duimnael|Rannoch Moor duimnael|Blackrock Cottage, met die Buachaille Èite Mòr-bergmassief (Engels: Buachaille Etive Mor) teen die agtergrond duimnael|Die meer Lochan na h'Achlaise in Mei
duimnael|'n Vragtrein ry deur die eensame landskap van Rannoch Moor duimnael|'n Passasierstrein van West Coast Railways op die West Highland Line duimnael|Die stamkasteel van Scrooge McDuck, een van die welvarendste Amerikaners met wortels in Skotland, se familie was êrens in Rannoch Moor, oos van Fort William en noord van Loch Rannoch, geleëNever Was Blog | Magazine | Lounge: The Times of Scrooge McDuck: The Last of the Clan McDuck. Besoek op 28 Mei 2020 Rannoch Moor ['rænəx] , Skots-Gaelies: Mòinteach Raineach/Raithneach, is 'n uitgestrekte heideveld met 'n oppervlakte van 50 vierkante myl (130 vk km) wes van Loch Rannoch in Skotland. Die gebied - 'n driehoekvormige plato met Loch Rannoch in die ooste, Loch Tulla in die suide en Glen Coe in die weste as sy drie punte, op 'n hoogte van 300 tot 400 m bo seevlak - is ongeskik vir enige landbouaktiwiteit en derhalwe feitlik onbewoon, met die grootpad A82 (wat Glasgow met Fort William in die Skotse Hoogland verbind) in die suidweste en die spoorlyn van die West Highland Line as die enigste noemenswaardige menslike infrastruktuur. Baie van die westelike dele van Rannoch Moor is in die Ben Nevis and Glen Coe National Scenic Area geleë, een van 'n veertigtal nasionale gebiede van besondere natuurskoon in Skotland.
Verwysings
Eksterne skakels Toerisme
Visit Scotland: Great Moor of Rannoch Media
Kate Davies/YouTube.com: Rannoch Moor
Kategorie:Geografie van Skotland