duimnael|Geelbaadjie protes op 17 November 2018 in Vesoul (Haute-Saône) Geelbaadjie- of die geel glimbaadjie-beweging (Frans: les gilets jaunes, genoem na die dra van geel glimbaadjies) was 'n protesbeweging wat ontstaan het in Frankryk en van 17 November 2018 tot 28 June 2020 geduur het. Die beweging het geen leiers nie en streef diverse eise na.De Franse regering houdt haar hart vast , Bureau Buitenland, 6 Desember 2018

Die Geelbaadjie-beweging is 'n protesbeweging wat in Mei 2018 aanlyn begin het en het gelei tot betogings wat Saterdag 17 November 2018 in Frankryk begin het en vinnig versprei het na Wallonië, die vroeër swaar geïndustrialiseerde suidelike deel van België. Die geel glimbaadjie is gekies as 'n simbool, want al die motoriste word deur die wet (sedert 2008) vereis om 'n hoë sigbaarheidsbaadjie in hul voertuie te hê wanneer hulle ry (as 'n veiligheidsmaatreël). As gevolg hiervan is glimbaadjies algemeen beskikbaar, goedkoop en simbolies. Reeds vroeg in Desember 2018 is hierdie simbool algemeen aangewend deur protesbewegings vanaf Europa tot Irak, en die hoë sigbaarheidsglimbaadjies het die aandag op hul agendas gevestig.

Die beweging is gemotiveer deur stygende brandstofpryse, die hoë lewenskoste en bewerings dat die belastinghervormings die werkers en middelklas die meeste benadeel (veral dié in landelike en semi-stedelike gebiede). Betogers eis die vermindering van brandstofbelasting, die herinstel van "solidariteitsbelasting" op die rykes, die verhoging van die minimumloon en die bedanking van die president van Frankryk, Emmanuel Macron. Die beweging het tydens die COVID-19-pandemie van 2020 tot stillstand gekom.

Verwysings

Kategorie:Geskiedenis van Frankryk