Constand Laubscher Viljoen (28 Oktober 1933 – 3 April 2020) SSA SD SOE SM was ʼn voormalige Hoof van die Suid-Afrikaanse Weermag en later die stigter van die Vryheidsfront.

Vroeë lewe Constand Viljoen is op 28 Oktober 1933 gebore en ontvang sy skoolopleiding aan die Laerskool Perdekop en Hoërskool Standerton. Hy sluit daarna by die Suid-Afrikaanse Weermag aan en behaal die graad B.Sc (B.Mil) aan die Universiteit van Pretoria in 1955.

Loopbaan Viljoen word bevorder tot Luitenant-Generaal in 1976 en Generaal in 1980. In 1977 word hy Hoof van die Suid-Afrikaanse Leër en in 1980 die Hoof van die Suid-Afrikaanse Weermag tydens die moeilike grensoorlogdae. Hy tree in 1985 af by die weermag om voltyds te boer in die Ohrigstad omgewing. In 1993 tree Viljoen tot die politiek toe saam met nog drie ander oud-generale en help met die stigting van die Afrikaner Volksfront.

Kórt voor die Suid-Afrikaanse algemene verkiesing van 1994 stig Viljoen die Vryheidsfront as politieke party vir die Afrikaners. Dié party beywer hom vir die daarstel van ʼn Afrikanervolkstaat. Deur bemiddeling van sy tweelingbroer prof Abraham Carel (Braam) Viljoen word hy oorreed om af te sien van sy ideale vir 'n afsonderlike Volkstaat, en tree die broers toe tot geheime onderhandelinge met Nelson Mandela van die ANC. Die Vryheidsfront wen 640 000 stemme met Viljoen as leier.

In 2001 tree Viljoen uit die aktiewe politiek en as leier van die Vryheidsfront, en spits hom op sy boerdery toe. Hy sterf op 3 April 2020 in Ohrigstad.

Toekennings en dekorasies

75px Paraguayan decoration

+ Proficiency badges

Notas

Verwysings

Bronnelys Vryheidsfront

Kategorie:Politici van die Vryheidsfront Plus Kategorie:Suid-Afrikaanse militariste Kategorie:Suid-Afrikaanse politici Kategorie:Afrikaners Kategorie:Generaals Kategorie:Geboortes in 1933 Kategorie:Sterftes in 2020