Kepler-89 is ’n F-tipe ster in die sterrebeeld Swaan met vier bevestigde planete. Besoek op 2018-12-09 Dit is moontlik ’n wye dubbelster.
Planeetstelsel Die ontdekking van die vier planete in data van die Kepler-ruimteteleskoop is in Oktober 2012 aangekondig. Daaropvolgende metings van radiale snelheid het Kepler-89d se bestaan bevestig en aangedui dit is effens groter en swaarder as Saturnus. In Oktober 2013 is die ander drie planete se bestaan ook bevestig.
In 2012 is ’n gedeeltelike oorgang van die tweede buitenste planeet deur die buitenste planeet waargeneem – dit was die eerste keer dat ’n planeet-planeet-oorgang voor ’n ster gesien is.
Verwysings
Eksterne skakels Tabel van bevestigde planete by Nasa se Kepler-sending 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Swaan (sterrebeeld) Kategorie:Planetêre stelsels Kategorie:Kepler-voorwerpe Kategorie:2MASS-voorwerpe Kategorie:F-tipe hoofreekssterre