Opus Dei, amptelik bekend as Die Prelaatskap van die Heilige Kruis en Opus Dei (Engels: The Prelature of the Holy Cross and Opus Dei; Latyn: Praelatura Sanctae Crucis et Operis Dei), is ’n instelling van die Rooms-Katolieke Kerk wat leer almal kan heilig word en dat die gewone lewe ’n weg na heiligheid is. Die meeste lede is niegeestelikes; die res is niekloosterlike priesters onder leiding van ’n kerkvoog of prelaat wat deur spesifieke lede gekies en deur die pous aangestel word.Upon whom does the prelate of Opus Dei depend? Who appoints him? Opus Dei website. Opus Dei is Latyn vir "Werk van God" en lede verwys dikwels na die organisasie as "die Werk".
Opus Dei is in 1928 in Spanje gestig deur die Katolieke heilige en priester Josemaría Escrivá, en het in 1950 die goedkeuring van die Katolieke Kerk gekry deur middel van pous Pius XII. Pous Johannes Paulus II het dit in 1982 ’n persoonlike prelaatskap gemaak deur die Apostoliese konstitusie Ut sit; dus dek die jurisdiksie van sy eie biskop, eerder as geografiese bisdomme, die persone in Opus Dei waar hulle ook al is.
In 2016 het die prelaatskap 94 776 lede gehad: 92 667 niekerkliks en 2 109 priesters. Dit sluit die bisdomlike priesters uit wat lid is van Opus Dei se Priestergenootskap van die Heilige Kruis, wat in 2005 sowat 2 000 lede gehad het. Daar is Opus Dei-lede in meer as 90 lande. Sowat 70% lede van die lede woon in privaat huise en lei ’n tradisionele Katolieke gesinslewe met ’n sekulêre loopbaan, terwyl die res selibaat is en hoofsaaklik in Opus Dei-sentrums woon. Benewens hul persoonlike welsynwerk organiseer Opus Dei-lede opleiding in Katolieke spiritualiteit soos toegepas op die alledaagse lewe; lede is betrokke by die bestuur van universiteite, universiteitswonings, skole, uitgewers, hospitale en tegniese en landbou-opleidingsentrums.
Omstredenheid Opus Dei is deur die loop van sy geskiedenis uit baie oorde gekritiseer en dit het joernaliste aangespoor om die instelling te beskryf as "die mees omstrede mag in die Katolieke Kerk" en die stigter as ’n "polariserende" figuur. Kritiek op Opus Dei gaan veral oor bewerings van geheimhouding, sy omstrede en aggressiewe werwingsmetodes, streng reëls vir lede, elitisme en vrouehaat, en steun of deelname aan outoritêre of regse regerings, veral Spanje onder die regering van Francisco Franco tot in 1978. Die kastyding van die vlees wat sommige lede beoefen, word ook gekritiseer. Verdere kritiek is dat hulle na bewering onafhanklikheid en meer invloed in die Katolieke Kerk nastreef.
Aan die ander kant meen verskeie joernaliste wat Opus Dei bestudeer het, baie van die kritiek is geskoei op versinsels deur teenstanders, en daar is al beweer die teenstand kom van mense wat teen heiligwording is. Verskeie pouse en ander Katolieke leiers het Opus Dei se innoverende lering oor die heiligmakende waarde van werk geloof, asook die instelling se getrouheid aan Katolieke geloofsoortuigings. In 2002 het pous Johannes Paulus II Escrivá tot heilige verklaar en hom "die heilige van die alledaagse lewe" genoem.
In onlangse jare het Opus Dei internasionale aandag getrek vanweë die roman The Da Vinci Code en sy rolprentweergawe van 2006, wat deur vooraanstaande Christene sowel as niegelowiges as misleidend, onakkuraat en anti-Katoliek afgemaak is.
Kritici soos die Jesuïet Wladimir Ledóchowski verwys soms na Opus Dei as ’n "Katolieke", "Christelike" en "wit" vorm van die Vrymesselaars.
Verwysings
Eksterne skakels Amptelike webtuiste Die stigter van Opus Dei: amptelike webtuiste Die Vatikaan oor Opus Dei en Josemaria Escriva EWTN-bladsy oor Opus Dei Opus Dei Awareness Network – deur ’n oudlid 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Geheime organisasies Kategorie:Rooms-Katolieke Kerk Kategorie:Antivrymesselary