Kidada Jones (gebore 22 Maart 1974) is 'n Amerikaanse aktrise, model, en mode ontwerper. Sy werk as ontwerper vir die Walt Disney Company, en het 'n lyn daar bekend as "Kidada for Disney Couture". Jones is 'n dogter van platevervaardiger Quincy Jones en aktriese Peggy Lipton.

As 'n aktrise is sy bekend vir haar rolle in die rolprente Black & White (1999), Thicker Than Water (1999), Empire (2002), en Proud (2004).

Persoonlike lewe Jones het van 1992 tot 1994 met rapper en akteur LL Cool J uitgegaan. In sy outobiografie, I Make My Own Rules, het LL Cool J gesê dat hy hul verhouding beëindig het omdat hulle "nie dieselfde dinge geglo het nie". “Sy het ’n ghoeroe en standbeelde geprys, en ek loof God,” het hy gesê.

Jones het in 1996 met die rapper en akteur Tupac Shakur uitgegaan. Hulle het vir vier maande saam gewoon tot sy dood. Sy was in hul hotelkamer in Las Vegas toe hy op 7 September 1996 geskiet is, en sy was saam met Shakur by die hospitaal toe hy ses dae later aan sy beserings dood is.

In 1999 het Jones met die akteur Leonardo DiCaprio uitgegaan. She was married to actor Jeffrey Nash from 2003 until 2006.

Jones het 'n hegte vriendskap gehad met die sanger en aktrise Aaliyah wat sy ontmoet het terwyl sy modelwerk vir Tommy Hilfiger gedoen. Hulle het vriende gebly tot Aaliyah se dood in Augustus 2001.

Filmografie Rolprente 1999: Black & White 1999: Thicker Than Water 2002: Empire 2004: Proud

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Geboortes in 1974 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Amerikaanse aktrises van die 21ste eeu Kategorie:Amerikaanse aktrises van die 20ste eeu Kategorie:Afro-Amerikaanse Jode