Die Uto-Asteekse tale is 'n taalfamilie wat uit sowat 61 tale bestaan en deur 2 miljoen Indiane gepraat word. Hulle word oorwegend in die westelike Verenigde State en Meksiko, maar ook in lande van Sentraal-Amerika gepraat.
duimnael|links|Verspreiding van Noord-Uto-Asteekse tale in Noord-Amerika duimnael|links|Verspreiding van Suid-Uto-Asteekse tale in Meksiko Die Uto-Asteekse tale is na die taal Uto, 'n deel van die noordelikste tak (die Numiese tale) en die Asteekse tale (waaronder Nahuatl), die suidelikste tak, genoem. Die Uto-Asteekse tale bestaan uit 11 hooftakke, waarvan Tübatulabal, Serran en Opata net uitgestorwe tale bevat. Soms word die Uto-Asteekse tale in twee hooftakke verdeel, naamlik die Noord-Uto-Asteekse tale van die westelike Verenigde State en noordoostelike Meksiko asook die Suid-Uto-Asteekse tale van Meksiko en Sentraal-Amerika.
Die Uto-Asteekse tale is een van die grootste taalfamilie van die Amerikas volgens aantal sprekers, tale en geografiese verspreiding. Sommige van die Uto-Asteekse tale behoort tot die Meso-Amerikaanse taalgebied, saam met die Majatale, Totonaks-Tepehua, Otomangue, Mixe-Zoque asook geïsoleerde en ongeklassifiseerde tale.
Die grootste taal volgens moedertaalsprekers is Nahuatl (1,45 miljoen, sowat 78,9% van al die Uto-Asteekse tale). Nahuatl is veral bekend as taal van die Asteke, Tlaxcalteke en Tolteke in die huidige Meksiko, almal Nahua-volke. Tydens die Asteekse tydperk het Nahuatl as lingua franca in Sentraal-Amerika gedien.
Sien ook Inheemse tale van die Amerikas
Verwysings
Verdere leesstof
Eksterne skakels
Kategorie:Inheemse tale van die Amerikas Kategorie:Taalfamilies Kategorie:Tale van Noord-Amerika