Marita van der Vyver (gebore 6 Mei 1958 in Kaapstad) is 'n Afrikaanse skrywer.

Lewe Sy voltooi haar laerskoolloopbaan in Bellville en Welgemoed, en haar hoërskoolloopbaan in Menlopark en Nelspruit. Daarna kry sy 'n studiebeurs om aan die Universiteit van Stellenbosch te studeer, waar sy in 1978 'n B.A.-graad verwerf. In 1979 voltooi sy 'n honneursgraad en later 'n meestersgraad in joernalistiek. Ná 'n paar jaar oorsee werk sy opeenvolgens vir Die Burger as verslaggeefster, as kopieskrywer by Leserskring, en daarna as artikelskrywer by Sarie. Haar eerste jeugverhaal is Van Jou Jas (1982), gevolg deur twee jeugboeke, Tien vir 'n vriend (1987) en Eenkantkind (1991).

Haar eerste roman vir volwassenes, Griet skryf 'n sprokie, het in 1992 verskyn. Die roman is bekroon met die ATKV-prys, die M-Net-boekprys en die Eugène Maraisprys. Dié boek is later vertaal in Engels, Nederlands, Duits, Frans, Italiaans, Spaans, Sweeds, Tsjeggies, Chinees en Hebreeus. Van der Vyver skryf daarna in 1994 'n roman, Dinge van 'n kind (1994).

In 1997 skryf sy haar eerste boek vir jong kinders, Olinosters op die dak. Wegkomkans volg in 1999 en Griet kom weer in 2001. Sy skryf ook die jeugboek Die ongelooflike avonture van Hanna Hoekom, terwyl Die hart van ons huis, waarin sy haar lewe in die Provence skets, in 2004 uitgegee word. Haar nuutste jeugboek is Swemlesse vir 'n meermin (2015)

Van der Vyver woon sedert 1999 saam met haar Franse man en vier kinders op die Franse platteland.

Werke Prosa Griet skryf ’n sprokie, 1992 Die dinge van 'n kind, 1994 Wegkomkans, 1999 (Heruitgawe, Protea Boekhuis, 2018) Griet kom weer, 2001 Vergenoeg, 2003 Die hart van ons huis, 2004 Bestemmings /Short Circuits, 2005 Stiltetyd /Time Out, 2006 (Heruitgawe, Protea Boekhuis, 2019) Franse briewe: Pos uit Provence, 2008 Dis koue kos, skat, 2010 Just Dessert, Dear, 2010 Die blou van onthou, 2012 Forget-me-not-Blues, 2012 'n Fontein voor ons deur, 2013 A Fountain in France, 2013 Misverstand/You Lost Me, 2017 Grensgeval/Borderline, 2019https://maritavandervyver.info/html/books/books.html URL Opgespoor en besoek op 21 November 2019 Laaste kans, 2023 My Jaar van Vrees en Vryheid, 2025

Kosboeke Winterkos in Provence/Winter Food in Provence, 2014

Bundels (essays, rubrieke en opiniestukke) Retoer: Pretoria - Provence

Kinder- en jeugboeke Van jou jas, 1982 Tien vir ’n vriend, 1987 Eenkantkind, 1991 Olinosters op die dak / Rhinocephants on the Roof, 1996 Die ongelooflike avonture van Hanna Hoekom, 2002 Boomklim, 2004 Die simpel dinge wat mense mis, 2004 Hy bly my broer, 2005 Mia se ma / Mia’s Mom, geïllustreer deur Piet Grobler, 2005 The Hidden Life of Hanna Why, 2007 Die mooiste sprokies van Grimm, 2010 Swemlesse vir 'n meermin, 2015

Toekennings Die Tienie Hollowaymedalje vir Kleuterliteratuur is in 1997 aan haar toegeken vir die boek Olinosters op die dak. Die MER-prys is in 2000 aan haar toegeken vir kinderlektuur. Sy word in 2016 bekroon met die Scheepersprys van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns vir die boek Swemlesse vir ’n meermin.

Studies oor Marita van der Vyver Beukes, M. en Gouws, T. (1998) Ginogenese as diskoers van mag - gestaltegewing van die Nuwe Vrou in Griet skryf 'n sprokie (Marita van der Vyver), Tydskrif vir Letterkunde, 36(4), pp. 104–115. Kamfer, R. (2022) ’n Baie lang brief aan my dogter (Marita van der Vyver)’, Tydskrif vir Letterkunde, 59(1), pp. 147–148. Meyer, S. (2009) Ver van die huis, maar naby die grond - die rol van die natuur ten opsigte van krisishantering in die vreemde in Stiltetyd (Marita van der Vyver) en Sabbatsreis (Annelie Botes), Stilet, 21(2), pp. 115–129. Visagie, A. (2008) Identity and rediscovery – Andries Visagie interviews Marita van der Vyver and Ingrid Winterbach, Tydskrif vir Letterkunde'', 45(1), pp. 185–194.

Sien ook Die Ongelooflike Avonture van Hanna Hoekom, rolprent van haar gelyknamige boek.

Verwysings

Bronne http://www.stellenboschwriters.com/

Eksterne skakels Van der Vyver se webtuiste

Kategorie:Afrikaanse skrywers Kategorie:Afrikaners Kategorie:Geboortes in 1958 Kategorie:Lewende mense