniging.

Op 6 Desember 1963 is hy aan sy huis Keurbos in Bishopscourt in Kaapstad aan ’n hartaanval oorlede.

Skryfwerk