Die generaal van die dooie leër (Albanees: Gjenerali i ushtrisë së vdekur) is 'n 1963-roman deur die Albanese skrywer Ismail Kadare. Die boek is die skrywer se mees krities bekroonde roman.RICHARD EDER for NY Times, 30 September 2008 Kadare was aangemoedig om die boek te skryf deur Drago Siliqi, literêre kritikus en direkteur van die staatsbeheerde uitgewery Naim Frashër.

Storielyn duimnael|links|Ismail Kadare In die vroeë 1960's, byna 20 jaar na die Tweede Wêreldoorlog geëindig het, is 'n Italiaanse generaal, saam met 'n priester wat ook 'n Italiaanse weermagkolonel is, na Albanië gestuur om die bene van sy landgenote wat tydens die oorlog gesterf het, op te spoor en te versamel en hulle terug te neem vir begrafnis in Italië. Soos hulle opgrawings organiseer, wonder hulle oor die omvang van hul taak. Die generaal praat met die priester oor die nutteloosheid van die oorlog en die betekenisloosheid van die onderneming. Toe hulle dieper in die Albanese platteland gaan, vind hulle dat hulle deur 'n ander generaal gevolg word wat op soek is na die liggame van Duitse soldate wat in die Tweede Wêreldoorlog dood is. Net soos sy Italiaanse eweknie, voer die Duitser 'n stryd met die ondankbare taak van soek na oorskot om terug te vat huis toe vir begrafnis, en bevraagteken die waarde van sulke gebare van nasionale trots.

Aanpassings Die generaal van die dooie leër (Italiaans: Il generale dell'armata morta) is 'n Italiaanse dramafilm van 1983, gebaseer op die roman, vervaardig deur Luciano Tovoli.

Die terugkeer van die dooie leër (Albanees: Kthimi i Ushtrise se Vdekur) is 'n Albanese rolprent van 1989 gebaseer op die roman wat deur Dhimitër Anagnosti vervaardig is.

Die boek is ook aangepas as 'n toneelstuk vir teaters en word gereeld opgevoer in Albanese teaters en in sommige buurlande.The General of the Dead Army in Skopje, Republic of Macedonia

Ontvangs Die roman het baie positiewe resensies ontvang. Richard Eder van die New York Times het gesê dat "Kadare beweeg sarkasties en droog in die duisternis in … [hy] voorsien geen boodskappe nie, hy bring hulle tot 'n dodelike lewe."Editorial Reviews Die Boston Globe noem dit 'n kragtige en bytende Albanese roman. Alan Brownjohn van The Times Literary Supplement het die roman geprys deur dit te noem: "'n diepgaande roman … ryk aan treffende besonderhede".Alan Brownjohn for Times Literary Supplement

Die boek is ook ingesluit in die Le Monde se 100 boeke van die eeu.

Verwysings

Nota Hierdie artikel is vertaal vanuit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Romans