TuRU Düsseldorf is 'n sokker- en handbalklub uit Düsseldorf, die hoofstad van die deelstaat Noord-Rynland-Wesfale in Duitsland.
Die klub het in 1919 ontstaan met die samesmelting van die klubs Düsselsdorfer FK Union (gestig in 1905 as 'n samesmelting van Vorwärts Düsseldorf en Borussia Düsseldorf), VfR Düsseldorf (voor 1916 bekend as SC Athen Düsseldorf) en Friedrichstädter TV 1880.
Die klub se beste jare was voor die Tweede Wêreldoorlog, want tydens die 1930’s en 1940’s het die klub vir 7 seisoene in die Gauliga Neder-Ryn, destyds die hoogste vlak, meegeding. Die klub se grootste prestasie was egter toe dit die kwarteindstryd om die Duitse titel in 1925 bereik het (1-4 teen Hertha BSC Berlyn).
Die klub se handbalafdeling is een van die beste in Duitsland.
Onlangse ligaplekke 1988-89 (IV) Verbandsliga Neder-Ryn 7de 1989-90 (IV) Verbandsliga Neder-Ryn 7de 1990-91 (IV) Verbandsliga Neder-Ryn 15de 1991-92 (V) Landesliga Neder-Ryn-2 12de 1992-93 (V) Landesliga Neder-Ryn-1 6de 1993-94 (V) Landesliga Neder-Ryn-1 1ste 1994-95 (V) Verbandsliga Neder-Ryn 6de 1995-96 (V) Verbandsliga Neder-Ryn 7de 1996-97 (V) Verbandsliga Neder-Ryn 7de 1997-98 (V) Verbandsliga Neder-Ryn 9de 1998-99 (V) Verbandsliga Neder-Ryn 14de 1999-00 (VI) Landesliga Neder-Ryn 2de 2000-01 (V) Verbandsliga Neder-Ryn 10de 2001-02 (V) Verbandsliga Neder-Ryn 14de 2002-03 (VI) Landesliga Neder-Ryn 1ste 2003-04 (V) Verbandsliga Neder-Ryn 1ste 2004-05 (IV) Oberliga Noord-Ryn 10de 2005-06 (IV) Oberliga Noord-Ryn 15de 2006-07 (IV) Oberliga Noord-Ryn
Eksterne skakels Amptelike klubblad Abseits Guide to German Soccer
Oberliga Noord-Ryn 2007/08-seisoen Alemannia Aken II | SSG 09 Bergisch Gladbach | Bonner SC | FC Germania Dattenfeld MSV Duisburg II | TuRU Düsseldorf | Fortuna Düsseldorf II | Swartwit Essen VfB Homberg | 1. FC Kleve | 1. FC Keulen II | Bayer 04 Leverkusen II VfL Borussia Mönchengladbach II | VfB Speldorf | SV 19 Straelen | KFC Uerdingen 05 SSVg Velbert | Wuppertaler SV Borussia II
Düsseldorf Kategorie:Düsseldorf