Die Formosaanse tale is die tale van die eiland Taiwan (Republiek China) se inheemse bevolking en behoort tot die Austronesiese tale. Die deur die regering erkende Taiwanese aborigines vorm sowat 2,3% van die eiland se bevolking. Council of Indigenous Peoples, Executive Yuan As gevolg van eeue se taalverskuiwing kan baie min van hulle nog die taal van hul voorvarders praat. Van die sowat 26 tale van die Taiwanese aborigines is tien reeds uitgestorwe, vier (moontlik vyf) is sterwend, en verskeie ander is op 'n vlak bedreig.
duimnael|links|Migrasie van die Polinesiese volke vanaf Taiwan na die Polinesiese Driehoek met Hawaii, Nieu-Seeland en Paaseiland as sy hoekpunte Die inheemse tale van Taiwan is belangrik vir die historiese taalwetenskap, omdat Taiwan die plek van oorsprong vir die hele Austronesiese taalgroep vorm. Volgens die taalkundige Robert Blust vorm die Formosaanse tale nege van die tien hooftakke van die Austronesiese tale, terwyl die tiende oorblywende hooftak omtrent 1 200 Maleis-Polinesiese tale buite Taiwan bevat. Hoewel party taalkundiges met sommige details van Blust se analise verskil, bestaan 'n breë konsensus dat die Atayaliese tale op Taiwan ontstaan het. Dié teorie is deur onlangse studies in die menslike bevolking se genetika versterk en ondersteun ook die matrilineêre aard van die migrasie. Whyte, A. L. H. "Human Evolution in Polynesia". Human Biology , Volume 77, Number 2, April 2005, bl. 157–177. Underhill, P. A. et al. "Maori origins, Y-chromosome haplotypes and implications for human history in the Pacific". Human Mutation, Volume 17, Issue 4, bl. 271–280. Chu C. C. et al. "Diversity of HLA among Taiwan’s indigenous tribes and the Ivatans in the Philippines". Tissue Antigens , Volume 58, Number 1, Julie 2001, bl. 9–18(10).
Al die Formosaanse tale word bestendig deur die kultureel dominante Chinees-Mandaryns bedreig. In die onlangse dekades het die Taiwanese regering die herinvoering van die taalonderrig vir die Formosaanse tale geïnisieer. Hui-chi Lee: A Survey of Language Ability, Language Use and Language Attitudes of Young Aborigines in Taiwan. In: Charlotte Hoffmann, Jehannes Ytsma (Hrsg.): Trilingualism in Family, School, and Community. Multilingual Matters, Clevedon / Buffalo 2004, , bl. 101–117. Greg. Huteson: Sociolinguistic survey report for the Tona and Maga dialects of the Rukai Language. (PDF; 1 MB) SIL Electronic Survey Reports 2003-012, SIL International:Dallas TX 2003 Die Formosaanse tale vorm sedert 2017 saam met Chinees-Mandaryns, Taiwannees en Hakka die amptelike tale van die Republiek China op Taiwan.
Lys van tale Lewende tale duimnael|Die Formosaanse tale duimnael|Die Formosaanse tale, volgens Blust (1999) duimnael|Die Formosaanse tale, volgens die Austronesian Basic Vocabulary Database (Greenhill, Blust & Gray 2008) duimnael|Die Formosaanse tale, volgens Ross (2009) Dit is dikwels moeilik om te besluit waar die grens tussen 'n taal en 'n dialek getrek kan word, wat tot 'n meningsverskil onder geleerdes rakende die indeeling van Formosaanse tale lei. Daar is selfs meer onsekerheid oor moontlike uitgestorwe of geassimileerde Formosaanse mense. Algemene voorbeelde van Formosaanse tale word hieronder gegee, maar die lys moet nie as volledig beskou word nie.
Taal Kode Aantal dialekteDialekteNotasAmis ami 5'Amisay a Pangcah, Siwkolan, Pasawalian, Farangaw, PalidawAtayal tay 6Squliq, Skikun, Ts'ole', Ci'uli, Mayrinax, Plngawanhoë dialekdiversiteit, soms as afsonderlike tale beskouBunun bnn 5Takitudu, Takibakha, Takivatan, Takbanuaz, Isbukunhoë dialekdiversiteitKanakanabu xnb 1 sterwendKavalan ckv 1 in sommige bronne as sterwend gelys, alhoewel verdere analise anders kan wysPaiwan pwn 4Oostelik, noordelik, sentraal, suidelikPuyuma pyu 4Puyuma, Katratripul, Ulivelivek, KasavakanRukai dru 6Ngudradrekay, Taromak Drekay, Teldreka, Thakongadavane, 'OponohoSaaroa sxr 1 sterwendSaisiyat xsy 1 Sakizaya szy 1 Seediq trv 3Tgdaya, Toda, (Truku)Thao ssf 1 sterwendTruku 1 Tsou tsu 1 Yami tao 1 ook Tao genoem
Hoewel Yami nie geografies in Taiwan versprei is nie, word dit taalkundig as 'n Formosaanse taal geklassifikeer.
Uitgestorwe tale Taal Kode Aantal dialekteDialekteNotas, aantal sprekers Basay byq 1 0. Ketagalan kae 1 0. Babuza bzg 3? Babuza, Takoas, Favorlang (?). 0. Taokas (bzg) 3? Babuza, Takoas, Favorlang (?). 0. Laat 19de eeu. Deurlopende herlewingspogings. Favorlang (bzg) 3? Babuza, Takoas, Favorlang (?). 0. Papora ppu 2? Papora, Hoanya (?). 0. Hoanya ppu 2? Papora, Hoanya (?). 0. Taivoan – 1 0. Laat 19de eeu. Deurlopende herlewingspogings. Pazeh uun 1 0. Siraya fos 2? Siraya, Makatao (?). 0. Laat 19de eeu. Deurlopende herlewingspogings. Makatao (fos) 2? Siraya, Makatao (?). 0. Laat 19de eeu. Deurlopende herlewingspogings.
Verwysings
Bronnelys Blust, Robert A. 2009. The Austronesian Languages. Canberra: Pacific Linguistics, Research School of Pacific and Asian Studies, Australian National University. , .
Eksterne skakels
Kategorie:Austronesiese tale Kategorie:Taalfamilies Kategorie:Tale van Taiwan