duimnael|240px|Die leer na die hemel waarvan Jakob in Genesis 28 gedroom het.

Die hiernamaals, ook genoem die lewe ná die dood, is die begrip dat ’n wesentlike deel van ’n individu se persoonlike identiteit of bewustheid voortleef ná die dood van die fisieke liggaam. Volgens verskillende idees van die hiernamaals kan die deel wat ná die dood voortleef die siel of gees wees wat ’n persoonlike identiteit behou of, aan die ander kant, dalk nie soos in die Indiese nirwana. ’n Geloof in die hiernamaals, wat naturalisties of bonatuurlik kan wees, is in teenstelling met die geloof in vergetelheid ná die dood.

In sommige sienings vind hierdie voortbestaan dikwels plaas in ’n spirituele ryk. In ander gewilde sienings word die persoon in die huidige lewe herbore en begin hy die lewensiklus van voor af, waarskynlik met geen herinnering aan wat hy in ’n vorige lewe gedoen het nie. Volgens laasgenoemde siening kan sulke hergeboortes en sterftes oor en oor plaasvind totdat die individu ’n spiriturele ryk betree. Belangrike sienings van die hiernamaals kom voor in godsdiens, esoterie en metafisika.

Volgens sommige geloofstelsels, soos die Abrahamitiese tradisie, gaan afgestorwenes na ’n spesifieke bestaansvlak ná die dood soos deur God of ’n ander Goddelike oordeel bepaal, gebaseer op hul dade en geloofsooruigings terwyl hulle gelewe het. In teenstelling daarmee word die aard van die voortgesette bestaan in stelsels van reïnkarnasie, soos in die Indiese gelowe, regstreeks bepaal deur die dade van die individu in die vorige lewe eerder as deur die besluit van ’n ander wese.

Verskillende metafisiese modelle Teïste glo gewoonlik die een of ander lewe wag op mense ná hul dood. Lede van sommige algemene nieteïstiese gelowe glo ook in ’n hiernamaals, maar sonder verwysings na ’n godheid. Die Sadduseërs was ’n antieke Joodse sekte wat weer geglo het daar is ’n God, maar nie ’n hiernamaals nie.

Baie godsdienste, of hulle in die siel se voortbestaan in ’n ander lewe glo (soos die Christendom, Islam en baie heidende geloofstelsels) of in reïnkarnasie (soos baie vorme van Hindoeïsme en Boeddhisme), glo ’n mens se status in die hiernamaals is ’n beloning of straf vir hul optrede gedurende hul lewe.

Reïnkarnasie

Reïnkarnasie is die filosofiese of godsdienste begrip dat ’n individu ’n nuwe lewe in ’n ander fisieke liggaam of vorm begin ná elke biologiese dood. Dit word ook hergeboorte genoem en is deel van die samsara-leerstelling van ’n sikliese bestaan. Dit is ’n sentrale leerstelling in alle groot Indiese gelowe, soos Boeddhisme, Hindoeïsme, Djainisme en Sikhisme. Die idee van reïnkarnasie kom voor in baie antieke kulture, en Griekse historiese figure soos Pythagoras, Sokrates en Plato het in hergeboorte/metapsigose geglo.Sien Charles Taliaferro, Paul Draper, Philip L. Quinn, A Companion to Philosophy of Religion. John Wiley and Sons, 2010, bl. 640, Google Books Dit is ook ’n algemene geloofsoortuiging in verskeie antieke en moderne godsdienste, soos spiritisme en teosofie, en word aangetref in baie stamgemeenskappe in wêrelddele soos Australië, Oos-Asië, Siberië en Suid-Amerika.Gananath Obeyesekere, Imagining Karma: Ethical Transformation in Amerindian, Buddhist, and Greek Rebirth. University of California Press, 2002, bl. 15.

Hoewel die meeste denominasies in die Abrahamitiese godsdienste (Judaïsme, die Christendom en Islam) nie in reïnkarnasie glo nie, verwys spesifieke groepe in dié godsdienste wel na reïnkarnasie; dit sluit in die hoofstroom- historiese en kontemporêre kabbala-aanhangers, Kathare, Alawiete, DroeseHitti, Philip K (2007) . Origins of the Druze People and Religion, with Extracts from their Sacred Writings (New Edition). Columbia University Oriental Studies. 28. Londen: Saqi. pp. 13–14. en Orde van die Rosekruis.Heindel, Max (1985) [1939, 1908] The Rosicrucian Christianity Lectures (Collected Works): The Riddle of Life and Death. Oceanside, California. 4de uitg. Die historiese verhoudings tussen hierdie sektes en die geloofsoortuigings oor reïnkarnasie wat tipies was van neoplatonisme, orphisme, hermetisme en gnostisisme van die Romeinse tydperk, sowel as die Indiese gelowe, is die onderwerp van onlangse navorsing deur geleerdes.The Shape of Ancient Thought deur Thomas McEvilley Unity Church en sy stigter, Charles Fillmore, leer ook van reïnkarnasie. Die Kerk van Sciëntologie beklemtoon die verskil tussen reïnkarnasie en vorige lewens. Terwyl die eersgenoemde verwerp word, erken die Kerk die konsep van vorige lewens, al maak dit nie amptelik deel uit van sy dogma nie.scientology.org: Does Scientology believe in reincarnation or past lives? Besoek op 9 November 2018 Die Aetherius-geselskap se leerstellings verwys eksplisiet na vorige lewens.The Aetherius Society: Past lives. Besoek op 9 November 2018

Die Britse kernfisikus en molekulêre bioloog Jeremy Hayward, wat aan die Universiteit van Cambridge verbonde is, verwys na hoofstroom-wetenskaplikes wat die hipotese steun dat die bewussyn naas ruimte, tyd, materie en energie moontlik een van die grondliggende elemente van ons wêreld kan wees.www.welt.de, 25 April 2008: Quantenphysik – Die Seele existiert auch nach dem Tod. Besoek op 9 November 2018

Hemel en hel duimnael|170px|’n Ikoon van die engel Gabriël, Bisantynse Ryk, omstreeks 1387–1395 (Tretjakof-galery, Moskou).

Die hemel, Tian, Jannah, Valhalla of die Somerland is algemene plekke waar wesens soos gode, engele, djins, heiliges of eerbiedwaardige voorouers glo ontstaan, gekroon word of lewe. Volgens die geloofsoortuigings van sommige godsdienste kan hemelse wesens op die aarde neerdaal of reïnkarneer, en aardse wesens kan in die hiernamaals hemel toe gaan of, in sommige uitsonderlike gevalle, lewend opvaar na die hemel.

Die hemel word dikwels beskryf as ’n "hoër plek", die heiligste plek en ’n paradys (in teenstelling met die hel, die onderwêreld of die "lae plek") en is vir aardse wesens toeganklik volgens uiteenlopende standaarde van goddelikheid, goedheid, vroomheid of ’n ander deugsaamheid, of eenvoudig deur die wil van God. Sommige glo in die moontlikheid van ’n hemel op aarde in ’n volgende wêreld.

In Indiese gelowe word die hemel beskou as Svarga loka, ’n oorgangsplek vir regverdige mense. Daar is sewe positiewe streke waarheen die siel ná die dood kan gaan, en sewe negatiewe streke. Nadat die siel in ’n spesifieke streek gebly het, word dit in verskillende lewensvorme herbore na gelang van sy karma. Dié siklus kan verbreek word nadat ’n siel sy moksja of nirwana bereik het.

Die hel is in baie godsdienste en volkstradisies ’n plek van foltering en straf in die hiernamaals. Sommige godsdienste beeld die hel uit as ’n ewige plek, en ander as ’n tussentydse tydperk tussen reïnkarnasies. Dié tradisies beskou die hel gewoonlik as ’n ander dimensie of as iewers onder die aardoppervlak. Ander bestemmings ná die dood sluit in die vaevuur en limbo.

Tradisies wat nie die hiernamaals as ’n plek van beloning of straf beskou nie, beskryf die hel bloot as die blyplek van die afgestorwenes, die graf, sjeool of doderyk, wat onder die aardoppervlak geleë is.

Antieke godsdienste Antieke Egiptiese godsdiens duimnael|170px|Anoebis, wat die dooies se siele geweeg het.

Die hiernamaals het ’n belangrike rol gespeel in die antieke Egiptiese godsdiens. Dié geloofstelsel is een van die vroegstes in die opgetekende geskiedenis. Wanneer die liggaam gesterf het, het dele van die siel bekend as die ka (’n weergawe van die liggaam) en die ba (persoonlikheid) na die Koninkryk van die Dooies gegaan. Terwyl die siel in die paradys was, het Osiris geëis dat werk gedoen word as vergoeding vir die beskerming wat hy verskaf het. Standbeelde is dus in die graftombes geplaas om as plaasvervangers vir die afgestorwenes op te tree.Richard P. Taylor, Death and the afterlife: A Cultural Encyclopedia, ABC-CLIO, 2000,

Om ’n mens se beloning in die hiernamaal te kry was ’n veeleisende beproewing – dit het ’n sondelose hart vereis, asook die vermoë om towerspreuke, wagwoorde en formules uit die Dodeboek te ken. In die Doeat (doderyk) het Anoebis die oorledene se hart geweeg teen die veer van waarheid en geregtigheid uit die hooftooisel van die godin Maät. As die hart ligter as die veer was, kon die oorledene voortgaan na die paradys, maar as dit swaarder was, sou die god Ammit die liggaam eet.Kathryn Demeritt, Ptah's Travels: Kingdoms of Ancient Egypt, 2005, p. 82

Daar is ook geglo die enigste manier om ’n lewe ná die dood te hê was dat ’n persoon gemummifiseer en in ’n sarkofaag begrawe word. Net as die liggaam reg gebalsem en begrawe is, kon al die elemente van die oorledene soos die ka, ba en ach (intellek) weer bymekaar uitkom.Fergus Fleming, Alan Lothian, Ancient Egypt's Myths and Beliefs, 2011, p. 96 Dan kon die dooies weer lewend word in die paradys en die son vergesel op sy daaglikse reis. Vanweë die gevare wat in die hiernamaals gewag het, is die Dodeboek by die liggaam in die graftombe geplaas saam met juwele en kos. Hulle het ook die Mondopeningseremonie gebruik om die mond van die oorledene se standbeeld of mummie ritueel oop te maak sodat die persoon in die hiernamaals sou kon asemhaal, eet en praat.Glennys Howarth, Oliver Leaman, Encyclopedia of death and dying, 2001, p. 238Natalie Lunis, Tut's Deadly Tomb, 2010, p. 11

Op 30 Maart 2010 het ’n woordvoerder van die Egiptiese departement van kultuur beweer ’n groot rooi granietdeur is in Luxor ontdek met inskripsies deur Oeser, ’n magtige raadgewer van die 18de Dinastie se koningin Hatsjepsoet, wat van 1479 v.C. tot 1458 v.C. regeer het. Daar word geglo die vals deur is ’n "deur na die hiernamaals". Volgens die argeoloë is dit in Romeinse Egipte in ’n struktuur herbruik.

Antieke Griekse en Romeinse godsdiens

Die god Hades was in die Griekse mitologie bekend as die koning van die onderwêreld, ’n plek waarheen siele ná die dood gegaan het.F.P. Retief en L. Cilliers, "Burial customs, the afterlife and the pollution of death in ancient Greece", Acta Theologica 26(2), 2006, p. 45 (PDF). Hermes, die boodskapper van die gode, sou ’n afgestorwene se siel neem na die onderwêreld, wat ook Hades genoem is. Hy sou die siel op die oewer van die Styx, die rivier tussen die lewendes en die dooies, los.Social Studies School Service, Ancient Greece, 2003, pp. 49–51

duimnael|links|Die Griekse regters van die dooies: Minos, Aiakos en Rhadamanthys (Ludwig Mack, omstreeks 1826). Charon, die bootsman, sou dan die siel oor die rivier na Hades neem as die afgestorwene geld by hom gehad het; dié is op die begrafnis onder die oorledene se tong geplaas. In die onderwêreld is die siel deur Aiakos, Rhadamanthys en koning Minos geoordeel. Die siel sou dan na Elysion, Tartaros, die Affodilveld of die Veld van Straf gestuur word.

Die Elysion was die plek waarheen siele gegaan het as die afgestorwene ’n rein lewe gelei het. Daar was groen velde, valleie en berge; almal was rustig en tevrede; en die son het altyd geskyn. Tartaros was vir die mense wat die gode belaster het of bloot opstandig en bewustelik boos was.Perry L. Westmoreland, Ancient Greek Beliefs, 2007, pp. 68–70 Die Affodilveld was vir ’n verskeidenheid siele: dié wat net soveel goeie dade gedoen as sondes gepleeg het, dié wat besluiteloos was of nie geoordeel is nie. Die Veld van Straf was vir mense wat dikwels sonde gepleeg het, maar nie so erg dat hul siele Tartaros verdien het nie. In Tartaros is die siel gestraf deur dit met lawa te brand of op ’n folterbank uitmekaar te trek.

Die Romeine het ’n soortgelyke geloofstelsel gehad, met Hades wat as Pluto bekend was.