Keramiek is 'n versamelnaam vir alle voorwerpe wat uit klei gevorm en na droging aan 'n hoë temperatuur blootgestel word sodat 'n reaksie in tree wat nie onmerkbaar is nie. Die klei wat gebruik word, besit die eienskap dat dit deur die byvoeging van 'n bietjie water breibaar word, en deur die byvoeging van meer water in klein deeltjies opbreek en vloeibaar word. Die hardheid, poreusheid, kleur en toepassingsmoontlikhede van keramiek hang af van die samestelling van die kleisoort, die hoogte van die temperatuur waarby dit gebak word en die baktyd daarvan.
Een of meer lae glasuur wat by 'n hoë temperatuur smelt en aan die klei heg, kan op die voorwerp aangebring word. Die voorwerp se oppervlak kry hierdeur 'n ander kleur en word waterdig. Reeds in prehistoriese tye is voorwerpe uit klei vervaardig, meestal gebruiksvoorwerpe soos potte. In die verskillende kulture is verskillende metodes ontwikkel om die klei te vorm en te versier. duimnael|299x299px|'n Vaas wat uit die 1800's dateer
Prehistoriese tyd tot Oudheid Die belangrikste grondstof vir die vervaardiging van keramiese produkte is klei, wat hoofsaaklik uit alkalisilikate bestaan. Klei word in die meeste lande aangetref en daar is reeds in die prehistoriese tyd vasgestel dat die eienskappe van die klei verander wanneer dit in die son, 'n oop vuur of 'n oond gebak word.
Die voorwerp word hard, is nie meer oplosbaar nie en is derhalwe duursamer. Die keramiek uit die prehistoriese tyd van die verskillende kulture (in Mesopotamië en Egipte tot ca. 3000 v.C., maar in Europa tot die koms van die Romeine) het heelwat bygedra tot die kennis wat vandag oor die verskillende kulture bestaan: die soort samelewing, die peil van tegniese ontwikkeling, ensovoorts. In die Nabye Ooste is keramiekvoorwerpe gevind wat uit ca. 6000 tot 5000 v.C. dateer.
Dit bestaan uit huishoudelike artikels soos potte en komme, en voorwerpe in die vorm van mense en diere wat by godsdienstige en magiese seremonies gebruik is. Die voorwerpe is met die hand gevorm. In Mesopotamië is potte gevind wat dateer uit ca. 3000 v.C. en waarop horisontale strepe voorkom, wat duidelik op die gebruik van 'n draaiskyf en pottebakkerswiel dui. Die eerste draaiskywe was moontlik ʼn stuk hout wat deur 'n helper in die rondte gedraai is. Later het draaiskywe van klip wat om 'n as gedraai het, in gebruik gekom.
Oonde is reeds omstreeks 4000 v.C. in Persië en in Mesopotamië gebou waarin die kleivoorwerpe gebak is. Temperature van tot ca. 450-700 °C is hierin bereik. ʼn Kleiproduk wat by ca. 1 050 °C gebak is, word erdewerk genoem. Die gebakte klei (skerf) bly dan poreus. Die oppervlak van erdewerk word waterdig gemaak deur dit met 'n lagie slib te bedek en dan te poleer. Teen ongeveer 3000 v.C. het die Egiptenare 'n soort glasuur begin gebruik wat die oppervlak waterdig gemaak het.
Glasuur Glasuur bestaan uit glasvormende stowwe, byvoorbeeld kwarts, wat by 'n hoe temperatuur smelt en na afkoeling baie hard word. Deur die toevoeging van oksides kan verskillende kleure glasuur gemaak word. Die glasuur heg aan die klei en maak die oppervlak glad en glansig, en ondeurdringbaar vir gasse en vloeistowwe. Die vroegste Egiptiese glasuur het 'n blougroen kleur gehad. In die meeste prehistoriese kulture was die gebruik van glasuur onbekend. duimnael|296x296px|Die Wan Li styl Voorwerpe (potte, vase en beeldjies) is versier deur patrone in die klei te kerf of te stempel, of deur dit met 'n sliblaag waarby kleurstof gevoeg is, te beskilder. In Noord-Europa word verskillende kulture volgens die vorm van hul keramiese produkte onderskei: die sogenaamde bekerkulture (2700-1700 v.C.). Daar is byvoorbeeld die tregterbeker-, die standvoetbeker- en die klokbekerkultuur. Gedurende die Bronstyd het die verassing van dooies geleidelik in gebruik begin kom en daarmee saam die vervaardiging van urns of Iykbusse (vaas van erdewerk waarin die as van die oorledene bewaar word).
Sekere strominge kan aan die vorm en versiering daarvan uitgeken word. Die urns wat gedurende die Ystertydperk vervaardig is, is met grafiet beskilder of het ingekerfde geometriese patrone gehad. Die sogenaamde Marne-keramiek is sedert ca. 450 v.C. gemaak: dit is erdewerk met skerp profiele wat deur die vorm van bronsvoorwerpe van daardie tyd beïnvloed is. Die prehistoriese keramiek van Indië het veral bestaan uit voorwerpe wat in die Indusvallei gevind is (tot ca. 2000 v.C.). In China het die prehistorie ca. 1500 v.C. geëindig, terwyl dit in sommige gebiede in Afrika en Amerika tot in die moderne tyd geduur het. Al hierdie keramiek vertoon vanweë die beperkte tegniese hulpmiddels wat beskikbaar was, 'n sekere ooreenkoms.
Europa In die oostelike Middellandse Seegebied is keramiek van die 4e millennium v.C. af vervaardig. Klei wat plaaslik beskikbaar was, is gebruik, en die bestanddele, die temperatuur waarby dit gebak is (erdewerk nooit hoer as ca. 1 050 °C nie), asook die metode wat gebruik is, het die erdewerk se verskillende kleure bepaal. In die Minoïese beskawing, wat sedert 4000 v.C. op Kreta en die omringende eilande geheers het, is aanvanklik swart keramiek wat uit rolle klei opgebou is, vervaardig. duimnael|411x411px|Spanje se ekonomie steun op die verkope van keramiekware Later (ca. 3000 v.C.) het die sogenaamde snawelkanne in gebruik gekom. Dit het 'n ligte kleur gehad, en donker patrone is met 'n sliblaag wat 'n kleurstof bevat het, daarop aangebring. Omstreeks 1800 v.C. het die draaiskyf in die Minoïese en die Miceense (op die vasteland van Griekeland) kulture in gebruik gekom. Tiperend vir die Kretensiese en Miceense erdewerk is die versierings en motiewe wat aan die plante- en diereryk ontleen is, veral visse.
Omstreeks 1000 v.C. het daar 'n einde aan hierdie beskawings gekom. Daarna het 'n nuwe styl in die Griekse wêreld en veral op Petoponnesos begin ontwikkel. Dit is die geometriese styI genoem en het tussen die 10e en 8e eeu v.C. ontstaan. Gebruikserdewerk en beeldjies is van 'n klei gemaak wat tydens die bakproses van liggeel tot rooibruin verkleur het (die hoeveelheid yster in die klei het die kleur bepaal). Voordat dit gebak is, is dit met 'n sliblaag in ligte en donker kleure versier.
Die patrone wat in die versiering gebruik is, het uit geometriese motiewe bestaan: spirale, meanders, saagtandrande, ensovoorts. Die meeste versierings is op die buik van die pot aangebring. Baie groot vase kon nie in een stuk op die draaiskyf gemaak word nie, en moes uit verskillende dele opgebou word wat met slib aanmekaargevoeg is. Hierdie voeë is aan die binnekant van sulke vase sigbaar. Van die 8e eeu v.C. af was die Griekse vasteland in noue voeling met Egipte, Mesopotamië, Sirië en Fenicië, wat 'n groot invloed op die keramiek van Griekeland uitgeoefen het.
In Oos-Griekeland is dieremotiewe wat 'n verwantskap met die meer oostelik geleë gebiede toon, dikwels as versierings gebruik. Die keramiek van Korinthe en Attika was hul belangrikste en gewildste uitvoerartikel. Vase is al hoe meer versier met tonele in die sogenaamde swart- en rooifiguurstyl, wat hul hoogtepunt in die 5e eeu v.C. bereik het. Die swartfiguurstyl word soos volg uitgevoer: Nadat die vaas klaar gedraai en dit 'n tyd lank gelaat is om te droog (dit moet nie heeltemal droog word nie), word die versiering met 'n sliblaag, 'n kleisuspensie en 'n hulpkleur met wit pigment daarop aangebring. Fyner besonderhede word nou met 'n skerp voorwerp hierop ingegrif.
Wanneer die vaas heeltemal droog is, begin die bakproses. Eers word die oond oksiderend verhit, dit wil se suurstof word in die oond ingelaat. Dit bring mee dat die vaas en die sliblaag rooi word. Nou word die oond weer reduserend verhit (suurstof word onttrek) en die vaas en die sliblaag word swart. Vervolgens word suurstof weer ingelaat. Die kleb van die vaas neem dit op en word rooi, maar die sliblaag wat te dig van struktuur en ondeurdringbaar geword het vir suurstof, bly swart. Die dele wat wit pigment bevat, bly tydens die bakproses wit. Soms is ʼn lagie oker na die bakproses aangebring om die rooi kleur te intensiveer. By die rooifiguurstyl word die figure in die sliblaag behou.
Enkele variante van hierdie tegnieke is ook gebruik, soos byvoorbeeld waar figure op 'n wit onderlaag aangebring is, of waarversierings in reliëf gedoen is. Op 'n aantal vase, potte en borde is die makerstekens te sien van die kunstenaar wat die vaas gevorm het en ook die van die skilder. Sedert die 4e eeu v.C. is daar begin om deur middel van perspektief dieptedimensie in die voorstellings te bring. Die gehalte van die keramiek het daarna begin afneem. duimnael|359x359px|Sardana Keramiek teëls Ook in die pottebakkersentrums in Suid-Italië was die produkte in die 4e eeu nie meer van dieselfde gehalte as die Attiese keramiek van vroeër nie. Tydens die Hellenistiese tydperk (van die 3e eeu v.C. af) is die erdewerk oor die algemeen met reliëfs versier, en was dit gebruiklik om die hele vaas swart te kleur. Die Etruskers was bekend om hulle Bucchero-erdewerk: die vorms is op die draaiskyf gemaak en die versiering het uit ingestempelde patrone bestaan: die hele oppervlak is egalig met slib gekleur, meestal swart.
En het 'n besondere hoë glansafwerking gehad. In die Romeinse Ryk is gebruiksvoorwerpe van terrasigillata vervaardig: keramiek van klei wat tydens die bakproses rooi verkleur, besonder dun uitgewerk kan word maar tog baie hard is, en bedek is met 'n glansende rooi of soms swart sliblaag. Versierings was ingestempel. Hierdie erdewerk is in bykans al die provinsies van die Romeinse Ryk gevind. Ook na die val van die Ryk is terrasigillata nog vir 'n lang tyd in die lande rondom die Middellandse See vervaardig.
Van die 9e eeu af Tot ongeveer die 9e eeu n.C. was daar min verandering in die Europese keramiek. ʼn Groot oplewing in die kuns is teweeggebring toe die gebruik van glasuur via die lslamitiese lande en Bisantium bekend geword het. Glasuur bestaan uit glasvormende bestanddele (byvoorbeeld kwarts en veldspaat), oksides, wat bepalend is vir die kleur, en vloeimiddels. 'n Vloeibare lagie "rou" glasuur word op die droë klei (of nadat die voorwerp een keer gebak is) aangebring en smelt in die oond daarop vas.
Met afkoeling stol die glasuur tot 'n glasagtige laag wat deursigtig of gekleurd kan wees. Sowel gebruiksvoorwerpe as teëls is met Oosterse motiewe geglasuur. Gedurende die 11e eeu is daar begin met die toepassing van die graffito-tegniek, wat uit Persië afkomstig was. Klei wat tydens die bakproses rooi verkleur, is met ʼn laag wit slib bedek en die figure is dan daarop uitgegrif sodat die rooi onderlaag sigbaar was. 'n Laag geel of groen deursigtige glasuur is vervolgens oor die onderlaag aangebring. Hierdie tegniek is veral in Suid-Europa toegepas. In die Noord-Europese lande en in Engeland is tot die 16e eeu veral gebruiksvoorwerpe en teëls in baie eenvoudige vorms vervaardig en dan met 'n lagie deursigtige loodglasuur bedek. Die versiering het uit eenvoudige patrone bestaan wat ingestempel of met glasuur aangebring is.
By die gebruikserdewerk is meestal net die binnekant van die pot met glasuur bedek. In die 12e eeu is 'n metode in Duitsland ontwikkel wat dit moontlik gemaak het om die temperatuur in die bakoond tot ongeveer 1100-1300 °C te verhoog. Keramiek wat so verkry word, is' baie harder as erdewerk en word proto-Steinzeug (proto-steenwerk) genoem, 'n voorloper van grès, wat teen ongeveer 1400 ontstaan het. By hierdie hoë temperatuur "smelt" die kleideeltjies as 't ware ineen en word die skerf so dig dat dit heeltemal ondeurdringbaar is. Meestal word grès, wat 'n blougrys of bruin kleur het, bedek met 'n "glasuur" wat ontstaan deur sout in die brandende oond te strooi. 'n Dun lagie slaan dan op die voorwerpe neer.