Kambodja, amptelik die Koninkryk Kambodja (Khmer: 125px, prĕəh riəciənaacak kampuciə, [prĕəh riə.ciə.naː.caʔ kam.pu.ciə]), ook Kampuchea (កម្ពុជា, [kam.pu.ciə]), is 'n land in Suidoos-Asië met 'n oppervlakte van 181 035 km² en 'n bevolking van sowat 16,9 miljoen. Kambodja is die opvolgerstaat van die eens magtige Hindoe- en Boeddhistiese Khmer-ryk, wat oor die grootste deel van die Indo-Chinese Skiereiland regeer het tussen die 11de en 14de eeue.
duimnael|links|Nasa-satellietbeeld van Kambodja 'n Burger van Kambodja word gewoonlik geïdentifiseer as 'n "Kambodjaan" of "Khmer", wat streng gesproke slegs na etniese Khmere verwys. Meeste Kambodjane is Theravada-Boeddhiste van Khmer-afkoms, maar die land het ook 'n beduidende aantal oorwegend Islamitiese Cham, sowel as klein heuwelstamme. Die hoofstad en grootste stad van Kambodja is Phnom Penh.
Kambodja grens aan Thailand in die weste en noordweste, Laos in die noordooste en Viëtnam in die ooste en suidooste. In die suide word dit begrens deur die Golf van Thailand en 'n klein stukkie langs die Suid-Chinese See. Die geografie van Kambodja word oorheers deur die Mekongrivier (in die volksmond in Khmer: Tonlé Thom of "die groot rivier") en die Tonlé Sap ("die varswatermeer"), 'n belangrike visbron. Die land se lae ligging beteken dat groot dele van die land byna op of onder seevlak is en lei daartoe dat die hoofwaterbron van die Mekong se vloei in die reënseisoen omkeer en in die naburige Tonlé Saprivier invloei.
Kambodja se hoofnywerhede is die tekstielbedryf en toerisme. In 2007 het die getal buitelandse toeriste die viermiljoenvlak verbygesteek. San Miguel eyes projects in Laos, Cambodia, Myanmar In 2005 is ruolie- en aardgasneerslae onder Kambodja se gebiedswater ontdek en daar word gemeen dat wanneer kommersiële ontginning ooit begin, dit 'n groot impak op die land se ekonomie sal hê. Kambodja is 'n lidland van die streekorganisasie ASEAN.
Landnaam links|duimnael|190x190px|"Khmer-land" in Khmer-skrif, 'n plaaslike uitdrukking wat na Kambodja verwys Kambodja is die Afrikaanse transliterasie van die Khmer-naam volgens die voorbeeld wat deur die Franse transliterasie, Cambodge, gevestig is. Die Engelse Kampuchea wat soms in plaas van Cambodia gebruik word, is 'n direkte transliterasie wat meer getrou is aan die Khmer-uitspraak. Die Khmer-naam is afgelei van die antieke koninkryk van Kambuja (Kambujadesa). Kambuja of Kamboja is die antieke Sanskrit-naam van die Kambojas, 'n vroeë stam uit die noordelike deel van die Indiese subkontinent.
In die Khmer Mul-skrif is die amptelike naam van die land 150px (gewone skrif 130x130px), Preahreachanachâk Kampuchea, wat beteken "Koninkryk Kambodja". Etimologies is die komponente: Preah- ("heilig"); -reach- ("koning", "koninklik", "ryk", uit Sanskrit); -ana- (uit Pali , "owerheid", "beheer" of "mag", uit Sanskrit , selfde betekenis) -châk (uit Sanskrit cakra, wat "wiel" beteken, 'n simbool van mag en heerskappy).
Die naam wat in formele aangeleenthede soos in politieke toesprake en nuusprogramme gebruik word, is 100x100px (gewone skrif 80x80px), Prâteh Kampuchea, wat letterlik "die land Kambodja" beteken. Prâteh is 'n formele woord wat "land" beteken.
Die naam wat gewoonlik in die alledaagse lewe deur Khmer-mense gebruik word is 155px, Srok Khmae, letterlik "die Khmerland". Khmer word met "r" aan die einde gespel in die Khmer-alfabet, maar die "r" word nie in Standaard-Khmer uitgespreek nie; die finale "r" het uit meeste Khmer-dialekte se uitspraak verdwyn in die 19de eeu. Srok is 'n Mon-Khmer-woord wat ongeveer dieselfde beteken as prâteh, maar wat minder formeel is.
Sedert onafhanklikheid het die amptelike naam van Kambodja verskeie kere verander as gevolg van die onstuimige geskiedenis van die land. Die volgende name is sedert 1954 in Afrikaans en Frans gebruik:
Koninkryk Kambodja/Royaume du Cambodge onder die heerskappy van die monargie van 1953 tot 1970; Khmer Republiek/République Khmère ('n leenvertaling van "République française") onder die regering van Lon Nol van 1970 tot 1975; Demokratiese Kampuchea/Kampuchea démocratique onder die heerskappy van die kommunistiese Rooi Khmer van 1975 tot 1979; Volksrepubliek Kampuchea/République populaire du Kampuchea onder die heerskappy van die Viëtnamees-gesteunde regering van 1979 tot 1989; Staat Kambodja/État du Cambodge ('n neutrale naam wat gebruik is terwyl daar besluit is of die land tot 'n monargie sou terugkeer) onder die heerskappy van die Verenigde Nasies-tussentydse regering van 1989 tot 1993; Koninkryk Kambodja/Royaume du Cambodge wat weer in gebruik geneem is na die herinstelling van die monargie in 1994.
Geskiedenis duimnael|links|Kaart van Suidoos-Asië in 900 n.C. met die Khmer-ryk in rooi duimnael|'n Khmer-leër op pad om oorlog te voer teen die Cham, van 'n reliëf op die Bayon duimnael|Franse koloniale geboue in Phnom Penh duimnael|links|Kaart van Frans-Indo-China in 1913 duimnael|B-52-bomwerpers oor Kambodja tydens die Operation Menu duimnael|Vlag van Demokratiese Kampuchea en die Volksrepubliek Kampuchea Die eerste gevorderde samelewings in hedendaagse Kambodja het in die eerste millennium na Christus verskyn. Tydens die 3de, 4de, en 5de eeue het die Indiese state Funan en Chenla saam gesmelt in wat nou die hedendaagse Kambodja en suidwestelike Viëtnam is. Hierdie state, wat deur meeste vakkundiges as Khmer aangeneem word, Country-Studies.com. Country Studies Handbook; information taken from US Dept of the Army. Besoek op 25 Julie 2006. het nou bande met China en Indië gehad. Hulle ineenstorting is gevolg deur die opkoms van die Khmer-ryk, 'n beskawing wat in die gebied floreer het van die 9de eeu tot die 13de eeu.
Alhoewel die Khmer-ryk na die periode begin taan het, het dit magtig gebly in die omgewing tot die 15de eeu. Die ryk se middelpunt was Angkor, waar 'n reeks hoofstede tydens die hoogtepunt van die ryk gevestig is. Angkor Wat, die beroemdste en bes bewaarde godsdienstige tempel op die terrein, is 'n simboliese herinnering aan Kambodja se verlede as 'n belangrike moondheid in die streek.
Na 'n lang reeks oorloë met naburige koninkryke is Angkor deur die Thai geplunder en in 1432 verlaat. Die hof het die hoofstad na Lovek geskuif, waar die koninkryk gepoog het om die voormalige glorie te herstel deur seehandel. Die poging was egter kortstondig aangesien voortgesette oorloë met die Thai en Viëtnamese tot die verlies van meer grondgebied en die oorwinning van Lovek in 1594 gelei het. Gedurende die drie eeue daarna het die Khmer-koninkryk gewissel tussen 'n vasalstaat van die Thai en Viëtnamese konings, met kort periodes tussenin waarin 'n mate van onafhanklikheid bereik is.
In 1863 het Koning Norodom, wat deur Thailand in plek gestel is, die beskerming van Frankryk versoek. In 1867 het die Thai-koning 'n verdrag met Frankryk geteken waarvolgens susereiniteit oor Kambodja laat vaar is in ruil vir die beheer van Battambang en Siem Reap, provinsies wat amptelik deel geword het van Thailand. Die provinsies is aan Kambodja terug besorg in terme van 'n grensverdrag tussen Frankryk en Thailand (destyds bekend as Siam) in 1906.
Kambodja het as 'n protektoraat van Frankryk bly bestaan van 1863 tot 1953. Dit is as deel van die Franse kolonie Indo-China bestuur. Na die besetting deur die Japannese Ryk van 1941 tot 1945 tydens die Tweede Wêreldoorlog, het Kambodja op 9 November 1953 onafhanklikheid van Frankryk verkry. Dit het 'n grondwetlike monargie onder koning Norodom Sihanouk geword.
In 1955 het Sihanouk ten gunste van sy vader abdikeer sodat hy as eerste minister verkies kon word. Met sy vader se afsterwe in 1960 het Sihanouk weer staatshoof geword onder die titel Prins. Met die verloop van die Viëtnamoorlog het Sihanouk 'n amptelike beleid van neutraliteit ingeneem totdat hy in 1970 deur 'n militêre staatsgreep onder leiding van eerste minister Lon Nol en prins Sisowath Sirik Matak afgeset is terwyl hy op 'n oorsese reis was. Uit Beijing het Sihanouk homself toe by die kommunistiese Rooi Khmer-rebelle geskaar wat stadig maar seker besig was om grondgebied in die afgeleë bergagtige gebiede in te palm. Hy het sy volgelinge aangespoor om te help om die pro-Amerikaanse regering van Lon Nol omver te werp wat die begin van die Kambodjaanse burgeroorlog versnel het.
Operation Menu, 'n reeks geheime B-52 bomaanvalle deur die Verenigde State op wat na vermoede Viëtkong-basisse en toevoerroetes binne Kambodja was, is erken nadat Lon Nol mag oorgeneem het; Amerikaanse magte het Kambodja kortliks binnegeval in 'n verdere poging om die Viëtkong te belemmer. Die bombardering het voortgeduur en soos die Kambodjaanse kommuniste vordering begin maak het, het dit uiteindelik tot 1973 aanvalle op Rooi Khmer-teikens ingesluit. Skattings oor die aantal Kambodjane wat in die bomaanvalle gesterf het wissel geweldig. Die Rooi Khmer het Phnom Penh in 1975 bereik en die mag oorgeneem. Die amptelike naam van die land is verander na Demokratiese Kampuchea, gelei deur Pol Pot.
Skattings wissel oor die hoeveelheid mense wat deur die Rooi Khmer-regime doodgemaak is. Afhangende daarvan of mens die sterftes aan hongersnood en sterftes in vlugtelinge kampe wat daarop gevolg het insluit, wissel skattings enige iets tussen 1,7 miljoen David Chandler, Voices From S21: Terror and History in Pol Pot's Secret Prison. Berkeley and Los Angeles: University of California Press, 1999 en 3 miljoen Kambodjane. Craig Etcheson, Documentation Centre of Cambodia, Phnom Penh, Cambodia http://www.mekong.net/cambodia/toll.htm 'n Syfer van drie miljoen sterfgevalle tussen 1975 en 1979 is deur die Viëtnamees-ondersteunde Phnom Penhregime, die PRK gegee. Fader Ponchaud het 2,3 miljoen voorgestel; die Yale Cambodian autogenocide Project skat 1,7 miljoen; Amnestie Internasionaal skat 1,4 miljoen; en die Amerikaanse Staatsdepartment 1,2 miljoen. Khieu Samphan en Pol Pot het onderskeidelik syfers van 1 miljoen en 800 000, gegee Baie mense is vir een of ander rede as "vyande van die staat" beskou. Dit kon wees as gevolg van bande met die vorige regering, staatsamptenare, opgevoede mense of godsdienstiges, kritici van die Rooi Khmer of Marxisme, of eenvoudig omdat hulle weerstand gebied het teen die brutale behandeling van hulle landgenote. Honderdduisende ander het oor die grens gevlug na die naburige Thailand.
In November 1978 het Viëtnam Kambodja binnegeval om Rooi Khmer-invalle oor die grens en die menseslagting van Viëtnamese in Kambodja te verhinder. CambodianGenocide.org.A Brief History of the Cambodian Genocide. Besoek op 25 Julie 2006. Geweldadige besetting en oorlogvoering tussen die Viëtnamese en Rooi Khmer het deur die 1980's voortgeduur. Vredespogings het in 1989 in Parys begin en twee jaar later in Oktober 1991 tot 'n volledige stel vredesooreenkomste gelei. Die Verenigde Nasies is 'n mandaat gegee om 'n skietstaking af te dwing, vlugtelinge te hanteer en ontwapening te bestuur. US Department of State. Country Profile of Cambodia. Besoek op 25 Julie 2006.
Na die brutaliteit van die 1970's en die 1980's en die vernietiging van die kulturele, ekonomiese, maatskaplike en politiese lewe van Kambodja, het herkonstruksie eers onlangs 'n aanvang geneem en is 'n mate van politieke stabiliteit uiteindelik herwin. Die demokrasie wat na die konflik gevestig is, is in 1997 geskud tydens die staatsgreep wat in die jaar plaasgevind het, UN OHCHR Cambodia maar het andersins glad verloop.
Die onlangse jare is veral gekenmerk deur grenskonflikte met die buurland Thailand rondom die Prasat Preah Vihear wat in 2008 deur Unesco as wêrelderfenis gelys is.
Politiek duimnael|links|upright|Die eerste minister Hun Manet duimnael|upright|Koning Norodom Sihamoni