Die Hmong-Mien-tale of Miao-Yao-tale is 'n taalfamilie wat uit sowat 38 tale bestaan en deur 14–15 miljoen mense gepraat word. Lemoine, Jacques (2005). "What is the actual number of (H)mong in the world?" (PDF). Hmong Studies Journal. 6. Hulle is oorwegend oor die suidelike Volksrepubliek China, Laos, Thailand en Viëtnam versprei.
duimnael|links|Hmong-Mien-migrasie volgens tradisies Die Hmong-Mien-tale is na die twee hooftakke, naamlik die Hmong-tale (of Miao-tale) en die Mien-tale (of Yao-tale), genoem. Die taal She of Ho Nte sal moontlik 'n derde sytak kan vorm. Die Mandarynse name van die twee hooftakke is Miáo en Yáo, terwyl die Viëtnamese benaming H'Mông en Dao is. Die endoniem van albei volke en tale is egter Hmong en Mien.
As gevolg van die toontaal-eienskappe van die Hmong-Mien-tale en die groot aantal van Chinese leenwoorde is hulle vroeër as deel van die Sino-Tibettaanse tale beskou, hierdie siening is intussen verouderd. Volgens ander taalkundiges vorm die Hmong-Mien-tale egter deel van 'n Oos-Asiatiese of "Austriese" taalfamilie, saam met die Austro-Asiatiese, Austronesiese, Sino-Tibettaanse, Japannese en Tai-Kadai-tale.
Die grootste tale (volgens moedertaalsprekers) is: Hmong (3,7 miljoen) en Yao (1,3 miljoen).
Verwysings
Verdere leesstof Chen Qiguang [陈其光] (2013). Miao and Yao language [苗瑶语文]. Beijing: Ethnic Publishing House [民族出版社]. Ratliff, Martha (2010). Hmong–Mien-language history. Canberra, Australia: Pacific Linguistics. .
Eksterne skakels
Kategorie:Taalfamilies