Die Mitsubishi F-2 is 'n Japannese vegvliegtuig wat ontwikkel is uit die General Dynamics F-16 Fighting Falcon. Die prototipe het sy nooiensvlug op 7 Oktober 1995 onderneem. Daarna is die produksie-eenhede sedert 2000 aan die Japan Air Self-Defence Force verskaf. Hulle het 130 vliegtuie bestel om die JASDF se Mitsubishi F-1 te vervang. Die program het egter tegniese probleme ondervind en elke vliegtuig het vier keer soveel as 'n F-16 gekos.

Die Japannese FS-X projek se oorspronklike doelwit was om 'n suiwer Japannese produk te ontwikkel maar in 1987, as gevolg van politieke druk deur die Verenigde State, is die F-16 gekies as die basis van die nuwe vliegtuig. Die F-2 is 25 persent groter as die F-16 en toegerus met 'n Japanneesvervaardigde radar in die neus. Die romp is ook langer as die F-16 s'n terwyl dit ook Japannese elektroniesepuls-beheertegnologie gebruik, die VSA wou nie hulle s'n vryelik beskikbaar stel nie.

Tegniese besonderhede + Besonderhede van die Mitsubishi F-2: Item Statistiek Aantal motors 1 Tipe motor Straalmotor Vervaardiger General Electric F110-GE-129 turbowaaier met nabrander Kraglewering per motor 13 444 kg stukrag Vlerkspan 11,13 m Lengte 15,52 m Hoogte 4,96 m Vlerkoppervlakte 34,8 m2 Maks. opstygmassa 22 100 kg Maks. snelheid Mach 2 Operasionele hoogte 15 250 m Togafstand 830 km Klimvermoë Onbekend Bewapening Een 20 mm kanonSidewinder/Mitsubishi lug-tot-lug missieleop vlerkpunte asook punte vir ander missiele

Sien ook Lys van vegvliegtuie

Bron Crosby, Francis: THE WORLD ENCYCLOPEDIA OF FIGHTERS & BOMBERS. 2015.

Kategorie:Vegvliegtuie