Janet Jackson (gebore 16 Mei 1966) is 'n Amerikaanse aktrise en komponis. Sy is bekend vir haar rolle in die rolprente Poetic Justice (1993), Nutty Professor II: The Klumps (2000), en Why Did I Get Married? (2007).

Lewe

Kinderjare Janet Jackson is as die laaste van tien kinders gebore. Haar ouers is Joseph en Katherine Jackson. Sy het saam met agt ouer broers en susters in 'n tweeslaapkamerhuis gewoon. Haar pa Joseph (of Joe) het as 'n hyskraanoperateur in 'n staalfabriek gewerk en haar ma Katherine as 'n winkelklerk vir Sears, voordat sy 'n toegewyde Jehovah se Getuie geword het. Voor Jackson se geboorte het haar pa besluit om 'n musikale loopbaan as die frontman van die R&B- groep The Falcons te volg, maar hy het nie verder as die nagklubs in Indiana gevorder nie.

As kleuter het Jackson se ouer broers Jackie, Tito, Jermaine, Marlon en Michael in nagklubs en teaters as The Jackson 5 opgetree. Die groep het in Maart 1969 begin optree, en teen die einde van die jaar het die groep hul eerste van vier opeenvolgende nr.1-treffers opgeneem. Toe die Jackson 5 hul eerste suksesse behaal het, het die hele gesin na Suid-Kalifornië verhuis en in 1971 in 'n herehuis ingetrek, wat hulle die bynaam Hayvenhurst genoem het.

Op die ouderdom van sewe, as gevolg van haar liefde vir perde, het Jackson na 'n loopbaan as 'n jokkie gestreef, en was nie van plan om die skoubedryf te betree nie. Haar pa het egter anders gedink en het vroeg reeds kunstenaarspotensiaal in haar gesien. Soos die sukses van die Jackson 5 begin taan het, het Joseph besluit om die ander kinders in die kollig te plaas, insluitend Janet. Op 9 April 1974 het sy saam met byna al haar familie haar eerste optrede by die MGM Grand in Las Vegas gelewer. Sy het vinnig die ster van die program geword wat verskeie bekendes van die era nageboots het soos veral Cher, Marie Osmond, Toni Tennille en Mae West.

Jackson en haar gesin se Vegas-optrede het die aandag van CBS-direkteur Fred Silverman in 1976 getrek. Die stasie was desperaat op soek na 'n plaasvervanger vir die destyds gestaakte Sonny & Cher Show, wat direk oorkant die ABC-program rondom Donny Osmond geprogrammeer is. Die program The Jacksons het op 16 Junie 1976 begin en hulle het die eerste Afro-Amerikaanse gesin geword wat hul eie televisieprogram gehad het. Die program het net twee seisoene bestaan ​​en is in 1977 gestaak.

Filmografie Rolprente 1993: Poetic Justice 1997: Dreamworlds II: Desire, Sex, Power in Music Video 2000: Nutty Professor II: The Klumps 2007: Why Did I Get Married? 2010: Why Did I Get Married Too? 2010: For Colored Girls

Televisiereekse 1976: The Jacksons 1979: A New Kind of Family 1986: Solid Soul 2002: Star Boulevard 2007: Extreme Hollywood 2009: The Tyler Perry Show

Televisierolprente 1993: Hollywood's Leading Ladies with David Sheehan 1993: Janet: World Tour Special 1998: Janet: The Velvet Rope 1998: Hollywood Aids 2003: Michael Jackson's Private Home Movies 2003: MTV News: The Social History of Piercing 2009: E! Investigates: Last Days of Michael Jackson 2009: Michael Jackson Unmasked 2009: Michael Jackson: Stars Remember the Time 2010: Michael Jackson: The Inside Story - What Killed the King of Pop?

Video's 1984: Janet Jackson: Dream Street 1986: Janet Jackson: Nasty 1986: Janet Jackson: Control 1986: Janet Jackson: When I Think of You 1986: Janet Jackson: What Have You Done for Me Lately 1987: Janet Jackson: The Pleasure Principle 1987: Janet Jackson: Let's Wait Awhile 1989: Janet Jackson: Rhythm Nation 1989: Janet Jackson: Miss You Much 1990: Janet Jackson: The Rhythm Nation Compilation 1990: Janet Jackson: Love Will Never Do (Without You) 1990: Janet Jackson: Black Cat 1990: Janet Jackson: Alright 1990: Janet Jackson: Escapade 1990: Janet Jackson: Come Back to Me 1993: Janet Jackson: That's the Way Love Goes 1993: Janet Jackson: Again 1993: Janet Jackson: If 1994: Janet Jackson Feat. MC Lyte: You Want This 1994: Janet Jackson: Any Time, Any Place 1994: Janet Jackson: Because of Love 1995: Michael Jackson Feat. Janet Jackson: Scream 1995: Janet Jackson: Runaway 1995: Janet Jackson: What'll I Do 1995: Janet Jackson: Whoops Now 1996: Janet Jackson: Design of a Decade 1986/1996 1996: Janet Jackson: Twenty Foreplay 1997: Janet Jackson featuring Q-Tip and Joni Mitchell: Got 'Til It's Gone 1997: Janet Jackson: Together Again 1997: Janet Jackson: Together Again, Deeper Remix 1998: Janet Jackson: Every Time 1998: Janet Jackson: You 1998: Janet Jackson: Go Deep 1998: Janet Jackson: I Get Lonely 1998: Janet Jackson Feat Blackstreet: I Get Lonely - Remix 1999: Blackstreet Feat. Janet Jackson, Ja Rule & Eve: Girlfriend/Boyfriend 1999: Busta Rhymes Feat. Janet Jackson: What's It Gonna Be?! 2000: Janet Jackson: Doesn't Really Matter 2001: Janet Jackson: All for You 2001: Janet Jackson Feat. Missy Elliott: Son of a Gun - I Betcha Think This Song Is About You 2001: Janet Jackson: Someone to Call My Lover 2002: Janet Jackson Feat. Beenie Man: Feel It Boy 2004: From Janet. To Damita Jo: The Videos 2004: Janet Jackson: All Nite - Don't Stop 2004: Janet Jackson: I Want You 2004: Janet Jackson: Just a Little While 2004: Janet Jackson: Janet Megamix 04 2006: Janet Jackson Feat. Khia: So Excited 2006: Janet Jackson Feat. Nelly: Call on Me 2008: Janet Jackson: 2008 Rock Witchu Tour 2008: Janet Jackson: Rock with U 2008: Janet Jackson: Feedback 2009: Janet Jackson: Make Me 2010: Janet Jackson: Nothing 2014: Operation Bobbi Bear 2016: Janet Jackson: Dammn Baby 2018: Janet Jackson & Daddy Yankee: Made for Now

Eksterne skakels

Kategorie:Geboortes in 1966 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Amerikaanse rolprentvervaardigers Kategorie:Amerikaanse skrywers Kategorie:Amerikaanse aktrises van die 21ste eeu Kategorie:Amerikaanse aktrises van die 20ste eeu Kategorie:Amerikaanse filantrope