Carex (Segge) is 'n rietgrasgenus wat tot die familie Cyperaceae behoort. Dit is 'n groot genus met ongeveer 2 060 spesies wat 'n wêreldwye verspreiding het. In Suider-Afrika kom nogtans net omtrent 'n dosyn inheemse spesies voor.SANBI rooilys

Segges behoort tot dié plante wat in gematigde streke tot die vorming van veen kan bydra.Nature and Management of Tropical Peat Soils Issue 59 of FAO soils bulletin, ISSN 0253-2050 Food & Agriculture Org., 1988, , Van die seggespesies soos die Japannese Carex hachijoensis is gesogte tuinplante. Tuinprojekte

Spesies Spesies wat in Suid-Afrika voorkom, is:

Carex acocksii C.Archer Carex aethiopica Schkuhr Carex burchelliana Boeck. Carex clavata Thunb. Carex cognata Kunth Carex ecklonii Nees Carex glomerabilis Krecz. Carex monotropa Nelmes Carex mossii Nelmes Carex rainbowii Luceño, Jim.Mejías, M.Escudero & Martín-Bravo Carex rhodesiaca Nelmes Carex spicato-paniculata C.B.Clarke Carex subinflata Nelmes Carex zuluensis C.B.Clarke

Daar is ook 'n paar spesies in Suid-Afrika wat soms tot die genus Schoenoxiphium gereken word, maar dalk eintlik tot die genus Carex behoort.

Verwysings

Kategorie:Grasse