duimnael|regs|250px|Voëlkykers in Florida, VSA. duimnael|regs|250px|Voëlkykers in Brittanje.

Voëlkyk kan beskryf word as die bestudering of waarneming van voëls met die blote oog of met behulp van toerusting, gewoonlik 'n verkyker.

Voëlkyk kan beoefen word as informele stokperdjie wat bloot vir ontspanning gedoen word, of voëlkykers kan ook meer formeel deelneem aan 'n groot aantal projekte wat onderneem word om inligting oor voëls, hulle verspreiding en gewoontes, hulle habitatte en die bewaring van voëlspesies en hulle omgewing kan insluit. Die Eenheid vir Dieredemografie (ADU) aan die Universiteit van Kaapstad is in Suid-Afrika 'n leier op die gebied van voëlprojekte waarby "burgerlike wetenskaplikes" betrokke is om inligting in te samel.

Organisasies Daar is verskeie organisasies of klubs waar enige iemand wat belangstel kan aansluit.

Toerusting 'n Verkyker of teleskoop met staander, 'n notaboek en een of meer voëlgidsboeke.

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (gegroepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name

Eksterne skakels ADU – webwerf van die Eenheid vir Dieredemografie iSpot – 'n gratis webwerf vir die identifisering van voël en ander natuurlewe