Die Olimpiese Somerspele 2032 (Engels: 2032 Summer Olympics), amptelik bekend as die Spele van die XXXVste Olimpiade, sal tussen 23 Julie en 8 Augustus 2032 in Brisbane, Australië, aangebied word. Dit sal die 35ste aanbieding van die Somerspele sedert 1896 wees. Dit sal ook die derde keer wees dat Australië die spele organiseer na hulle eerste spele in 1952 in Melbourne en 2000 in Sydney. Verder sal dit die vierde Olimpiese Somerspele in die Suidelike Halfrond wees, ná die Olimpiese Somerspele 2016 in Rio de Janeiro, Brasilië.

duimnael|links|The Gabba-krieketveld sal as Olimpiese Stadion vir die Olimpiese Somerspele 2032 dien Die opening- en sluitingseremonies sal in The Gabba-krieketveld in Brisbane plaasvind. Soos gebruiklik sal die lande in alfabetiese volgorde die stadion instap met Griekeland die eerste en die gasheer Australië die laaste, maar aangesien die plaaslike taal Engels is, sal dié taal se alfabet gebruik word om die volgorde te bepaal.

Die Paralimpiese Somerspele 2032 sal in Brisbane gehou word.

Toewysing duimnael|upright|John Coates, hoof van Brisbane se reëlingskomitee Van die stede wat hulleself beskikbaar gestel het om die Spele aan te bied sluit in (die lys is nie volledig nie): Afrika Kaïro, Egipte Accra, Ghana Johannesburg, Suid-Afrika

Asië Delhi of Mumbai, Indië Djakarta-Palembang, Indonesië Kuala Lumpur, Maleisië en 23px|raam Seoel-Pjongjang, Korea Sjanghai-Hangzhou-Nanjing, Volksrepubliek China

Europa Ruhrgebied, Duitsland (met Seilvaart in Kiel) Boedapest, Hongarye Sint Petersburg, Kazan en Sotsji, Rusland Madrid-Valencia, Spanje (met bestaande geriewe in Zaragoza, Andalusië) Amsterdam, Nederland (met ander geriewe regoor die land)

Oseanië Brisbane, Australië Melbourne, Australië Doha, Katar

Suid-Amerika Buenos Aires, Argentinië

Brisbane is op 21 Julie 2021 in Tokio deur die Internasionale Olimpiese Komitee gekies as gasheer vir die Olimpiese Somerspele in 2032. Dié stad was reeds voor die amptelike toekenning gunsteling om die Spele aan te bied.

Sporte Moontlike sportsoorte Volgens die huidige beleid van die Internasionale Olimpiese Komitee bevat die Olimpiese Somerspele se program 28 kernsporte wat tydens al die Spele beoefen word, terwyl ander sporte met ondersteuning deur die IOK en die reëlingskomitee ingesluit kan word om die plaaslike belangstelling te verhoog. Die aantal atlete word op 10 500 beperk.

'n Aantal beheerliggame het planne aangekondig om sporte in die Olimpiese Somerspele 2032 se program te laat opneem: In Julie 2021 het die Internasionale Rugby League (IRL) se voorsitter Troy Grant daarna verwys dat die insluiting van Rugby League by die Olimpiese en Paralimpiese Somerspele 2032 'n "prioriteit" vir dié beheerliggaam is, met die fokus op Rugby League Nege en rolstoelrugbyleague. Queensland het 'n bekende Rugby League-aanhangerskultuur. In Augustus 2021 het die Internasionale Krieketraad (IKR) aangekondig om 'n werksgroep in te stel wat die insluiting van krieket by die Olimpiese Somerspele 2028 en/of die Olimpiese Somerspele 2032 sal ondersoek, insluitende verteenwoordigers van VSA Krieket, die Asiatiese Krieketraad, Engelse en Walliese Krieketraad (ECB) en Zimbabwe Krieket. Dié aansoek word ook deur die Raad vir Beheer van Krieket in Indië (BCCI) ondersteun. Krieket is een van die gewildste sportsoorte in Australië en Krieket Australië is een van die IKR se twaalf volle lede. In Augustus 2021 het Wêreldnetbal aangekondig om met ondersteuning van Netbal Australië vir die insluiting van netbal te bid. Die land het die Netbalwêreldbeker sedert sy invoering elf keer gewen. Die aansoek staar 'n moontlike struikelblok in die gesig met die IOK se huidige beleid van geslagsbalansering, aangesien vrouenetbal op die elite-vlak meer gewild is as die mans s'n. Mansnetbal het die afgelope paar jaar egter 'n sterk groei getoon.

Olimpiese sportsoorte 32 Olimpiese sporte sal tydens die Spele beoefen word. Tydens die Spele sal 329 medaljes oorhandig word.

Stadions Brisbanesone duimnael|Brisbane Convention & Exhibition Centre in 2012 duimnael|Buiteaansig van die Suncorpstadion in 2005 duimnael|Brisbane Showgrounds in 2011 duimnael|Die Robina-Stadium gesien vanaf die westelike pawiljoen tydens 'n nasionale rugbyligawedstryd tussen Gold Coast Titans en Brisbane Broncos in 2021 duimnael|Gold Coast Convention and Exhibition Centre in 2012 duimnael|Die Noord-Queensland-stadion in 2020 duimnael|Die Melbourne Reghoekige Stadion tydens die Asiatiese beker 2015 Stadion Sporte Kapasiteit Gebied StatusThe GabbaAtletiek (baan en veld), seremonies50 000BrisbanerivierKlaar (opgeknap)Brisbane Convention & Exhibition Centre6 000 (Saal 1)6 500 (Saal 2)6 000 (Saal 4)Tafeltennis, Pluimbal, Skermsport, TaekwondoBrisbanerivierKlaarSuidoewer Piazza4 5003x3 BasketballBrisbanerivierKlaarSuidoewer Cultural Forecourt4 000BoogskietBrisbaneriverKlaarLangpark52 000Sokker (eindstryde), SewesrugbyBrisbanerivierKlaarBrisbane Showgrounds15 000RuitersportHerstonKlaarVictoriapark25 000Fietsry (BMX vryslag), Ruitersport (Driefasekompetisie)HerstonTydelikBallymorestadion10 000 (Veld 1) 5 000 (Veld 2)VeldhokkieHerstonKlaarBrisbane Indoor Sports Centre12 000BasketballHerstonBeplan (nuut)Sleemansenter10 000 (Chandler Theatre)5000 (Anna Meares Velodrome)4 300 (Brisbane Aquatics Centre)2 000 (Brisbane International Shooting Centre)GimnastiekFietsry (Baan en BMX wedvaart)Watersport (Sierduik, Gesinchroniseerde swem, Waterpologroepwedstryde)SkyfskietChandlerKlaar (opgeknap)Brisbane Entertainment Centre11 000HandbalNoord-BrisbaneKlaarMoreton Bay Indoor Sports Centre7 000BoksNoord-BrisbaneKlaarManly Boat Harbour10 000SeilvaartOos-BrisbaneTydelikRedland Whitewater Centre8 000Kanovaart (Slalom)Oos-BrisbaneBeplan (nuut)Queensland Tennis Centre5 500TennisSuid-BrisbaneKlaarWyaralong Flatwater Centre14 000Roei, Kanovaart (Snel)Suid-BrisbaneKlaar (opgeknap)Ipswichstadion10 000Moderne vyfkampSuid-BrisbaneKlaar

Goudkussone Stadion Sporte Kapasiteit Gebied StatusGold Coast Convention & Exhibition Centre6 000 (Arena)5 000 (Saal 3)Gewigoptel, Vlugbal (groepwedstryde)BroadbeachKlaarBroadbeachparkstadion12 000StrandvlugbalBroadbeachTydelikGold Coast Sports and Leisure Centre12 000Judo, StoeiCarraraKlaarRoyal Pines Resort15 000GholfCarraraKlaarSouthport Broadwater Parklands5 000Driekamp, Watersport (Maratonswem)SouthportTydelikCoomera Indoor Sports Centre11 000VlugbalNoord-GoudkusstadKlaarRobinastadion27 400Sokker (groepwedstryde)Suid-GoudkusstadKlaar

Sonskynkussone Stadion Sporte Kapasiteit Gebied StatusSonskynkusstadion20 000Sokker (groepwedstryde)KawanaKlaar (opgeknap)Sunshine Coast Indoor Sports Centre6 000Basketbal (groepwedstryde)KawanaBeplan (nuut)Alexandra Headland5 000Fietsry (Pad)Atletiek (maraton en resiesloop)Seilvaart (vlieërseil)SonskynkusTydelikSunshine Coast Mountain Bike Centre10 000Fietsry (Bergfietsry)SonskynkusKlaar (opgeknap)

Streeksone Van die stadions is tydens die Olimpiese Somerspele 1956 of die Olimpiese Somerspele 2000 ingespan. Stadion Sporte Kapasiteit Gebied StatusTownsvilleNoord-Queensland-stadion25 000Sokker (groepwedstryde, kwarteindstryde)KlaarCairnsBarlowpark20 000Sokker (groepwedstryde, kwarteindstryde)Klaar (opgeknap)ToowoombaToowoomba Sportveld15 000Sokker (groepwedstryde, kwarteindstryde)Klaar (opgeknap)SydneySydney Voetbalstadion42 500Sokker (groepwedstryde, kwarteindstryde)Klaar (opgeknap in 2022)MelbourneMelbourne Reghoekige Stadion30 050Sokker (groepwedstryde, kwarteindstryde)Klaar

Sien ook Olimpiese Somerspele 1956 in Melbourne Olimpiese Somerspele 2000 in Sydney

Verwysings

Eksterne skakels

Olimpiese Somerspele 2032 op Brisbane se amptelike webwerf Brisbane 2032 Olympic.org. Internasionale Olimpiese Komitee. Resultate en medaljewenners Olympic.org. Internasionale Olimpiese Komitee.

Kategorie:Geskiedenis van Australië 2032 2032 Kategorie:Sport in 2032 Kategorie:Sport in Brisbane