Die Lehabeërs is volgens die Bybel 'n Egiptiese volk. Volgens Genesis 10:13 en 1 Kronieke 1:11 is die Lehabeërs afstammelinge van Misráim, wat die Hebreeuse en Aramese benaming vir Egipte is. Die agtervoegsel áim dui 'n tweetallige meervoud aan en verwys moontlik na Bo-Egipte en Benede-Egipte. Die presiese identiteit van die Lehabeërs is onbekend, maar hulle mag Libiërs wees.

Bronne

Kategorie:Bybel Kategorie:Bybelse volke