Hierdie artikel handel oor die Nylrivier in Suid-Afrika. Vir die bekende, langste rivier in die wêreld, sien Nylrivier.

Die Nylrivier (Engels: Nile River) is 'n rivier in Limpopo, Suid-Afrika. Dit is die boloop van die Ngwaditse (by Mokopane) en Mogalakwenariviere, wat eindelik 'n regtersytak van die Limpoporivier vorm. Noordoos van Modimolle loop dit deur 'n vloedvlakte wat deels deur die Nylsvley-natuurreservaat beskerm word. Sytakke in die boloop is die Olifantsspruit, Groot- en Klein-Nylriviere, wat onder meer die ooshange van die Waterberg dreineer.

Eksterne skakel Google-kaart van die Nylrivier se monding by Geonames.org (cc-by)

Bron South Africa Road Atlas. Mapstudio.

Verwysings

Kategorie:Riviere in Limpopo Kategorie:Limpoporiviersytakke