Kamov Ka-27 Helix A300pxKamov Ka-27OmskrywingRolTeen-duikboot helikopterBemanning1-3 bemanning plus 2-3 spesialisteEerste vlug Desember 1974Vrygestel 1982VervaardigerKamovAfmetingsLengte11.30 mRotoromtrek15.80 mHoogte5.50 mMassaLeeg6 500 kgGelaai11 000 kgMaksimum opstyggewig12 000 kgAandrywingEnjins2x Isotov turbo-asVermoë1 660 kW elkWerkverrigtingMaksimumsnelheid270 km/hNormale kruissnelheid205 km/hOperasionele reikafstand 980 kmPlafonhoogte5 000 mBewapening2 000 kg. 2 torpedo's (Ka-27)55 mm missielrakke of 4 GTLs, 7.62 mm MG, 30 mm kanon (Ka-29)SensorsRadar, MAD of dompelsonar, sonarboeie (Ka-27) RWR, ESM, EW sisteme (Ka-29)

Die Kamov Ka-27 (NAVO naam 'Helix') is 'n militêre helikopter van dieselfde klas as die Ka-50 wat vir die Sowjetvloot ontwikkel is. Tans word die helikopter deur Rusland, Oekraïne, Vietnam, Suid-Korea, China en Indië gebruik. Daar bestaan variasies soos die Ka-28 (uitvoermodel), Ka-29 militêre vervoer (16 troepe), die Ka-31 verkenner, en Ka-32 siviele vervoermodel. duimnael|regs|400px|Ka-27 gebruikers : militêre gebruik (uitgevoer); : siviele gebruik Die helikopter is ontwerp vir 'n teen-duikbootrol en om troepe te vervoer. Die ontwerpwerk het in 1970 begin en die eerste prototipe het in 1974 gevlieg. Die bedoeling was om die Kamov Ka-25 Hormone, wat toe reeds 10 jaar oud was, met die Ka-27 te vervang. Die helikopter lyk ook baie soos sy voorganger aangesien dit in dieselfde loodsruimte as sy voorganger op 'n skip moes pas. Soos die ander Kamovhelikopters is die Ka-27 ook sonder 'n stertrotor, omrede die ko-aksiale rotors 'n stertrotor oorbodig maak.

Lande waar dit in gebruik is Militêre en regeringsgebruik

Algerynse Lugmag

Chinese Volksbevrydingsvloot

Indiese Vloot

Civil defense

Russiese Vloot

Siriese Vloot

Ukraïnse Vloot

Viëtnamese Vloot

Republiek van Korea Lugmag Republiek van Korea Kuswag Korea Bosboudiens

Siviele gebruik

Helicargo

Vancouver Island Helicopters

Heliswiss

Akagi Helicopter

Heliportugalhttp://www.heliportugal.pt/#/en/fleet/enkamov

Trivia

'n Paar Ka-27's word gebruik in die rolprent No Escape (1994), met Ray Liotta.

Eksterne inligting http://cnc.indews.com/ ANGKASA No.07 Edisi April 2007 (p. 17)

Verwysings

Kategorie:Helikopters Kategorie:Russiese wapentuig