Hierdie is 'n lys van Islamitiese feeste en herdenkings volgens die Islamitiese kalender. Hulle is gerangskik volgens die feeste en herdenkings in die jaarkring en herdenk hoofsaaklik die lewe van die Islamitiese profeet Mohammed en die Koran. Eid-oel-Adha (Offerfees) en Eid-oel-Fiter (Suikerfees) is die twee heiligste feeste in Islam. Die tradisies van die feeste en herdenkings verskil effens, afhangend van die kultuur van die lande waar Moslems bly. 'n Ander verskil in feesviering bestaan tussen die Islamitiese rigtings Soenni, Sjia en Soefisme. Daarbenewens vier Soenniete en Sjiiete feeste en herdenkings nie op dieselfde dag nie, omdat die Islamitiese kalender tussen dié twee geloofsoortuigings effens verskil.

Feeste en herdenkings in die jaarkring Naam Arabies Vertaling Datum Nuwejaar رأس السنة الهجرية Nuwejaar 1 Muharram Asjoera ‏عاشوراء Tiende 10 Muharram Arba'een الأربعين Veertigste 20 Safar Eid-e-Sjoeja (Eid-e-Zahra) فرحة الزهراء Vreugde van Zahra 9 Rabi'-oel-Awwal Mawlid an-Nabi مَولِد النَّبِي Geboortedag van die profeet 12 (Soenniete) of 17 (Sjiiete) Rabi'-oel-Awwal Geboortedag van Ali مَولِد النَّبِي Geboortedag van die profeet 13 Rajab Lailat al-'Mi'raj الإسراء والمعراج Nagreis van Isra en Mi'raj 27 Rajab Lailat al-'Bara'at ليلة البراءة Nag van onskuld 15 Sja‘bān Geboortedag van Mohammed al-Mahdi مُـحَـمَّـد ابْـن ٱلْـحَـسَـن ٱلْـمَـهْـدِي Geboortedag van Mohammed al-Mahdi 15 Sja‘bān Ramadan رمضان Die warm maand Die hele maand Ramadan Lailat al-'Kadr لیلة القدر Nag van die lot of nag van krag 21 (Soenniete) of 27 (Sjiiete) Ramadan Chaand Raat جاند رات Nag van die maan 29 of 30 Ramadan Eid-oel-Fiter عيد الفطر Suikerfees 1 Sjawwal Hadj الحجّ Pelgrimstog 8–13 Dhu'l Hidjdja Arafa يوم عرفة‎ Dag van Arafa 9 Dhu'l Hidjdja Eid-oel-Adha عيد الأضحى Offerfees 10 Dhu'l Hidjdja Eid-oel-Ghadeer عید الغدیر‎ Inhuldigingsfees 18 Dhu'l Hidjdja Eid-oel-Mubahalah عيد المباهلة Gelukkige fees 24 Dhu'l Hidjdja

Kulturele feesdag Die Nuwejaar is in Islam 'n kulturele herdenking, waarop Moslems die eerste dag van die maand Muharram vier.

Ander feesdae Vrydaggebed (صلاة الجمعة, Gebed op die dag van byeenkoms)

Eksterne skakels

Islamitiese feeste en herdenkings