Die Douglas F4D Skyray is 'n Amerikaanse straalaangedrewe vegvliegtuig wat verskeie spoed en klim rekords opgestel het. Aërodinamiese toetse deur Duitsland tydens die Tweede Wêreldoorlog het die na-oorlogse Amerikaanse Vloot oortuig om die gebruik op vliegdekskepe van 'n deltavlerk vliegtuig te ondersoek. In 1947 het Douglas Corporation die gebruik van hul model XF4D-1 voorgestel vir die doel. Die eerste prototipe het sy nooiensvlug voltooi op 23 Januarie 1951. Die XF4D-1 se vermoë was gou duidelik, die tweede prototipe het op 3 Oktober 1953 'n nuwe wêreld lugspoed rekord opgestel van 1211.7 km/h.
Aflewering aan die Amerikaanse Vloot het in April 1956 begin aan 17 frontlinie en drie reserwe eenhede van die Amerikaanse Marinierskorps. Die F4D-1 het 'n buitengewone klimvermoë gehad vir sy tyd. Op 22 en 23 Mei 1958 het Majoor Edward LeFaivre vyf wêreldrekords vir klim na hoogtes verbeter. Dit het tot gevolg gehad dat die Amerikaanse Vloot se VFAW-3 eenheid, gebaseer by die vloot se lughawe te North Island, Kalifornië, gevra is om deel te word van die Noord Amerikaanse Lugverdediging Beheerkantoor en te help met verdediging teen die Sowjetunie se bomwerpers.
Die Skyray is in 1964 uit diens gestel.
Tegniese besonderhede + Besonderhede van die Douglas F4D Skyray: Item Statistiek Aantal motors 1 Tipe motor Straalmotor Vervaardiger Pratt & Whitney J57-P-8P turbostraal met nabrander Kraglewering per motor 6 577 kg stukrag Vlerkspan 10,21 m Lengte 13,93 m Hoogte 3,96 m Vlerkoppervlakte 51,75 m2 Maks. opstygmassa 11 340 kg Maks. snelheid 1 162 km/h Operasionele hoogte 16 765m Togafstand 1 931km Klimvermoë 5 580 m per minuut Bewapening Vier 20 mm kanonne bomme van 1814 kg onder vlerke
Sien ook Lys van vegvliegtuie
Bron Crosby, Francis: THE WORLD ENCYCLOPEDIA OF FIGHTERS & BOMBERS. 2015.
Kategorie:Vegvliegtuie