Die Soechoi Su-11 is 'n Sowjet vegvliegtuig wat uit die Soechoi Su-9 ontwikkel is. Produksie het in 1965 begin; dit het 'n verbeterde radar, kragtiger motor en verbeterde wapens gehad. Die neus was verleng omrede die nuwe Uragan 5B radar groter was. Die nuwe missiele was die langstrek Anab lug-tot-lugmissiele wat in pare saamgedra is. Die een was hitte geleidend en die ander radar geleidend. Die Su-11 was nooit uitgevoer na enige Warskouverdrag-lande nie.

Tegniese besonderhede + Besonderhede van die Soechoi Su-11: Item Statistiek Aantal motors 1 Tipe motor Straalmotor Vervaardiger Lyulka AL-7F turbostraal met nabrander Kraglewering per motor 10 000 kg stukrag Vlerkspan 8,43 m Lengte 17,4m Hoogte 4,88 m Vlerkoppervlakte 26,0 m2 Maksimum opstygmassa 14 000 kg Maksimum snelheid 1 915 km/h Operasionele hoogte 17 000 Togafstand 1 450 km Klimvermoë 8 230 m per minuut Bewapening Twee AA-3 Anab langstrek lug-tot-lug missiele

Sien ook Lys van vegvliegtuie

Bron Crosby, Francis: THE WORLD ENCYCLOPEDIA OF FIGHTERS & BOMBERS. 2015.

Kategorie:Vegvliegtuie Kategorie:Russiese wapentuig