duimnael|Kerse word net voor die begin van die Joodse Sabbat en Joodse feeste aangesteek. Met die Kidoesj word die seën oor 'n beker wyn gespreek wat die Sabbat en Joodse feeste inlui

Hierdie is 'n lys van Joodse feeste en herdenkings volgens die Joodse kalender. Joodse feeste staan bekend as Jamim Towim (Hebreeuse meervoud: ימים טובים, letterlik: "Goeie dae") of Jom Tow (eenvoud: יום טוב, letterlik: "Goeie dag"). Hulle is gerangskik volgens die herdenkings in die jaarkring, die hedendaagse vakansiedae in Israel en ander herdenkings en vasdae in Judaïsme. Die twee heiligste dae in die Joodse kalender is die weeklikse Sabbat en die jaarlikse Jom Kippoer. Die drie tradisionele Bedevaartsfeeste (שלוש רגלים, sjalosj regalim) is Pesach, Sjavuot en Soekkot. Tydens die bestaan van die Tweede Tempel het die Jode na Jerusalem getrek en gedurende hierdie feeste offers gebring. Van die kleiner (na-Bybelse) Joodse feeste is Chanoeka en Poerim, waarby die hoofherdenkings in die aand gehou word en die dae gewone werkdae is. Die Joodse kalender beskik oor vier nuwejaarfeeste, waarvan Roosj Hasjana, die "hoof van die jaar", die vernaamste is. Die drie ander nuwejaarfeeste is Toe Bisjwat ("nuwejaar van bome"), Roosj Hasjana Labehemá ("nuwejaar van plaasdiere") en 1 Nisan vir die telling van die maande en bepaling van die groot feeste asook vir die berekening van die jare van 'n Joodse koning se regering. Die einde van die jaarlikse leessiklus van die Tora en die begin van 'n nuwe leessiklus in die sinagoge word op Simgat Tora gevier.

Feeste en herdenkings in die jaarkring Naam Hebreeus Vertaling Betekenis Datum Roosj Hasjana רֹאֹשׁ הַשָּׁנָה Hoof van die jaar Nuwejaar 1–2 Tisjrie Jom Kippoer יוֹם כִּפּוּר Dag van Versoening Versoeningsdag 10 Tisjrie Soekkot סֻכּוֹת Loofhutte Loofhuttefees, Fees van Insameling 15–21 Tisjrie Hosjana Rabba הושענא רבה Groot smeking Laaste dag van Soekkot 21 Tisjrie Sjmini Atséret שְּׁמִינִי עֲצֶרֶת Agtste [dag] van die vergadering Afsluiting 22 Tisjrie Simgat Tora שִׂמְחַת תּוֹרָה Toravreugde Verbly met die Tora 22 (Israel) of 23 Tisjrie (Diaspora) Chanoeka חֲנֻכָּה Inhuldiging, inwyding Ligtefees 25 Kislew – 2 Tewét (gewone jaar)Kort Kislew: 25 Kislew – 3 Tewét Toe biSjwat ט״ו בשבט‎ 15de [dag] in Sjwat ראש השנה לאילנותNuwejaar van die bome en plante 15 Sjwat Poerim פורים Lote Lotefees 14 (gewone stede) of 15 Adar (antieke ommuurde stede) Pesach פֶּסַח Oorslaan Lentefees, vryheidsfees of matsafees 15–21 (Israel) of 15–22 Nisan (Diaspora) Lagh ba'Omer ל"ג בעומר‎ 33ste [dag] van die omertelling Einde van die rouperiode 18 Ijjar Sjavuot שבועות Weke Wekefees, Fees van die weke, Pinkster 6 (Israel) of 6–7 Siwan (Diaspora) Tisj'a be'Aw תשעה באב Negende [dag] in Aw Roudag ter herdenking van die tweemalige vernieling van Jerusalem se Tempel 9 Aw Toe be'Aw ט״ו באב‎ 15de [dag] in Aw Dag van vreugde en liefde 15 Aw

Nuwe Israeliese feeste en herdenkings Naam Hebreeus Betekenis Datum Jom haSjo'a יום השואה Holocaustherdenking 27 Nisan Jom haZikaron יום הזיכרו Gedenkdag vir gesneuwelde Israeliese soldate 4 Ijjar Jom ha'Atsma'oet יום העצמאות Israeliese onafhanklikheidsdag 5 Ijjar Jom Jeroesjalajim יום ירושלים Fees van Jerusalem se hereniging tydens die Sesdaagse Oorlog 1967 28 Ijjar

Ander feesdae Sabbat (שבת, weeklikse rusdag) Brit Milá (ברית מילה, Besnyding) Bar Mitswá of Bat Mitswá (בר מיצוה of בת מיצוה, Godsdienstige volwassenheid) Rosj Chódesj (ראש חודש, maandelikse viering van die nuwe maan)

Vasdae Naam Datum Tsom Gedalja 3 Tisjrie Jom Kippoer 10 Tisjrie Asará beTewét 10 Tewét Ta'anit Ester 13 Adar Vas van die eersgeborenes 14 Nisan Sjiw'a Asar beTamoez 17 Tamoez Tisj'a be'Aw 9 Aw

Eksterne skakels

Joodse feeste en herdenkings