Kepler-37 is ’n G-tipe hoofreeksster 209 ligjare van die Aarde af in die sterrebeeld Lier. Dit het vier eksoplanete, wat almal in ’n wentelbaan na aan die ster is. Kepler-37 se massa is omtrent 80,3% van die Son s’n en sy radius sowat 77%. Dit is effens koeler en effens ouer as die Son.Smallest Alien Planet Kepler-37b Explained (Infographic)
Planeetstelsel
Kepler-37b is die naaste planeet aan die ster en was in Februarie 2013, toe die ontdekking aangekondig is, die kleinste bekende eksoplaneet. Met ’n deursnee van 3 865 km is dit effens groter as die Maan. Kepler-37c is sowat driekwart die Aarde se grootte en Kepler-37d sowat twee keer so groot.
Die eerste drie planete is in September 2012 ontdek en die ontdekking is in Februarie 2013 aangekondig. Die vierde planeet is in 2014 ontdek.Die wentelperiode van die binneste drie planete is binne 1% van ’n 5:8:15-resonansie. Nie een van die planete kan lewe onderhou nie weens hul nabyheid aan die ster.
Verwysings
Eksterne skakels Tabel van bevestigde planete by Nasa se Kepler-sending
15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Lier (sterrebeeld) Kategorie:Planetêre stelsels Kategorie:Kepler-voorwerpe Kategorie:2MASS-voorwerpe Kategorie:G-tipe hoofreekssterre