Johan Kriek is 'n voormalige Suid-Afrikaanse en later Amerikaanse tennisspeler wat twee keer die Australiese Ope-enkelspel gewen het.

Kriek is op 5 April 1958 in Pongola gebore en het in 1976 aan die Afrikaanse Hoër Seunskool in Pretoria gematrikuleer. Hy het na Napels, Florida in die VSA verhuis nadat hy in 1978 'n professionele tennisspeler geword het. In sy loopbaan het hy twee keer 'n Grand Slam-enkelspeltitel gewen deur die Australiese Ope in 1981 en 1982 te wen. Hy het veertien enkelspel- en agt dubbelspeltitels gewen. Kriek het in Augustus 1982 'n Amerikaanse burger geword.

In 1981 het hy die Amerikaner Steve Denton in vier stelle 6-2, 7-6, 6-7 en 6-4 geklop en so die Australiese Ope-enkelspelkampioen geword. Hy het Denton in 1982 weer geklop, dié keer in drie stelle, 6-3, 6-3 en 6-2 om die Ope-titel.

Grand Slam-rekord Die tabel toon Kriek se prestasie tydens elk van die Grand Slam-toernooie in mansenkels waaraan hy deelgeneem het:

Jaar Australiese Ope Franse Ope Wimbledon VSA Ope1978 Nie deelgeneem nie Nie deelgeneem nie Ronde 2 Kwarteindstryd1979 Nie deelgeneem nie Ronde 1 Ronde 3 Kwarteindstryd1980 Nie deelgeneem nie Nie deelgeneem nie Ronde 3 Halfeindstryd1981 Wenner Nie deelgeneem nie Kwarteindstryd Ronde 31982 Wenner Nie deelgeneem nie Kwarteindstryd Ronde 31983 Kwarteindstryd Nie deelgeneem nie Ronde 3 Ronde 41984 Halfeindstryd Nie deelgeneem nie Ronde 4 Ronde 31985 Kwarteindstryd Nie deelgeneem nie Ronde 3 Ronde 21986 Nie deelgeneem nie Halfeindstryd Ronde 2 Ronde 31987 Ronde 2 Ronde 1 Ronde 4 Ronde 31988 Ronde 2 Nie deelgeneem nie Ronde 1 Ronde 31989 Ronde 3 Nie deelgeneem nie Ronde 1 Ronde 11990 Nie deelgeneem nie Nie deelgeneem nie Nie deelgeneem nie Nie deelgeneem nie1991 Nie deelgeneem nie Nie deelgeneem nie Ronde 1 Nie deelgeneem nie

Verwysings

Kategorie:Amerikaanse tennisspelers Kategorie:Suid-Afrikaanse tennisspelers Kategorie:Geboortes in 1958 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Afrikaners