Gary Kirsten (gebore 23 November 1967 in Kaapstad) is 'n uitgetrede Suid-Afrikaanse krieketspeler en voormalige lid van Suid-Afrika se nasionale krieketspan. Hy het tussen 1993 en 2004 in 101 toetswedstryde en 185 EDI vir Suid-Afrika gespeel, meestel as 'n aanvangskolwer. Hy het onder meer tydens die krieketwêreldbekertoernooie in 1996, 1999 en 2003, asook die Kampioenetrofeë in 1998 en 2000 vir Suid-Afrika gespeel. Later het hy Suid-Afrika tydens die T20I-wêreldbeker 2012 en die Kampioenetrofee 2013 afgerig.

duimnael|links|'n Grafiek wat Kirsten se toetsloopbaan-boulstatistieke toon en hoe hulle oor tyd verloop het. Hy was van 2007−2011 die afrigter van die Indiese nasionale krieketspan wat die Krieketwêreldbeker 2011 gewen het. Daarna was hy die afrigter van Suid-Afrika se nasionale krieketspan vanaf Junie 2011 tot Augustus 2013.

Sy ouer halfbroer, Peter Kirsten, het ook vir die Proteas (onder andere tydens die Krieketwêreldbeker 1992) gespeel.

Internationale Loopbaan Kirsten het in 1993 sy toetsdebuut teen Australië in Melbourne gemaak. Hy het in 2004 uitgetree uit internationale krieket. Hy is die eerste Protea wat in 100 toetse kon gespeel het. Hy was ook 'n lid van die Proteaspan wat tydens die Kampioenetrofee 1998 Suid-Afrika se eerste internasionale kriekettitel kon inpalm.

Verwysings

Eksterne skakels

Gary Kirsten by Cricinfo

Kategorie:Suid-Afrikaanse krieketspelers Kategorie:Geboortes in 1967 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Krieketafrigters