Kimbundu, ook Noord-Mbundu genoem, is een van Bantoetale wat Mbundu genoem word (die ander is Umbundu of Suid-Mbundu). Dit is die tweede mees verspreide inheemse taal van Angola met sowat 1,7 miljoen moedertaalsprekers (8% van die bevolking) en word hoofsaaklik deur die Ambundu-volk gepraat. In Angola word dit as een van ses nasionale tale erken, naas die amptelike taal Portugees.
duimnael|links|Verspreiding van etniese groepe in Angola, 1970 (helderbruin: Ambundu) duimnael|links|'n Man uit Angola gee 'n voorbeeld van Kimbundu Kimbundu word veral in die noorde van Angola oos van die hoofstad Luanda gebesig. Dit is in die provinsies Bengo, Cuanza Norte, Malanje en die noorde van Cuanza Sul versprei. Kimbundu is met Umbundu verwant, maar hulle is nie onderling verstaanbaar nie.
Verwysings
Kategorie:Bantoetale Kategorie:Tale van Angola