120px|duimnael|Simbole van die drie grootste Abrahamitiese gelowe: (van bo) die Joodse Ster van Dawid, die Christelike kruis en die Islamitiese ster en sekelmaan.

Die Abrahamitiese gelowe is ’n groep Semities geïnspireerde godsdiensgemeenskappe wat daarop aanspraak maak dat dit van die Judaïsme van die antieke Israeliete afstam en die God van Abraham aanbid. Dit is monoteïstiese gelowe: Hulle aanbid net een God, die unieke God. Die term kom van die patriarg Abraham, ’n belangrike figuur in die Ou Testament wat deur Christene, Moslems en ander erken word.

Abrahamitiese godsdienste het wêreldwyd versprei nadat die Christelike geloof in die 4de eeu deur die Romeinse Ryk aanvaar is en Islam van die 7de eeu af deur die Islamitiese ryke. Die groot Abrahamitiese gelowe, in chronologiese volgorde van hul stigting, is Judaïsme (7de eeu v.C.), die Christendom (1ste eeu) en Islam (7de eeu).

Dit is die drie Abrahamitiese gelowe met die grootste getal volgelinge. Ander Abrahamitiese gelowe met minder volgelinge sluit in Samaritanisme, die Droese, Babisme, Baha’i en Rastafarianisme.*

In 2005 is 54% van die wêreldbevolking (3,6 miljard mense) beskou as volgelinge van ’n Abrahamitiese geloof, sowat 32% as volgelinge van ander gelowe en 16% as aanhangers van geen georganiseerde geloof nie. Sowat 33% van die wêreldbevolking is Christene, sowat 21% Moslems, sowat 0,2% Jode en sowat 0,1% behoort tot Baha’i.

Verwysings

Eksterne skakels Reconciling the Abrahamic Faiths Besoek op 21 Oktober 2012 Three Faiths, One God Besoek op 21 Oktober 2012 Abrahamic Religions Besoek op 21 September 2016 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Religie