Wilbur Addison Smith (gebore op 9 Januarie 1933 - 13 November 2021) was 'n Zambies-Suid-Afrikaanse romanskrywer. Hy het in historiese fiksie oor Suider-Afrika gespesialiseer, beskou vanuit die gesigspunt van beide swart en wit gesinne. Hy was aanvanklik 'n rekeningkundige.
Na die verskyning van sy eerste roman getiteld When the Lion Feeds het hy 'n filmkontrak losgeslaan. Die internasionale sukses van When the Lion Feeds het hom aangemoedig om voltyds skrywer te word.
Hy het tot aan die einde sy uitgewer, Charles Pick, se raad toegepas dat mens moet skryf oor dinge wat jy die beste ken.
Wilbur Smith se werk bevat outentieke besonderhede oor die plaaslike jag- en mynbouleefwyse, sowel as die romantiek en konflik wat daarmee gepaard gaan.
Met ingang 2014 is daar wêreldwyd meer as 120 miljoen eksemplare van sy 35 gepubliseerde romans verkoop, waarvan 24 miljoen in Italië was.
Vroeë lewe Smith is gebore in Broken Hill, Noord-Rhodesië (nou Kabwe, Zambië). As baba was hy tien dae lank siek aan malaria, maar hy het ten volle herstel. Hy het die eerste jare van sy lewe op sy pa se veeplaas van 12 000 hektaar deurgebring, wat bosveld, heuwels en savanne insluit.
Op die plaas was sy metgeselle die jong seuns van die plaaswerkers wat dieselfde belangstellings as hy gehad het. Hy het saam met hulle deur die bos gewandel, gejag en voëls en klein soogdiere dopgehou en gevang.
Sy belangstelling in letterkunde is geprikkel deurdat sy moeder dikwels saans vir hom sprokies voorgelees het en later vir hom romans gegee het om te lees. Dit het sy belangstelling in fiksie op 'n vroeë ouderdom geprikkel. Sy vader het egter nie baie van sy seun se belangstelling gedink nie.
Persoonlike lewe Terwyl Smith na skool vir sy pa gewerk het, het hy op 5 Julie 1957 in Harare, Zimbabwe, met sy eerste vrou, Anne, in 'n Presbiteriaanse kerk in die huwelik getree. Daar is twee kinders ('n seun genaamd Shaun en 'n dogter genaamd Christen) uit die huwelik gebore. Die huwelik is in 1962 beëindig.
Hy het na die publikasie van sy eerste roman in 1964 met sy tweede vrou, Jewel, getrou. By Jewel het hy 'n seun (Lawrence) gehad. Ongelukkig het hierdie huwelik ook in 'n egskeiding geëindig.
Smith het hierna 'n jong weduwee genaamd Danielle Thomas ontmoet, wat op dieselfde dorp gebore is. Hulle het in 1971 getrou. Smith het sy boeke aan haar gewy; in 1999 sterf sy ná 'n ses jaar lange stryd aan breinkanker.
Hy het sy vierde vrou, Mokhiniso Rakhimova, destyds 'n regstudent wat aan die Universiteit van Moskou studeer het en 39 jaar jonger as hy is, in 'n WH Smith-boekwinkel in Londen ontmoet. Die twee het verlief geraak en is in Mei 2000 getroud.
Toe Smith met Danielle Thomas getroud was, het hy kontak met sy seun Shaun en dogter Christen verbreek. Hy is ook vervreem van sy seun Lawrence. Hy het Danielle se seun (Dieter Schmidt) uit 'n vorige verhouding aanvaar en aangeneem. Smith en Shaun het later versoen.
Hy het wonings in Londen, Kaapstad, Switserland en Malta besit. Vir 'n aantal jare het hy 'n huis in Seychelle gehad.
Bibliografie (chronologies) Jaar Titel Era Reeks 1964 When the Lion Feeds 1860's–1890's – Anglo-Zoeloeoorlog Courtney 1965 The Dark of the Sun 1960's – Kongokrisis – 1966 The Sound of Thunder 1899–1906 – Anglo-Boereoorlog Courtney 1968 Shout at the Devil 1913–15 – Eerste Wêreldoorlog – 1970 Gold Mine 1960's – 1971 The Diamond Hunters laat-1960's – 1972 The Sunbird modern tye/antieke tye – 1974 Eagle in the Sky moderne tye – 1975 The Eye of the Tiger moderne tye – 1976 Cry Wolf 1935 – Italiaanse inval van Ethiopië, Tweede Italiaans-Abessiniese Oorlog – 1977 A Sparrow Falls 1918–1925 – Eerste Wêreldoorlog, Randse Rebellie Courtney 1978 Hungry as the Sea moderne tye – 1979 Wild Justice ( in die VSA bekend as The Delta Decision) moderne tye – 1980 A Falcon Flies 1860's – blanke besetting van Rhodesië Ballantyne 1981 Men of Men 1870s–1890s – Eerste Matabele-oorlog Ballantyne 1982 The Angels Weep 1ste deel 1890's – Tweede Matabele-oorlog2de deel 1977 – Rhodesiese Bosoorlog Ballantyne 1984 The Leopard Hunts in Darkness 1980's – Zimbabwe Ballantyne 1985 The Burning Shore 1917–1920 – Eerste Wêreldoorlog Courtney 1986 Power of the Sword 1931–1948 – Tweede Wêreldoorlog Courtney 1987 Rage 1950's en 1960's Courtney 1989 A Time to Die 1987 – Mosambiekse Burgeroorlog Courtney 1990 Golden Fox 1969–1979 – Grensoorlog, Kubaanse betrokkenheid in Angola Courtney 1991 Elephant Song moderne tye – 1993 River God Antieke Egipte Egipties 1995 The Seventh Scroll moderne tye Egipties 1997 Birds of Prey 1660's Courtney 1999 Monsoon 1690's Courtney 2001 Warlock Antieke Egipte Egipties 2003 Blue Horizon 1730's Courtney 2005 The Triumph of the Sun 1880's – Beleg van Khartoem Courtney & Ballantyne 2007 The Quest Antieke Egipte Egipties 2009 Assegai 1906–1918 Courtney 2011 Those in Peril moderne tye Hector Cross 2013 Vicious Circle moderne tye Hector Cross 2014 Desert God Antieke Egipte Egipties 2015 Golden Lion 1670's, Oos-Afrika (met Giles Kristian) Courtney 2016 Predator moderne tye (met Tom Cain) Hector Cross 2016 Pharaoh Antieke Egipte Egipties 2017 War Cry 1918–1939 (met David Churchill) Courtney 2017 The Tiger's Prey 1700's (met Tom Harper) Courtney 2018 Courtney's War 1939-1945 Tweede Wêreldoorlog (met David Churchill) Courtney 2019 King of Kings 1880–1890's (met Imogen Robertson) Courtney & Ballantyne 2019 Ghost Fire 1754 (met Tom Harper) Courtney 2020 Legacy of war 1950's–1960's (met David Churchill) Courtneyhttps://www.wilbursmithbooks.com/books/legacy-of-war. Besoek op 21 Desember 2020 Call of the Raven Met Corban Addison Ballantynehttps://www.wilbursmithbooks.com/books/call-of-the-raven. Besoek op 16 Oktober 20252021 A New Kingdom Antieke Egipte (met Mark Chadbourn) Egiptieshttps://www.wilbursmithbooks.com/books/the-new-kingdom. Besoek op 16 Oktober 20252023 Storm Tide 1774 (met Tom Harper) Courtneyhttps://www.wilbursmithbooks.com/books/storm-tide. Besoek op 16 Oktober 2025
Lys van Wilbur Smith se boeke in Afrikaanse vertaling (nie volledig nie) Benewens vorige vertalings in Afrikaans, is Smith se werk onlangs deur Zirk van den Berg vertaal. https://maroelamedia.co.za/afrikaans/boeke/boek-donderslag/ Opgespoor en besoek op 18 Desember 2020
Engelse titel Afrikaanse titel Vertaler Oorspronklike jaar van publikasie Publikasiejaar van Afrikaanse uitgawe When the Lion Feeds Witwatersrandhttp://nb.bookslive.co.za/blog/2014/10/14/wilbur-smith-se-ikoniese-when-the-lion-feeds-nou-beskikbaar-in-afrikaans-as-witwatersrand/ Opgespoor en besoek op 18 Desember 2020 – 1964 2014 The Sound of Thunder Donderslag Zirk van den Berg 1966 2015 A Sparrow Falls Wildernis Zirk van den Berg 1977 2017https://www.litnet.co.za/boekresensie-wildernis-deur-wilbur-smith/ Opgespoor en besoek op 18 Desember 2020 Gold Mine Goudmyn Zirk van den Berg 1970 2017
Verwysings
Eksterne skakels
Wilbur Smith praat oor When the Lion Feeds op BBC World Book Club Onderhoud met Wilbur Smith oor die laaste roman
Amptelik Facebook bladsy
Kategorie:Suid-Afrikaanse skrywers Kategorie:Zambiese skrywers Kategorie:Rhodesiërs Kategorie:Geboortes in 1933 Kategorie:Sterftes in 2021