Ahmed Aboutaleb, Arabies: أحمد أبو طالب , Berbers: ⴰⵃⵎⴻⴷ ⴰⴱⵓⵟⴰⵍⴻⴱ , (gebore op 29 Augustus 1961 in Beni Sidel) is 'n Nederlandse politikus van Marokkaanse afkoms wat aan die PvdA behoort.

Van 2009 tot 2024 was hy die burgemeester van Rotterdam gewees.

Aboutaleb het in 1976 na Nederland geëmigreer. Hy het in telekommunikasie studeer, as 'n joernalis en beampte gewerk en was 'n direkteur van Forum, 'n organisasie vir multikulturele vraagstukke.

Van 2004 tot 2007 was hy die adjunk-burgemeester van Amsterdam en van 2007 tot 2008 adjunk-minister vir sosiale sake en arbeid in die Balkenende IV-kabinet.

Ahmed Aboutaleb is 'n Moslem. Hy is getroud en het vier kinders.

Eksterne skakels

Ing. A. (Ahmed) Aboutaleb, Parlement.com Burgemeester Ahmed Aboutaleb op die Rotterdam se webwerf

Kategorie:Nederlandse adjunk-ministers Kategorie:Nederlandse burgemeesters Kategorie:Nederlandse joernaliste Kategorie:Marokkane Kategorie:Rotterdam Kategorie:Geboortes in 1961 Kategorie:Lewende mense