Lassakoors is 'n baie besmetlike, akute en aanmeldbare virussiekte beperk tot Afrika. Die virus word oorgedra deur die Natalse vaalveldmuis (Mastomys natalensis). Die siekte word gekenmerk aan 'n hoë koors en die ontsteking van verskeie organe. Tans bestaan daar geen geneesmiddel teen lassakoors nie en ongeveer die helfte van die pasiënte wat die virus opdoen, sterf. Dit is vernoem na die plek Lassa in Nigerië waar dit in 1969 ontdek is. Die virus ressorteer net soos die Marburgkoors onder die hemorragiese (d.w.s. bloeding-) koorssoorte.

In Maart 2018 is Lassakoors in die volgende Afrikastate as endemies beskou: Benin, Ghana, Guinee, Liberië, Mali, Nigerië, Sierra Leone en Togo. Die virus kom ook sporadies voor in die Sentraal-Afrikaanse Republiek, Senegal en ander Afrikalande.Lassa fever on the increase in West Africa , by Travel Health Pro: Public Health England, 14 Maart 2018

Omskrywings in Afrikaanse woordeboeke Volgens die WAT word lassakoors omskryf as: "Uiters aansteeklike koorssiekte met 'n hoë sterftesyfer, gekenmerk deur die aantasting van verskillende organe, mondsere en 'n veluitslag, en veroorsaak deur 'n virus wat deur die vaalveldmuis, Praomys (Mastomys) natalensis, na die mens oorgedra word."

In die Pharos Woordeboek vir die Gesondheidswetenskappe (2011) word geskryf onder "Lassa-koors" : "Soönotiese, hemorragiese virussiekte met hoë mortaliteit, endemies in Sentraal-Wes-Afrika."Pharos Woordeboek vir die Gesondheidswetenskappe. 2011. s.v. Lassa-koors. Tweede en uitgebreide uitgawe. Kaapstad: Pharos Woordeboeke. bl. 437.

Ontdekking Tussen 1950 tot 1970 is 107 persone as gevolg van die navorsing alleen oorlede.Limburgsch dagblad. 1970. Dodelijk virus in Nigeria ontdekt. 12 februari, bl. 4

Lassakoors is in 1969 die eerste maal identifiseer en geïsoleer. In Nigerië sterf destyds 'n Amerikaanse sendelingsuster (Laura Wine) aan 'n vreemde siekte; sy het by 'n pasiënt in die kraamsorg aangesteek; dit was in die dorpie geleë in die deelstaat, Borno, Nigerië.Ross I. Donaldson: The Lassa Ward: One Man’s Fight Against One of the World’s Deadliest Diseases. In: St. Martin’s Press, 2009, , ., Centers of Disease Control and Prevention, Atlanta, US Department of Health & Human Services Wine word na die Nigeriese stad Jos gebring, waar sy oorlede is. Daarna word nog twee persone besmet, waaronder die 42-jarige verpleegster Lily Pinneo, wat na Laura Wine omgesien het. Die ander (anonieme) verpleegster is in Jos dood.

Pinneo is eers na Lagos vervoer, en vandaar na New York. Sy bring volgens die beriggewing op 12 Februarie 1970 reeds nege weke in die hospitale deur, verloor 14 kilogram en byna al haar hare het uitgeval.

Monsters van Pinneo is na die Yale-universiteit in New Haven gestuur, waar die siekte vir die eerste maal as 'n nuwe virus, vandag bekend as Lassa mammarenavirus, geïsoleer is. Pinneo het herstel.

In Junie 1969 word dr. Jordi Casals, wat leiding verskaf het tydens die Yale-ondersoek ernstig siek, en ook hy word in die hospitaal opgeneem. Die bloed wat ondertussen van die herstellende Lily Pinneo tot 'n soort inentingsstof gemaak is, het wel dr. Casals se lewe gered. Hy keer toe terug na Yale om die ondersoek voort te sit, maar die ondersoek word gestaak toe 'n assistent van dr. Casals, naamlik Juan Roman, die siekte kry en sterf. In 1970 het Yale verklaar dat waarskynlik niemand gevaar loop om in die Verenigde State die siekte op te doen nie. Die wetenskaplikes in Afrika is wel vroegtydig gewaarsku.

Die wetenskaplikes het meer as 640 verskillende diere in die Lassaomgewing gevang. Bloed, longe, harte, milte en niere is na die gespesialiseerde laboratorium van de Amerikaanse sentrum vir siektebestryding en -voorkoming (CDC) gestuur.Van Dooren, P. 2002. Virussen en bacteriën in opmars. Leuven: Uitgeverij Davidsfonds, p. 152-153: Twee jaar later was het weer zover. Ditmaal doodde de 'nieuwe' ziekte al langer zwarten, maar ze werd pas ontdekt toen in 1969 Amerikaanse missiezusters in een ziekenhuis in het Nigeriaanse dorp Lassa ziek werden. De symptomen leken angstwekkend veel op Marburg. Het virus bleek echter niet draadvormig, maar bolvormig te zijn. Het was met andere woorden geen filovirus, maar een arenavirus. Het doodde bijna Jordi Casals, de viroloog van de Yale-universiteit die het virus identificeerde. Casals haalde het dankzij serum, zijn laborant stierf wel. Wetenschappers vingen meer dan 640 verskillende dieren rond Lassa. Bloed, longen, harten, milten en nieren werden [p. 153] naar het gespecialiseerde laboratorium van de Amerikaanse CDC gestuurd. Slechts één dier bleek positief, een gewone bruine rat, Mastomys natalensis. Zijn urine krioelde van de virussen. Mensen worden besmet via inademing van gedroogde urine of via contact met urine langs huidwondjes. Dat contact valt het slachtoffer niet op: de ratten plassen overal op en ook opgedroogde urine blijft gevaarlik. Ook al trof Lassakoorts veeleer de zwarten dan de blanken, de ziekte moet ook voor hen redelijk nieuw zijn, want Afrikanen zijn niet immuner dan blanken. Lassa is endemisch in Sierra Leone, Liberia, Nigeria en Guinea, maar eigenaardig genoeg niet in het gehele verspreidingsgebied van de rat. Jaarlijks zijn er honderdduizenden gevallen, waarvan 10% sterft. Het virus telt verschillende stammen, die al duizenden jaren onder knaagdieren moeten huizen. Wat er zou gebeuren als een besmette rat het schip of het vliegtuig kan nemen, weet niemand.[p. 154] In 1972 is vasgestel dat die Natalse vaalveldmuis (Mastomys natalensis) die vernaamste virusdraer is wat vryelik in Wes-Afrika voorkom; die virus word deur die urine en stoelgang uitgeskei, sonder om enige sigbare simptome te toon.

In 1973 is daar in 'n Londense hospitaal 'n vrou met die siekte opgeneem, maar sy het genees daarvan.De tijd. 1974. Nog nooit Nederlander met lassa-koorts. 23 maart: 3

Op 20 Maart 1974 word berig 'n Wes-Duitse arts, die 33-jarige Bernhard Mandrella, sou binne enkele dae per virusdigte Amerikaanse Apollo-kapsule (of, maankapsule) vanaf Nigerië na die Duitse Bondsrepubliek vervoer word. Daar was ook 'n bietjie politiek hierby betrokke, want die Wes-Duitse deskundiges wou glad nie gehad het dat 'n uiters besmetlike siekte oor Europa se drumpel ingevoer word nie, terwyl die Nigeriese regering aangevoer het dat die Lassakoors 'n epidemie onder die blankes kon veroorsaak, want, so het die Nigeriese regering destyds aangevoer: slegs blankes het tot dusver die siekte onder lede gekry. Mandrella was in diens van 'n Wes-Duitse katolieke organisasie vir ontwikkelingshulp, en het dieselfde siekte by 'n kollega aangesteek wat enkele weke tevore aan die siekte oorlede is ("bakteriële bloedvergiftiging" was die onjuiste diagnose destyds).Van der Zee, S. 1974. Ziekentransport per Apollocapsule Nieuw virus bedreigt blanken in Nigeria. NRC Handelsblad, 20 maart, bl. 5 Hierdie 29-jarige kollega werksaam by die hospitaal in Onitsha (sterf 20 Februarie 1974)Leeuwarder courant. 1974. Duitse arts met Lassa-koorts teruggevlogen uit Afrika. 22 maart:17De tijd. 1974. Doodziek uit Nigerië naar huis. Duitse arts besmet met nieuw virus. se naam was Egon Sauerwald. Die plan was: Mandrella sou eers na 'n isolasiestasie in Ebstorff op Lünenburger Heide gebring word, voordat hy aan die Duitse Trope-instituut in Hamburg toevertrou is. Die Wes-Duitse regering dra die koste van die reddingsaksie.Tubantia. 1974. Forse reddingsactie voor lijder aan uiterst gevaarlijke ziekte. 21 maart: 15 Op 21 Maart 1974 vertrek 'n Wes-Duitse Boeing 707 na Nigerië om die dokter te gaan haal. Die dokter is ondersoek deur prof. J. Casals van die Yale-universiteit. Tussendeur die toutrekkery tussen die Wes-Duitse ministeries van wat gedoen moes word, het die Stuttgartse Reddingsdiens die knoop deurgehaak en die sieke sonder kapsule gaan haal. 'n Lugdigte kajuit is wel ingebou. Casals het besluit dat die infeksiegevaar oor sy ergste was, maar dat die behandeling in Europa dringend noodsaaklik sou wees. Ook die Duitse mediese spesialiste was dit eens dat die ergste besmettingsgevaar verby is. Die gebruik van NASA se kapsule was dus onnodig; volgens die Amerikaners sou die voorbereiding van die kapsule nog twee dae moes duur, terwyl die Wes-Duitse ministerie onseker was of die Duitse lugmag 'n vliegtuig groot genoeg gehad het om hierdie isolasiekapsule in te monteer en te vervoer.De Volkskrant. 1974. Bonn weigerde zieke dokter op te halen. 21 maart, 5Van der Zee, S. 1974. Arts in maancapsule naar Hamburg. NRC Handelsblad, 21 Maart:5 Ook Lufthansa het ingewillig tot die reddingsaksie, al sou dit beteken het die bemanning moes 14 dae in kwarantyn verkeer.Het parool. 1974. Zieke arts na weken gered. 21 maart:5 Die Boeing 707 land die aand van 21 Maart 1974 op die Hamburgse vliegveld wat hermeties afgeslote was. Niemand, buiten die hospitaalpersoneel, mag binne 'n radius van 100 meter van Mandrella kom nie.Het Parool. 1974. Doodzieke arts in Duitsland terug. 22 maart:1 Op die Boeing-707 is Mandrella vergesel deur vier bemanningslede, twee dokters, drie Nigeriese verpleegsters en een verteenwoordiger van die Wes-Duitse Ministerie van Volksgesondheid. Weens die geharwar, het minstens 'n week verloop voordat die Duitse owerheid uiteindelik dr. Mandrella te hulp gesnel het.Algemeen Dagblad. 1974. Doodzieke arts opgehaald. 23 maart, bl. 9 Die dokter is ook, wel soos beplan, na die (pokke)kwarantynkliniek in Ebstorff, Nedersakse, oorgeplaas;Nieuwsblad van het Noorden. 1974. Plastic tegen virus. 23 maart:1 by sy vervoer is sover moontlik alle digbevolkte gebiede vermy.Limburgsch dagblad. 1974. Dokter Mandrella 'darf nicht sterben'. 23 maart, 2 Op 9 April 1974 word berig die Duitse dokter is genees, en dr. Mandrella wil dadelik terugkeer na Nigerië waar hy die siekte opgedoen het.Nieuwsblad van het Noorden. 1974. Arts geneest van gevaarlijke ziekte. 09 april: 3 Op 13 April word berig dat hy binnekort ontslaan sou word uit die kwarantynafdeling van die Hamburgse trope-instituut op die Lüneburger Heide.Limburgsch dagblad. 1974. Een moedig man. 13 april:2 Dr. Mandrella keer op 20 Junie 1974, volkome genees, na die hospitaal in Onitsha terug om sy werk daar te hervat. Hy het wel sy bloed beskikbaar gestel vir die vervaardiging van 'n serum. Algemeen Dagblad. 1974. Besmette Duitse arts genezen. 21 Junie:9

Die Wêreldgesondheidsorganisasie in Genève beskou dit in 1974 as "volstrekte onsin" dat die gevreesde Lassakoors, volgens die Duitse bronne, slegs blankes sou tref in Nigerië. Skaars 'n jaar nadat die virus in 1969 'n naam gekry het, breek 'n klein epidemie in Bassa (in Midde-Nigerië) en in 1972 by Zorzor (Liberië) en Sierre Leone vernaamlik onder swart inwoners van hierdie lande uit. Gemiddeld sterf daar ongeveer 50 persent van die pasiënte. Die organisasie voer ook aan via die urine van knaagdiere, veral van een bepaalde "rot" wat in Nigerië, Guinee, Sierra Leone en Liberië baie voorkom, kan 'n mens, ongeag sy velkleur, besmet word. Mense kan ook die draer van die siekte wees, sonder om enige simptome te toon. Die draers kan dus ook dan ander mense besmet. De Winter, S. 1974. 'Lassa-koorts kan ook dodelijk zijn voor niet-blanke patiënten. NRC Handelsblad. 22 maart, bl. 4

In 1970 is daar 'n tweede uitbraak van die epidemie, en inderdaad in Jos, Nigerië, en ook in 'n hospitaal. 28 pasiënte word geraak, waarvan 27 Nigeriërs. Dit het getoon dat dit nie alleen blankes is wat getref word soos algemeen beweer is nie, maar wel pasiënte of die verplegende personeel. Nagenoeg die helfte sterf. Nog 'n epidemie volg in 1972 in Liberië, weereens in 'n hospitaal (daar was 11 pasiënte) en in Sierre Leone. By laasgenoemde duur die epidemie 'n jaar lank, en die aantal siekes styg tot 63. Ook ongeveer die helfte van die siekes sterf. Die deskundiges het begin besef daar is veel meer mense daarbuite wat die siekte onder lede het as wat aanvanklik vermoed is, maar slegs by enkeles ly dit tot 'n ernstige toestand.