Die Javaanse tier (Panthera tigris sondaica) is 'n uitgestorwe tiersubspesie wat voorheen slegs op Java voorgekom het. Die dier was klein van gestalte, maar is ook uitgeken aan sy pels met fyn en strakke strepe, asook die lang snoet met die lang skeurtande. Daar is weinig oor sy gedragspatrone bekend.
Die plaaslike bevolking het die Javaanse tier afgemaai, maar ook sy habitat ontbos om plek te maak vir ryslande, kiaat-, koffie- en rubberboomplantasies. Soos sy vernaamste prooidiere, die Javaanse hert (Rusa timorensis) en die wildevark (Sus scrofa), al hoe skaarser geword het, moes die tier weens die habitatverlies ook nou al hoe meer om prooi meeding met die Javaanse luiperd (Panthera pardus melas). Die luiperd kon veel makliker by die nuwe veranderinge aanpas, omdat hy vernaamlik op klein tot middelgrootte prooidiere teer. Al hierdie faktore het uiteindelik bygedra tot die tiersubspesie se uitsterwing in die 1980's.
Hierdie tier maak ook deel uit van die Javaanse kultuurgoed. Omkleed met sy kragtige simboolwaarde word hy vereenselwig met die adelstand, natuurkragte, sjamanisme en voorvadergeesaanbidding. Dwarsoor die hele Suidoos-Asië huisves die tier glo 'n mensesiel wat die gedaante van 'n weertier kan aanneem en dan boosaardig kan raak. Die subspesie word ook vereenselwig met 'n offerseremonie wat as die rampog macan bekend staan.
Beskrywing Fisieke kenmerke upright=0.8|duimnael|links|alt=Chasseur européen posant devant une peau de Tigre de Java.|'n Jagter poseer voor die huid van 'n geskiete tier by Kalitapakdoewoer. Let op die talryke dun strepies. Die Javaanse tier word gekenmerk deur sy lang en dun strepe, wat ietwat meer as die Soematraanse tier (P. t. sumatrae) s'n is. Die snoet is lank en smal, die planum occipitale is beduidend smal en die skeurtande is lank in verhouding met die afmetinge van die skedel. Mazák, J.H. & Groves, C.P. 2006. A taxonomic revision of the tigers (Panthera tigris) of Southeast Asia. Mammalian Biology, 71(5): 268–287. Die deursnee van sy pootafdrukke is groter as die Bengaalse tier (P. t. tigris) s'n. John Seidensticker, S.D. Miller (ed.) et D.D. Everett (ed.), Cats of the world: biology, conservation and management, Washington DC, National Wildlife Federation, 1986, « Large Carnivores and the Consequences of Habitat Insularization: Ecology and Conservation of Tigers in Indonesia and Bangladesh »
Die tier is kleiner gebou as die spesies op die vasteland, maar tog effens groter as die Balinese tier (P. t. balica), en byna net so gedronge soos die Soematraanse tier. Die mannetjie is gemiddeld 2,48 m lank "tussen die spalke" (die dooie tier is oopgespalk en dan vanaf die snoetpunt tot stertpunt gemeet). Lengtegegewens oor die wyfie bestaan nie. Die skedellengte wissel tussen 30,6 tot 34,9 cm by die mannetjie en 27,0 tot 29,2 cm by die wyfie. Die massa by die mannetjie wissel tussen 100 tot 141 kg, en by die wyfie 75 tot 115 kg. Peter Jackson & Adrienne Farrell Jackson (trad. Danièle Devitre, préf. Dr Claude Martin, ill. Robert Dallet et Johan de Crem), Les Félins : Toutes les espèces du monde. Turin: Delachaux et Niestlé, coll. « La bibliothèque du naturaliste », 15 octobre 1996, bl. 272, relié ()
Die klein gestalte van die Javaanse en ander tiere op die Soenda-eilande strook oor die algemeen met die Wet van Bergmann. Bergmann voer aan die massa van warmbloedige diere gaan ten nouste saam met die buitetemperatuur. Hoe warmer die klimaat, hoe ligter sal die tier wees om sy termoregulasie te vergemaklik. Pascal Picq et François Savigny. Les tigres, Évreux, Odile Jacob, octobre 2004, bl. 63. () Verder is die prooidiere (soos hoefdiere; herte en beeste) op Java maar kleiner as dié op die Asiatiese vasteland, wat ook die grootte van die roofdiere inperk. Dwergvorming op eilande ('eilanddwerggroei') kan nog 'n bydraende faktor wees waarom die Javaanse tier "gekrimp" het.
Gedrag Die Javaanse tier vreet hoofsaaklik die Javaanse hert (Rusa timorensis), die banteng (Bos javanicus), die wildevark (Sus scrofa) en soms watervoëls en reptiele. Waarskynlik was die Javaanse hert en die wildevark oorspronklik sy vernaamste hoofprooidiere. Die ontleding van voedselreste in 'n grot en die ontlasting toon dat die Javaanse tier na afloop van die geweldige habitatsverlies nou maar tevrede moes wees met kleiner prooidiere: uilape (makake), voëls, ystervarke en driestrepige palmrollers (Arctogalidia trivirgata) ['n soort sivetkat] maak toe deel uit van die dieetsamestelling. Pascal Picq et François Savigny. Les tigres, Évreux, Odile Jacob, octobre 2004, bl. 66. () Oor die algemeen is daar niks omtrent hierdie tiersoort se voortplanting of lewensiklus bekend nie.
Habitat Die Javaanse tier is een van die drie subspesies waarvan die verspreidingsgebied beperk is tot een eiland, naamlik Java. Hierdie leefruimte is ook nie juis tegemoetkomend teenoor 'n groot roofdier nie: dit is besonder nat en vogtig weens die oorvloed reën, die aardbiomassa is swak, en boonop lê die eiland buite bereik van die habitatgebied waar die groot wildsbokke wei. John Seidensticker, Peter Jackson et Sarah Christie, Riding the tiger: tiger conservation in human-dominated landscapes, Cambridge University Press, 1999, bl. 18 ( & )
Klassifikasie Evolusionêre oorsprong van die tier duimnael|Fossiel van die Panthera zdanskyi. Die Pantherinae-linie het reeds 10,8 miljoen jaar gelede van die gemeenskaplike voorsaat van die Felidae vertak. Stephen O'Brien et Warren Johnson, « L'évolution des chats », Pour la science, no 366, avril 2008 (ISSN 0153-4092) basée sur (en) W. Johnson et al., « The late Miocene radiation of modern felidae : a genetic assessment », Science, no 311, 2006 et (en) C. Driscoll et al., « The near eastern origin of cat domestication », Science, no 317, 2007. By die aanvang van die Plioseen vorm Panthera palaeosinensis die basale klade van die Panthera. Ji H. Mazák, Per Christiansen et Andrew C. Kitchener, « Oldest Known Pantherine Skull and Evolution of the Tiger », PLoS ONE, vol. 6, no 10, 10 octobre 2011 (DOI 10.1371/journal.pone.002548, skakel argief)
Panthera zdanskyi is in 2004 aan die oostelike hang van Longdan, in die Gansu-provinsie, Sjina ontdek. Hierdie fossiel is 2,55 tot 2,16 miljoen jaar oud (uit die Vroeg-Pleistoseen). Kladistiese navorsing toon aan dat P. zdanskyi die sustersgroep van die tier is en suggereer dat die wieg van die moderne tier by die aanvang van die Pleistoseen in die noordweste van Sjina geleë is. Die oudste fossiele van die tier is brokstukke van die bokaak en onderkaak wat uit die Kalabrium (Middel-Pleistoseen) dateer en in Sjina ontdek is.
Vanuit Sjina het die verspreidingsgebied van die tier eers uitgebrei na die Soenda-eilande en later na Indië. John Seidensticker, Peter Jackson et Sarah Christie, Riding the tiger: tiger conservation in human-dominated landscapes, Cambridge University Press, 1999, bl. 35-49 ( & ) Tussen die einde van die Plioseen en die aanvang van die Pleistoseen was die tier een spesie wat oor 'n groot deel van Asië wydverspreid voorgekom het. Die tierbevolkings begin egter sterk uiteenloop en verander tydens die onderskeie tussenystye van die Kwartêre Ystydperk. Shu-Jin Luo, Jae-Heup Kim, Warren E Johnson et al., « Phylogeography and Genetic Ancestry of Tigers (Panthera tigris) », PLoS Biol, 2 (12), 7 décembre 2004 (DOI 10.1371/journal.pbio.0020442, skakel argief). 73 000 jaar gelede beland die tier op die randjie van uitsterwing as gevolg van die uitbarsting van die supervulkaan Toba op Soematra – dit sou moontlik die gebrek aan genetiese diversiteit onder die huidige tiersoorte kon verklaar.
Subspesies Die tier word in 1758 die eerste maal beskryf deur Carolus Linnaeus in sy boek Systema Naturae. Die Javaanse tier word deur Coenraad Jacob Temminck op grond van 'n enkele holotipe in 1844 beskryf, saam met die Siberiese tier (destyds Felis tigris altaicus). John Seidensticker, Peter Jackson et Sarah Christie, Riding the tiger: tiger conservation in human-dominated landscapes, Cambridge University Press, 1999, bl. 22 ( & ) Die tiersubspesies is voorheen klassifiseer volgens liggaamsbou, skedelbou, pelskleur en -patrone. Temminck het sodoende oorspronklik die Javaanse tier van die een in Siberië onderskei, bloot op grond van hul verskillende pelshaarlengte en -tekstuur.
Temminck skryf in Fauna Japonica: Temminck, C.J. 1842. Aperçu général et spécifique sur les mammifères qui habitent le Japon et les îles qui en depéndent. Fauna japonica, sive, Descriptio animalium, quae in itinere per Japoniam, jussu et auspiciis, superiorum, qui summum in India Batava imperium tenent, suscepto, annis 1823–1830. Lugduni Batavorum: Apud Auctorem, bl. 43. Frans Afrikaans Les peaux de tigres, notamment celles du Felis tigris altaicus et du Felis irbis sont très-communes au Japon, mais il est de fait que ces deux chats habitent le continent asiatique, et vivent dans la Corée (Korai). Ces peaux sont introduites comme objet de commerce et il arrive quelquefois que des sujets vivants sont exposés à la curiosité publique. Le principal dépôt de cette pelleterie et de toutes les fourrures que le continent importe dans ce pays se trouve dans l’île de Tsusima. Les monts Altaï et la chaîne du Pisihan situées vers le 42º degré de latitude nord sont les lieux de demeure de ces tigres. Leur pelage abondamment pourvu d’un poil long, touffu et feutré permet à ces animaux d’affronter les frimats qui régnent dans ces contrées. Nous avons déjà fait observer que dans l’Inde archipélagique le Felis tigris ne se trouve jamais dans les régions d’une élévation au dessus de 1200 mètres; sous cette zone équatoriale le Felis tigris sondaicus a sa robe composée d’un pelage court et lisse, sans poils laineux ni feutré. Tiervelle, veral dié van Felis tigris altaicus en Felis irbis, word algemeen in Japan aangetref, maar na ware is hierdie twee katspesies tot die Asiatiese vasteland en Korea (Korai) beperk. Hierdie huide en velle word as handelsvoorwerpe aangebied, en soms word lewende eksemplare ook aan die nuuskierige omstanders tentoongestel. Die belangrikste depot vir hierdie pels en al die huide en velle wat vanuit die vasteland ingevoer word, is op die eiland Tsusima. Die Altai-gebergte en die Pisihan-bergreeks op die 42º noorderbreedte is die habitat van hierdie tiere. Hulle vag is oorvloedig voorsien van lang hare, dig en vol, wat hierdie diere in staat stel om die winters te trotseer wat eie is aan hierdie lande. Ons het reeds gesien dat in die Indiese argipel die Felis tigris nooit in die gebiede aangetref word met 'n hoogte van meer as 1 200 meter nie; in hierdie ekwatoriale streek het die Felis tigris sondaicus 'n pels met kort, gladde vag, sonder wol- of vilthare.
Die eerste beskrywings van die subspesies is egter gegrond op slegs 'n paar individue, sonder om rekening te hou met die natuurlike morfologiese variasie onder die eksemplare van dieselfde spesie.
Verskillende indelings het die neiging om die aantal subspesies te verminder en die vastelandtiere (Siberiese, Bengaalse, Maleisiese, Suid-Chinese en Indochinese en Kaspiese tiere) van die eilandtiere (Javaanse, Balinese en Soematraanse tiere) te onderskei. Pascal Picq et François Savigny. Les tigres, Évreux, Odile Jacob, octobre 2004, bl. 44-55 ()
In 2006 doen Mazak en Groves aan die hand dat die Soematraanse tier en die Javaanse tier vanaf subspesie opgeskuif en tot spesie verklaar word (Panthera sumatrae en Panthera sondaica onderskeidelik), volgens 'n ondersoek op grond van sy skedelafmetings. Die Balinese tier word verder ook voorgestel as die subspesie van die Javaanse tier (Panthera sondaica balica). Die Javaanse tier word egter oor die algemeen as 'n tiersubspesie beskou. IUBN : Panthera tigris ssp. sondaica (Temminck, 1844) argief.
Voorkoms op Java in die voorgeskiedenis