Eisleben, sedert 1946 ook genoem Lutherstadt Eisleben, is 'n stad in die deelstaat Sakse-Anhalt, Duitsland.
Die stad het 'n bevolking van sowat 24 000 in 2017 gehad en 'n oppervlakte van sowat 144 km².
Eisleben lê oostelik van die Harz-gebergte.
Die Protestantse Hervormer Martin Luther is in Eisleben gebore en gestorwe.
Kategorie:Nedersettings in Sakse-Anhalt Kategorie:Wêrelderfenisgebiede in Duitsland